praag.co.za

Berei voor op nasionalisering

Written by

in

Die Vryheidsfront Plus het weereens benadruk dat daar beduidende steun vir nasionalisering binne die ANC-alliansie bestaan en het ‘n beroep gedoen op gemeenskappe en instansies wat moontlik daardeur geraak kan word, om gesamentlik voorbereidings te tref oor hoe hierdie bedreiging hanteer gaan word. Instansies wat leiding in die verband kan neem sluit in die mynboubedryf, bankwese, landbousektor, vakbonde, burgerlike samelewing asook politieke partye.

Die waarskuwing van die VF Plus volg na die nuutste uitsprake deur COSATU se ekonomiese raadgewer, prof. Christopher Malikane, wat nasionalisering as ‘n feit beskryf waarvan slegs die besonderhede uitgewerk moet word.

Die VF Plus het gesê dat Cosatu se ondersteuning van nasionalisering van myne en banke nie in belang van Suid-Afrikaanse werkers is nie, maar suiwer ideologies-gedrewe is. Volgens die VF Plus bestaan daar sterk aanduidings dat nasionalisering van kernbedrywe werkloosheid sal vererger eerder as verbeter en daarom is dit verbasend dat Cosatu ‘n potensieel selfvernietigende standpunt inneem.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-woordvoerder oor finansies, is al drie die alliansievennote (ANC, COSATU en SAKP) verenig in die najaag van die Nasionale Demokratiese Rewolusie – waarvan nasionalisering ‘n deel uitmaak. Enige openbare verdeeldheid in die alliansie oor nasionalisering is bloot oëverblindery.

Die ANC-alliansie gaan elke sektor een vir een aanpak, byvoorbeeld eers die mynwese, dan die landbousektor en dan die bankwese en pensioenfondse. Indien daar nie vanuit die staanspoor gekoördineerde weerstand bestaan nie, kan nasionaliseringsinisiatiewe sonder beduidende weerstand oor ‘n tydperk van ‘n paar jaar deurgevoer word.

“Gemeenskappe en instansies in Suid-Afrika moet die moontlikheid van nasionalisering ernstig begin opneem en beplan vir moontlike toekomstige scenarios. Moontlike strategieë kan insluit:

 

· Diversifisering te einde blootstelling te verminder;
· Weerstand op ‘n gekoördineerde wyse;
· Die sluit van vennootskappe oor rasse- en ander grense heen, omdat nasionalisering die ekonomie in sy geheel sal raak

 

конструкторы waderданильченко юрій броніславович компромат

Comments

Leave a Reply