Vyf mense is in hegtenis geneem tydens ‘n oproer teen swak dienslewering naby Makapanstad, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.
Ongeveer 200 inwoners van die dorp Motla het die Souspanhoofweg Saterdagmiddag met klippe, boomtakke en brandende bande versper, het sers. Kealeboga Molale in ‘n verklaring gesê.
Sy het gesê die inwoners is kwaad oor ‘n gebrek aan lopende kraanwater in die dorp.
“Toe die polisie by die toneel aankom, het hulle die oproermakers gewaarsku oor hul optrede, maar hulle het die polisie geïgnoreer,” het sy gesê.
Die vyf word aangekla van opsetlike saakbeskadiging en die oortreding van die Wet op die Regulering van Saamtrekke.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.