Ontevredenheid oor tolheffings

Die Vryheidsfront Plus is ontevrede met die regering se aankondiging dat die kabinet die aangepaste toltariewe van SANRAL/SANPAB aanvaar het. “Die VF Plus sal hierdie tariewe steeds teenstaan op verskeie wyses. Die party skenk tans oorwegings aan moontlike regsaksies saam met ander rolspelers en selfs wettige publieke protes. Dit is duidelik dat die regering op ‘n roekelose wyse alle redelike vertoë van die publiek verwerp het en hierdie ondeurdagte heffing van belasting by wyse van tolheffings net gestoomroller het. Die VF Plus sal verseker ook in die parlement teen hierdie goedkeuring stem en dit weer duidelik maak dat meer as 130 000 padverbruikers die VF Plus se petisie teen die tolheffings by www.toltariewe,org.za geteken het. Daarbenewens moet die regering kennis neem dat die stryd nie verby is nie, want die VF Plus sal voortgaan met aksies teen hierdie stelsel,” het adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor vervoer gesê.

Aspekte van SANRAL/SANPAB se verslag wat deur die regering aanvaar is en wat vir die VF Plus ‘n bron van kommer is, is onder andere die volgende:

· Die samestelling van die loods/stuurkomitee het geen verteenwoordiger van die burgerlike deelnemers gehad nie;
· Die verslag verwys net na die direkte en indirekte werksgeleenthede wat geskep is en gaan word, maar het nie ‘n ‘blinde kol’-analise gedoen deur te kyk hoeveel werksgeleenthede vernietig sal word deur die verhoging in die pryse van dienste en goedere ten einde die toltariewe te absorbeer nie.
· Die verslag het bloot die gebruikte ekonomiese modelle verdedig sonder om te verwys na alternatiewe. Die ‘gebruiker-betaal-beginsel’ word as ‘n gegewe aanvaar sonder om ‘n ondersoek te doen na ander wyses van befondsing, soos deur die deelnemers voorgestel is nie;
· Die verslag maar maak geen voorsiening vir padverbruikers wat sosio-ekonomies nie welaf is nie en wat van motorvervoer gebruik moet maak nie. Die VF Plus sou graag wou sien dat persone binne die middelklas-inkomsteband en diegene wat onder dit val minder moet betaal.
· Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens laat nie die tipe nuwe uitgawe toe as ‘n aftrekking vir gewone salaristrekkers nie en daar moet ook daaraan aandag gegee word.

Dit is vir die VF Plus skandalig dat die padverbruiker en belastingbetaler net al hoe meer belas word met staatsuitgawes wat ondeurdag en onvolhoubaar is. Die voorgestelde belasting vir die skepping van ‘n nasionale mediese versekering is net een voorbeeld benewens die tolheffings.

интернет-магазин детской одеждыДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae