SA help Gaddafi glo nie

Daar is geen sprake daarvan dat Suid-Afrika enige vorm van ondersteuning aan die Libiese leier, Moeammar Gaddafi, bied nie, het die minister van internasionale betrekkinge Maandag gesê.

“Ek is verstom oor die insinuasie dat Suid-Afrika enigeen help,” het me. Maite Nkoana-Mashabane, in reaksie op ‘n vraag of Suid-Afrika die Libiese leier bystaan, gesê.

Vliegtuie is wel na Libië gestuur om Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel te ontruim.

Volgens haar het Gaddafi nie aansoek om asiel in Suid-Afrika gedoen nie.

Intussen het tenks Maandagoggend geskiet op rebelle wat Gaddafi se hoofkwartier in Tripoli bestorm het.

Dit is nie duidelik waar Gaddafi hom bevind nie.

Die internasionale gemeenskap het versoek dat hy dadelik uit sy amp uittree terwyl opgewonde rebelle-ondersteuners begin feesvier het.

Rebellewoordvoerders het gewaarsku dat daar hier en daar steeds steun vir Gaddafi is en terwyl hy op die vlug is, bly “daar ‘n gevaar”.

оружие для детей с пулькамиtopcargo отзывы сотрудников

Boesak steun Tutu se anti-wit belasting

Die welvaartbelasting op wittes wat emeritus aartsbiskop Tutu verkondig, is deur Alan Boesak steun toegesê.

Hy het gesê groot ongelykheid heers in Suid-Afrika, met die elite wat ‘n driekwart van die welvaart inpalm en die arm massas net 6% tot 8%. Hy het gesê: “Mense moet verstaan: Sonder maatskaplike geregtigheid sal versoening nooit gebeur nie.”

Die veroordeelde Boesak het reeds tronkstraf uitdien vir bedrog nadat hy geld van ‘n Deense kerkorganisasie wat vir armes bedoel was, vir homself geneem het. Helen Zille, wat saam met Boesak by die geleentheid was, is deur die skare uitgejou.

Boesak het by ‘n gedenkplegtigheid van die UDF in Mitchells Plain gesê: “Wit mense kan nie net wil luister wanneer hy praat oor vergifnis en versoening nie, maar wanneer hy praat oor geregtigheid soos dié, dan word hulle kwaad. Dit is nie volhoubaar nie, maar onmenslik en verkeerd.”

Die Kaapse stadsraad het ‘n gedenkteken ter ere van die United Democratic Front (UDF) by die Rocklands-gemeenskapsentrum onthul.

Boesak het gesê wit mense, ook die jeug wat ná apartheid gebore is, trek voordeel uit opeenvolgende geskiedenis van slawerny, kolonialisme en apartheid.

Die stryd om sosiaal-ekonomiese regte word steeds, het Boesak sy gehoor verseker. “Ons wil al dié regte hier in Mitchells Plain hê, net soos die mense van Constantia dit het.

In Guguletu, Bonteheuwel en Langa, soos hulle dit in Welgemoed en Bishops Court het. En ons wil dit nóú hê.

Ons het gewag deur die struggle en tronkjare en deur demokrasie en die wag is lank.

“Ons kan nie wag totdat die rykes uiteindelik besluit hoeveel krummels ons van hul tafels mag kry nie.”

Helen Zille, DA-leier, is by dieselfde geleentheid deur die skare uitgejou omdat sy volgens hulle nie geregtig is op die UDF se erfenis nie.

Die skare het Zille gekoggel met die liedjie “My father was a garden boy, that’s why, that’s why I’m a Socialist”.

Zille het haar voete gestamp en hulle probeer doodsing met: “My father was a manual labourer, that is why I am a DA.”

детские палаткиАлександр Фильчаков прокурор

Jong swartes ‘gaan kaas in jou yskas kom vat’

Alhoewel sy agentskap meer as R350miljoen ‘n jaar ontvang van die regering om geleenthede vir jong swartes te skep, sê die National Youth Development Agency se voorsitter Andile Lungisa hy sal Suid-Afrika “onregeerbaar” maak volgende maand vanweë die hoë koers van werkloosheid onder die jeug.

Tydens sy toespraak by die derde beraad van die Black Management Forum in Kaapstad Vrydag, het Lungisa te velde getrek teen die ANC-regering, jong swart beroepslui, Afrika-leiers, die DA, AfriForum en die Stellenbosch-mafia.

“In September gaan ons elke straat in Suid-Afrika sluit. As daar ‘n kaas in jou yskas is, gaan hulle dit kom vat,” het Lungisa die vergadering belowe.

Hy het wit en swart beroepslui berispe: “Diegene wat haarstyle dra, diegene wat dasse dra, maar nie help in hulle gemeenskap nie, sal geraak word.”

Sy opmerkings kom nadat jong swart beroepslui hom gevra het of die NYDA ooit befondsing aan klein besighede gee, en of dit net “‘n mite” is.

Lungisa het gereageer deur die BMF se provinsiale leier Thuso Segopolo en sy kollega Papama Matsiliza, DA-jeugleier Makashule Gana en Charl Oberholzer van AfriForum, aan te val. Hulle was deel van ‘n paneelbespreking oor “die jeug as die middelpunt van ontwikkeling in Afrika”.

Lungisa het gesê hulle praat oor Afrika sonder om te weet wat die Afrika-Unie-ooreenkomste behels.

Hy het gesê Suid-Afrika se probleme is te danke aan die “Stellenbosch-mafia”, ‘n groep ryk families van Stellenbosch. Julius Malema het hulle verlede maand die skuld gegee het vir teenkanting teen nasionalisering.

Lungisa het gesê die regering het ‘n ondersoek gedoen wat bevind het dat die NYDA R600miljoen nodig sou hê per jaar.

“Daardie deel was nooit verwerk deur ons eie regering nie. Dit was die eerste beperking,” het Lungisa gesê.

NYDA het egter R370 miljoen ontvang van die regering in 2010, en in Februarie vanjaar R1, 22 miljard vir die volgende drie jaar – dus is R400million ‘n jaar toegeken.

BMF-komiteelid Andile Nomlala het gesê sy organisasie sal nie Lungisa se plan om volgende maand massa-optogte te hou, ondersteun nie.

free download rouletteлобановский александр компромат

Nasperskoerant publiseer leuens en antiwit haat

Andile MngxitanaTerwyl liters ink oor die afgelope weke gestort is oor die redaktrise van City Press, Ferial Haffajee, wat deur Eric Miyeni van The Sowetan aan sogenaamde “haatspraak” blootgestel is, is nóg Haffajee nóg City Press onskuldig wanneer dit by die verspreiding van leuens en antiwit haatpropaganda kom.

Tot redelik onlangs het City Press die radikale antiblanke rubriekskrywer Andile Mngxitama in diens gehad. Kort ná die moord op Eugène Terre’Blanche verlede jaar het Mngxitama ‘n artikel in City Press onder die titel Blacks in bondage gepubliseer wat tot ‘n klag by die Persombudsman gelei het. Nie net het Mngxitama die moord op Terre’Blanche vergoeilik deur sy jong moordenaars as helde voor te stel nie, maar hy het ook valslik beweer dat die kommunistiese burgemeester van Ventersdorp, Kabelo ­Oupakie Mashi, in ‘n “onopgeloste moord” deur “blanke regses” vermoor is.

‘Terre’Blanche se moordenaar was kaalvoet, soos Jesus Christus’

In sy City Press-rubriek beskryf Mngxitama een van Terre’Blanche se jong moordenaars as “kaalvoet, soos Jesus Christus”. Volgens Mngxitama “sien ons ‘n nuwe tipe swart jeug – wat in ‘n hoek gedryf is. Wie ook al ET vermoor het, word hier as ‘h held gesien wat groter is diegene wat in ballingskap gegaan of wat tyd op Robbeneiland deurgebring het deur klippe te kap. Dis wat ‘n mens hoor by die mense van Tshing. ET was die grootste simbool van blanke baasskap, maar hy is deur blote kinders doodgemaak.”

Terwyl die Persombudsman bevind het dat die beskrywings en vergoeiliking van die moord op Eugene Terre’Blanche geensins die Perskode oortree nie, het hy tog gemeen dat die vals inligting oor die “onopgeloste moord” op Mashi nie heeltemal goeie joernalistiek is nie. City Press het naamlik in sy eie blaaie op 28 Maart 1999 berig oor Mashi se moordenaar, Johannes Bota Monatle, wat deur die polisie aangekeer is. Monatle, soos sy naam ook onthul, was geen “blanke regse” nie, maar ‘n swartman en vriend van die vermoorde”. City Press skryf self: “Ná ‘n intensiewe opsporingstog van vier dae deur die polisie is Monatle gevind en, volgens die polisie, het hy Mashi se wurm-gevrete lyk aan hulle uitgewys, op die plek waar hy Mashi se selfoon weggesmyt het, tesame met die mes, die vermoedelike moordwapen.”

Dog elf jaar later publiseer City Press Mngxitama se antiwit haatspraak en propaganda, waaronder die valse bewering dat Mashi deur “wit regses” in ‘n sinistere “onopgeloste moord” vermoor is. Hofrekords toon dat regter Van Oosten die moordenaar, Monatle, op 27 November 2000 tot twintig jaar tronkstraf vir die moord en vyf vir roof gevonnis. Hoewel die koerante soos The Star, Beeld, Citizen, Sunday World and Sunday Independent wyd oor die verdwyning van Mashi en die daaropvolgende inhegtenisname van Monatle berig het, het niemand egter oor sy skuldigbevinding en vonnisoplegging berig nie.

Hoewel Mngxitama nie meer vir City Press rubriekskrywer is nie en deesdae vir The Sowatan meningsartikels skryf, het hy in sy tyd by City Press van sy mees ekstreme antiblanke propaganda gepubliseer. Naspers, wat gewoonlik gou is om die vinger te wys na blanke “rassisme” wanneer dit kom by enige debat oor geweldsmisdaad in die land, het al Mngxitama se artikels klakkeloos geplaas, so klakkeloos dat selfs feitelike onjuisthede nooit gekontroleer is nie.

Andile Mngxitama hou met sy veldtog teen Afrikaners en blankes in die blaaie van The Sowetan aan. Hy hou ook toesprake op kampusse waar hy jong swartes teen blankes opsweep. Hy verkeer voltyds in diens van die Suid-Afrikaanse Stigting vir Menseregte as “beleidsraadgewer”. Die Stigting vir Menseregte word deur die Europese Unie en deur die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling befonds.

Lees ook:

Blacks in bondage deur Andile Mngxitana

Dangerous falsehoods in City Press

справка 086у для поступленияФильчаков прокурор харьков

Stakers verwoes R92 000 se asblikke

Stakende munisipale werkers het R92 000 se plastiek-asblikke verwoes in Kaapstad sedert hulle Maandag begin staak het vir loonverhogings.

Die Kaapstad se metro het Donderdag gesê data oor die skade wat die stakers aangerig het, word ingesamel vir gebruik in dissiplinêre verhore.

“Hierdie inligting sal gebruik word vir dissiplinêre verhore en om kostes van die skade by die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) terug te kry waar hul betrokkenheid bewys kan word,” het die munisipaliteit gesê.

“Die munisipale dromme wat deur stakende werkers in die middestad alleen Dinsdagmiddag verwoes is, beloop skade van R92 326.”

Soveel as 3 799 personeellede (ongeveer 15%) van die stad se werkmag was Donderdag sonder toestemming afwesig van die werk.

“Vullisverwydering is steeds die afdeling van dienslewering wat die swaarste getref is – nie net weens ‘n gebrek aan personeel nie, maar ook weens geweld en intimidasie deur die stakende werkers.”

трек для машиноклобановский супермаркет класс

Paaie by Kemptonpark toe weens oproer

Paaie in Tembisa naby Kemptonpark in die ooste van Johannesburg is Vrydag deur honderde ontstoke oproermakers versper, het die SAUK berig.

Volgens die SAUK is die sowat 700 oproermakers ontstoke oor ‘n gebrek aan elektrisiteit.

Mveli Nhlapo, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê alle hoofweë wat na die gebied lei, is vir verkeer gesluit en dat die metropolisie probeer om die situasie in bedwang te bring.

Vier skole is ook weens die oproer gesluit.

светильник купитьлобановский харьков класс

Rasseoorlog breek op UV-kampus uit

Swart en wit studente by die kampus van die Universiteit van die Vrystaat het mekaar Woensdag te lyf gegaan, nadat wit studente wat die orde wou bewaar, aangerand is. Die polisie moes tussenbeide tree om die groepe uitmekaar te hou.

Polisielede moes drie keer van skokgranate gebruikmaak om die swart aanvallers onder beheer te bring.

Swart oproermakers, gewapen met stokke en klippe, het “Kill the boer” gedreunsing en die wit studente probeer intimideer wat die orde wou bewaar.

Kgotso Morapele, Vrystaatse leier van die ANCJL, het gesê dat alhoewel dié byeenkoms onwettig is, die swart oproeriges ‘n reg het om daar te wees.

Hulle dring aan dat die rektor Jonathan Jansen en die UV-raad afgedank word, omdat geen politieke partye aan die komende verkiesing van die studenteraad (SR) mag deelneem nie.

ANCJL, Sasco, die Jong Kommuniste-liga en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in die Vrystaat, het honderde lede met busse na die UV-kampus aangery. Sowat 800 lede van die ANC-jeugliga wat studente van die UV ingesluit het, het Woensdag die hoofgebou van die kampus bestorm.

Die skare het op die kampus by die hoofgebou saamgedrom en polisie is met klippe gegooi en rommel is aan die brand gesteek ten spyte van ‘n interdik wat die byeenkoms verbied het.

Die voormalige SR-president Moses Masitha, was een van die swart oproeriges.

Morapele het aan Media24 gesê: “Jansen is ‘n strooipop en ‘n kokosneut (coconut). Ons is spyt dat ons in die verlede met hom saamgewerk het. Hy is ‘n baie verwarde professor.”

Jansen het ‘n afgevaardigde gestuur om aan die woedende skare ‘n brief voor te lees waarin die UV-bestuur hulle voorneme om met die ANCJL-leierskap te vergader, uitspreek.

Volgens ‘n verklaring wat die universiteit uitgereik het, was daar “geen studente” onder die “ongeveer 150 mense” wat aan die oproerigheid deelgeneem het nie.

интернет магазин спортивнойАлександр Фильчаков прокурор

SAUK soek nog R7 miljard

Die SAUK benodig glo ongeveer R7 miljard om ‘n omkeerstrategie te finansier. Die uitsaaier het alreeds R1,4 miljard gekry.

Direksielede van die SAUK wat voor die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie verskyn het, moes verslag doen oor die herstruktureringsproses by dié organisasie.

Verteenwoordigers van die tesourie het verlede week ‘n aansoek van die SAUK ontvang vir finansiering van die mediumtermyn-begrotingsraamwerk.

Dit beloop R384 miljoen vir 2012, R2,02 miljard in 2012-’13 en R4,5 miljard in 2013-’14.

Dr. Ben Ngubane, die SAUK-voorsitter, sê die geld is nie ‘n hulppakket nie, maar gaan vir herkapitalisasie aangewend word. Ngubane het ook gewaarsku dat die SAUK nog heelwat personeel gaan afdank.

Avril Halstead, direkteur by nasionale tesourie, het gesê: “Dit is kommerwekkend dat die SAUK se toekoms bykans ten volle afhang van verdere geldelike bystand.” 

“As die SAUK nie die geld kry nie, sal hy oor die volgende drie jaar elke jaar ‘n verlies maak,” het sy gesê. Die uitsaaier is ook gekritiseer vir ‘n onvoldoende sakeplan.

Die SAUK wil die geld gebruik vir ‘n nuwe sportkanaal, ‘n 24 uur nuuskanaal, sowel as die finansiering van sy oorskakeling na digitale media (DTT).

Die SAUK sal glo ook tot R287 miljoen bespaar deur personeeluitdiensstellings, waar groot bedrae geld uitbetaal word aan personeel om die SAUK te verlaat.

настенные светильники для внутреннего освещенияДанильченко Харьков

Bagasiediefstal by OR Tambo ’buite beheer’

Bagasiediefstal by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg is “buite beheer”, wat die reisigers dwing om van ander dienste as die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik te maak, het uitvoerende hoof Siza Mzimela gesê.

Diefstal by ander lughawens in Suid-Afrika is ook “baie hoog”, het Mzimela aan lede van die Toerismekomitee van die Parlement gesê. Lede van die komitee het hulle verbasing uitgespreek oor hoe om die probleem steeds kan voortduur nadat ‘n groot belegging in die hantering van bagasie gemaak is.

Volgens ‘n berig in Business Day Woensdag, het Mzimela aan die komitee gesê dat die lugredery se reputasie meer skade gely het as ander lugdienste s’n omdat bagasiediefstal by die OR Tambo groter is vanweë die feit dat SAL se kapasiteit daar gekonsentreer is.

Die lugredery se waarnemende hoof vir die groep se korporatiewe sake, Dileseng Koetle, het gesê dat diefstal by OR Tambo is 0,6 per 1 000 – dubbel die gemiddelde 0,3 koers op ander lughawens in die wêreld.

Mzimela het gesê die probleem moet saam aangespreek word in plaas van algar wat  – insluitend die Lughawensmaatskappy van SA (Acsa) – beskuldigende vingers na mekaar wys, het Business Day gesê.

Solomon Makgale, Acsa-woordvoerder, het gesê die maatskappy het hard gewerk om bagasiediefstal, wat oor die afgelope drie jaar afgeneem het, te bekamp.

рисунки укладки паркетатопкарго

Mugabe-opvolger sterf in brand

Solomon Mujuru, een van Zimbabwe se voorste mededingers om pres. Robert Mugabe op te volg, is dood, het sy familie Dinsdag gesê.

Mujuru, die voormalige bevelvoerder van die nasionale weermag, is as een van die magtigste leiers in die land beskou.

Volgens onbevestigde berigte is Mujuru laat Maandagaand tydens ‘n brand by sy huis in Harare dood.

Joice, sy vrou, is een van die land se twee adjunkpresidente.

100 лпрокурор харьковской области