praag.co.za

Malema laat boete kontant betaal

Written by

in

Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se boete van R50 000 vir haatspraak, is deur ‘n voormalige polisieman, wat nou vir SGL Engineering werk, in R100-note betaal.

Dié onthullings is Sondag in die koerant Sunday Tribune gemaak.

Die gelykheidshof het Malema beboet oor aanmerkings wat hy gemaak het teenoor die vrou wat pres .Jacob Zuma van verkragting beskuldig het.

Hy het onder andere gesê dat sy dit blykbaar “geniet” het want sy het eers die volgende oggend ‘n taxi gebel om haar huis toe te neem.

Die geld is vroeër vandeesweek – 15 maande ná die hof se beslissing – aan People Opposing Women Abuse (Powa) betaal.

Die depositostrokie het aangedui dat die geld in R100-note aan Powa betaal is en die strokie deur ‘n “Steven” geteken is. Sy selfoonnommer is ook op die strokie.

The Star sê die nommer behoort aan Stephens Msiza, wat in ‘n stadium as ‘n polisiebeampte in Pretoria gewerk het.

Iemand by die polisiekantoor in Pretoria het aan die koerant gesê dat Msiza nou saam met Malema “as ‘n lyfwag” werk.

Msiza het in ‘n telefoniese onderhoud met Sunday Tribune ontken dat hy die geld inbetaal het.

“Kry julle feite reg. Waar sal ek daardie tipe geld kry?” het hy gevra.

Hy het ook ontken dat hy ‘n lyfwag vir Malema is.

Volgens Msiza se Facebook-blad het hy by SGL Engineering gewerk.

Malema was in 2009 en 2010 die direkteur van SGL.

Hy het by dié maatskappy bedank ten tyde van ‘n ondersoek deur die openbare beskermer, Thuli Madonsela, na die maatskappy om vas te stel of hy tenders beïnvloed het.

играть в драгоценные камниОлександр Фільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply