Botswana-opposisie verwelkom Malema-uitsprake

Opposisiepartye in Botswana het Julius Malema, die president van die ANC Jeugliga, se aanbod verwelkom om hulle te help om pres. Ian Khama uit die kussings te lig, berig RSG.

Nehemiah Modubule, die voorsitter van die Botswana Movement for Democracy, het ‘n beroep gedoen dat nog organisasies hulle moet aansluit by die groepering wat verandering in Botswana wil sien.

“Ek sal samesprekings hou met die Jeugliga oor die soort hulp wat hulle kan bied,” het Modubule gesê.

Khama het Malema in Mei vanjaar as ‘n swak gedissiplineerde jeugdige beskryf en gesê hy wonder waarom daar nie teen hom opgetree word nie.

Malema het vroeër die jaar tydens ‘n ANC-saamtrek gesê Botswana het ‘n sterker leier nodig.

Die ANC het Woensdag gesê hy sal met die leiers van die Jeugliga vergader oor Malema se uitlatings ivm Botswana en kritiek daarop gelewer.

free slots free playлобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae