Sowat 145 000 munisipale werkers wat aan die munisipale werkersunie Samwu behoort, gaan vandag begin staak.
Munisipaliteite het gesê dienslewering in woon- en sakegebiede asook plakkerskampe sal geraak word.
Samwu soek ‘n loonverhoging van 18%. Die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regerings (Salga) bied 6,08% aan. Salga sê die versoek van die unies is “onrealisties”.
Benewens vullisverwydering wat ontwrig sal word, gaan die staking ook die vee van strate, leegmaak van vullisdromme op straat en verwydering van gestrooide rommel raak.
Inwoners en eienaars van ondernemings word nogtans gevra om hul vullisdromme op die geskeduleerde dae vir vullisverwydering buite te sit.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.