praag.co.za

Geweld teen NVP bou op

Written by

in

‘n Derde ampsdraer van die Nasionale Vryheidsparty is vandeesweek in KwaZulu-Natal doodgeskiet, het die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid Donderdag gesê.

Mfaniseni Mtshali (45), wat die leier van die KwaMashu Hostel-tak van die NVP was, se lyk is Woensdagaand gevind, het Willies Mchunu, LUR, gesê.

Hy is verskeie kere geskiet. Tien 9mm-patrone is op die toneel gekry.

Thintabantu Mthembu, ‘n senior NVP-lid en tradisionele hoofman, en Gundu Makhanya, NVP-leier in die eThekwini-munisipaliteit, is Sondag doodgeskiet.

Mthembu is in KwaNgenetsheni naby Vryheid doodgeskiet en Makhanya buite sy huis in Chatsworth, Durban.

Die aanvalle het gevolg op praatjies van geweld deur leiers van ‘n ander politieke party, het Zanele Cele, NVP-woordvoerder, gesê.

“Volgens die inligting wat ons van verskeie bronne ontvang het, was Mthembu se naam bo-aan ‘n lys wat die ronde gedoen het van NVP-leiers in die Zululand-distrik wat vermoor moes word,” het Cele gesê.

Mchunu het die moorde as “sinneloos” bestempel en gesê daar moet ‘n einde daaraan kom.

“Dit is baie steurend om van sulke brutaliteit te hoor ná al die gepreek wat die regering gedoen het,” het hy gesê.

Volgens kol. Jay Nacker ondersoek die polisie se taakspan teen politieke geweld Mtshali se dood.

компрессор для воздухаДанильченко Юрий Брониславович

Comments

Leave a Reply