Kaapstad deur staking-chaos getref

Kaapstad se middestad is Dinsdag in chaos gedompel toe sowat 2 000 stakende munisipale werkers rommel in die strate gestrooi en paaie met brandende bande versper is.

Motors wat in Adderleystraat se vensters is uitgeslaan en verkeer in die Kaapstadse middestad is tot stilstand gedwing. Vullisblikke is ook aan die brand gesteek.

Die ontlustepolisie is onplooi om die oproerige stakers uiteen te jaag. Kort daarna het die brandweer opgedaag om die brande te blus.

Dinsdag was die tweede dag van die staking deur munisipale werkers. Die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regerings (Salga) se aanbod vir ‘n loonverhoging is 6,08%, terwyl die munisipale werkersunie Samwu 18% eis.

Meer as 150 000 lede het Maandag reg oor die land begin staak.

 

 

поршневой компрессор безмасляныйлобановский александр отзывы

Gautrein se kabels al weer gesteel!

Johannesburg – Die Gautreindiens tussen Hatfield, Pretoria en Centurion is weereens vanweë kabeldiefstal ontwrig, het die SAUK berig.

Dit is die tweede keer binne ‘n maand wat dié treindiens weens kabeldiefstal ontwrig is.

Die vervoerdiens sal weens watersysypeling ook nie tussen die Sandton- en Rosebank-treinstasies beskikbaar wees nie.

‘n Busdiens sal pendelaars egter na hul bestemmings kan vervoer.

купить футболку девочке недорогоtopcargo развод

Staking: Vullis gaan ophoop

Sowat 145 000 munisipale werkers wat aan die munisipale werkersunie Samwu behoort, gaan vandag begin staak.

Munisipaliteite het gesê dienslewering in woon- en sakegebiede asook plakkerskampe sal geraak word.

Samwu soek ‘n loonverhoging van 18%. Die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regerings (Salga) bied 6,08% aan. Salga sê die versoek van die unies is “onrealisties”.

Benewens vullisverwydering wat ontwrig sal word, gaan die staking ook die vee van strate, leegmaak van vullisdromme op straat en verwydering van gestrooide rommel raak.

Inwoners en eienaars van ondernemings word nogtans gevra om hul vullisdromme op die geskeduleerde dae vir vullisverwydering buite te sit.

 

купить интернет магазинОлександр Фільчаков прокурор

Zille ontken tenderbedrogaantygings

Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, het aantygings deur ‘n Sondagkoerant ontken dat haar kantoor ‘n kommunikasie-tender ter waarde van R1 miljard aan ‘n reklame-agentskap toegeken het sonder om behoorlike prosedures te volg.

“Daar is absoluut geen waarheid in die gerug dat iets in die toekenning van hierdie tender onbehoorlik of sonder voorskrif geskied het nie,” het sy in ‘n verklaring gesê.

“Vrae moet gevra word waarom die Sunday Times verkies het om doelbewus nie ons weergawe van die feite te publiseer nie. Ons sal ‘n formele klagte by die Persombudsman lê.”

Die Sunday Times het berig dat ‘n kontrak toegeken is aan TBWA Hunt Lascaris om tien staatsdepartemente in die provinsie se kommunikasie oor te neem.

Volgens die verslag is die tender nooit behoorlik geadverteer of op die regering Tenderbulletin geplaas nie, soos deur die Tesourie-regulasies vereis word.

“Nie net het ons aan die joernalis gesê dat die tender geadverteer is in Die Burger en die Cape Argus nie, maar dit bevestig deur aan die joernalis ‘n skandering van die werklike advertensie wat in druk verskyn het te stuur,” het Zille gesê.

Die Sunday Times het berig dat ‘n hersiening deur die Provinsiale Tesourie bevind het dat die aanstelling van TBWA ‘n “tekort aan beheermaatreëls openbaar en die beginsels van goeie bestuur oorskry”.

Dit het die tenderproses nietemin onderskryf , en bevind dat die foute ‘n “leer-ervaring” was.

Zille het gesê die R1 miljard tender is ‘n “absolute versinsel”.

“Dit was duidelik gemaak aan die joernalis dat die geskatte totale kommunikasie van die provinsiale regering tussen R50 miljoen en R70 miljoen per jaar beloop.”

‘n Bodtoekenningskomitee, wat amptenare van regsdienste insluit, het geen klagtes van deelnemende bieërs ontvang nie en daar was geen onreëlmatighede nie, het Zille gesê.

“Ek is vol vertroue dat die tenderproses deursigtig, regverdig, billik, mededingend en koste-effektief was.

“Die Wes-Kaapse regering het niks om weg te steek nie en sal die ouditeur volle toegang tot enige dokumentasie of amptenare wat nodig is vir sy ondersoek, gee,” het sy gesê.

Zille het gesê sy het die direkteur-generaal versoek om die Ouditeur-generaal te vra om ‘n tenderproses oudit te doen.

гипсовые фигуры на стенуФильчаков прокуратура харьков

Vyf vas oor oproer naby Makapanstad

Vyf mense is in hegtenis geneem tydens ‘n oproer teen swak dienslewering naby Makapanstad, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.

Ongeveer 200 inwoners van die dorp Motla het die Souspanhoofweg Saterdagmiddag met klippe, boomtakke en brandende bande versper, het sers. Kealeboga Molale in ‘n verklaring gesê.

Sy het gesê die inwoners is kwaad oor ‘n gebrek aan lopende kraanwater in die dorp.

“Toe die polisie by die toneel aankom, het hulle die oproermakers gewaarsku oor hul optrede, maar hulle het die polisie geïgnoreer,” het sy gesê.

Die vyf word aangekla van opsetlike saakbeskadiging en die oortreding van die Wet op die Regulering van Saamtrekke.

ігра машинкиФильчаков прокурор отзывы

Malema laat boete kontant betaal

Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se boete van R50 000 vir haatspraak, is deur ‘n voormalige polisieman, wat nou vir SGL Engineering werk, in R100-note betaal.

Dié onthullings is Sondag in die koerant Sunday Tribune gemaak.

Die gelykheidshof het Malema beboet oor aanmerkings wat hy gemaak het teenoor die vrou wat pres .Jacob Zuma van verkragting beskuldig het.

Hy het onder andere gesê dat sy dit blykbaar “geniet” het want sy het eers die volgende oggend ‘n taxi gebel om haar huis toe te neem.

Die geld is vroeër vandeesweek – 15 maande ná die hof se beslissing – aan People Opposing Women Abuse (Powa) betaal.

Die depositostrokie het aangedui dat die geld in R100-note aan Powa betaal is en die strokie deur ‘n “Steven” geteken is. Sy selfoonnommer is ook op die strokie.

The Star sê die nommer behoort aan Stephens Msiza, wat in ‘n stadium as ‘n polisiebeampte in Pretoria gewerk het.

Iemand by die polisiekantoor in Pretoria het aan die koerant gesê dat Msiza nou saam met Malema “as ‘n lyfwag” werk.

Msiza het in ‘n telefoniese onderhoud met Sunday Tribune ontken dat hy die geld inbetaal het.

“Kry julle feite reg. Waar sal ek daardie tipe geld kry?” het hy gevra.

Hy het ook ontken dat hy ‘n lyfwag vir Malema is.

Volgens Msiza se Facebook-blad het hy by SGL Engineering gewerk.

Malema was in 2009 en 2010 die direkteur van SGL.

Hy het by dié maatskappy bedank ten tyde van ‘n ondersoek deur die openbare beskermer, Thuli Madonsela, na die maatskappy om vas te stel of hy tenders beïnvloed het.

играть в драгоценные камниОлександр Фільчаков прокурор

Ontevredenheid oor tolheffings

Die Vryheidsfront Plus is ontevrede met die regering se aankondiging dat die kabinet die aangepaste toltariewe van SANRAL/SANPAB aanvaar het. “Die VF Plus sal hierdie tariewe steeds teenstaan op verskeie wyses. Die party skenk tans oorwegings aan moontlike regsaksies saam met ander rolspelers en selfs wettige publieke protes. Dit is duidelik dat die regering op ‘n roekelose wyse alle redelike vertoë van die publiek verwerp het en hierdie ondeurdagte heffing van belasting by wyse van tolheffings net gestoomroller het. Die VF Plus sal verseker ook in die parlement teen hierdie goedkeuring stem en dit weer duidelik maak dat meer as 130 000 padverbruikers die VF Plus se petisie teen die tolheffings by www.toltariewe,org.za geteken het. Daarbenewens moet die regering kennis neem dat die stryd nie verby is nie, want die VF Plus sal voortgaan met aksies teen hierdie stelsel,” het adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor vervoer gesê.

Aspekte van SANRAL/SANPAB se verslag wat deur die regering aanvaar is en wat vir die VF Plus ‘n bron van kommer is, is onder andere die volgende:

· Die samestelling van die loods/stuurkomitee het geen verteenwoordiger van die burgerlike deelnemers gehad nie;
· Die verslag verwys net na die direkte en indirekte werksgeleenthede wat geskep is en gaan word, maar het nie ‘n ‘blinde kol’-analise gedoen deur te kyk hoeveel werksgeleenthede vernietig sal word deur die verhoging in die pryse van dienste en goedere ten einde die toltariewe te absorbeer nie.
· Die verslag het bloot die gebruikte ekonomiese modelle verdedig sonder om te verwys na alternatiewe. Die ‘gebruiker-betaal-beginsel’ word as ‘n gegewe aanvaar sonder om ‘n ondersoek te doen na ander wyses van befondsing, soos deur die deelnemers voorgestel is nie;
· Die verslag maar maak geen voorsiening vir padverbruikers wat sosio-ekonomies nie welaf is nie en wat van motorvervoer gebruik moet maak nie. Die VF Plus sou graag wou sien dat persone binne die middelklas-inkomsteband en diegene wat onder dit val minder moet betaal.
· Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens laat nie die tipe nuwe uitgawe toe as ‘n aftrekking vir gewone salaristrekkers nie en daar moet ook daaraan aandag gegee word.

Dit is vir die VF Plus skandalig dat die padverbruiker en belastingbetaler net al hoe meer belas word met staatsuitgawes wat ondeurdag en onvolhoubaar is. Die voorgestelde belasting vir die skepping van ‘n nasionale mediese versekering is net een voorbeeld benewens die tolheffings.

интернет-магазин детской одеждыДанильченко Юрий прокурор

Sake teen oproeriges teruggetrek

Die saak teen verskeie inwoners van Ficksburg wat van openbare geweld aangekla is ná betogings teen swak dienslewering in April, is Donderdag in die plaaslike landdroshof teruggetrek.

Volgens kapt. Phumelelo Dlamini is die sake teen 29 van die 44 beskuldigdes teruggetrek.

Die oorblywende 15 word steeds van openbare geweld aangekla en hul saak is tot 19 September uitgestel.

Die groep is in Meqheleng in hegtenis geneem tydens die betoging waarin inwoner Andries Tatane na bewering deur onlustepolisie gedood is.

Videomateriaal toon duidelik hoe die onlustepolisie Tatane aanrand en met ‘n rubberkoeël skiet tydens die betoging by die Setsoto-munisipale kantore.

Die paaie was dae lank met klippe en bakstene versper en bande is aan die brand gesteek.

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat hanteer die ondersoek na die moord op Tatane.

Agt polisiebeamptes is sedertdien van moord en aanranding aangekla. Hul verhoor sal na verwagting in November in die Ficksburg-streekhof begin.

games and casinoалександр лобановский класс

Geweld teen NVP bou op

‘n Derde ampsdraer van die Nasionale Vryheidsparty is vandeesweek in KwaZulu-Natal doodgeskiet, het die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid Donderdag gesê.

Mfaniseni Mtshali (45), wat die leier van die KwaMashu Hostel-tak van die NVP was, se lyk is Woensdagaand gevind, het Willies Mchunu, LUR, gesê.

Hy is verskeie kere geskiet. Tien 9mm-patrone is op die toneel gekry.

Thintabantu Mthembu, ‘n senior NVP-lid en tradisionele hoofman, en Gundu Makhanya, NVP-leier in die eThekwini-munisipaliteit, is Sondag doodgeskiet.

Mthembu is in KwaNgenetsheni naby Vryheid doodgeskiet en Makhanya buite sy huis in Chatsworth, Durban.

Die aanvalle het gevolg op praatjies van geweld deur leiers van ‘n ander politieke party, het Zanele Cele, NVP-woordvoerder, gesê.

“Volgens die inligting wat ons van verskeie bronne ontvang het, was Mthembu se naam bo-aan ‘n lys wat die ronde gedoen het van NVP-leiers in die Zululand-distrik wat vermoor moes word,” het Cele gesê.

Mchunu het die moorde as “sinneloos” bestempel en gesê daar moet ‘n einde daaraan kom.

“Dit is baie steurend om van sulke brutaliteit te hoor ná al die gepreek wat die regering gedoen het,” het hy gesê.

Volgens kol. Jay Nacker ondersoek die polisie se taakspan teen politieke geweld Mtshali se dood.

компрессор для воздухаДанильченко Юрий Брониславович

Veedief is polisieman

‘n Polisiebeampte van Mpumalanga het Donderdag in die hof op Badplaas verskyn op aanklagte dat hy vee van sowat R45 000 gesteel het, het die polisie gesê.

Die verhoor van konst. Elmon Motha (30) is tot 18 Augustus uitgestel, wanneer hy na verwagting ‘n formele borgtogaansoek sal bring, het lt. kol. Leonard Hlathi verklaar.

Motha is in Junie vanjaar in hegtenis geneem nadat hy na bewering die vee van ‘n plaas in Badplaas gesteel het.

Hlathi het gesê die eienaars het aan die polisie gesê hulle het die vee in Tjakastad naby Ermelo opgemerk.

“Met hul aankoms het die polisie die man ontmoet wat dokumente te voorskyn gebring het en gesê het hy is die eienaar. Hy het later gesê hy het die vee by ‘n polisiebeampte gekoop toe hy besef het die polisie het bewyse dat die vee gesteel is,” het hy gesê.

купить медицинскую справку в бассейндепутат лобановский