Rasseoorlog breek op UV-kampus uit

Swart en wit studente by die kampus van die Universiteit van die Vrystaat het mekaar Woensdag te lyf gegaan, nadat wit studente wat die orde wou bewaar, aangerand is. Die polisie moes tussenbeide tree om die groepe uitmekaar te hou.

Polisielede moes drie keer van skokgranate gebruikmaak om die swart aanvallers onder beheer te bring.

Swart oproermakers, gewapen met stokke en klippe, het “Kill the boer” gedreunsing en die wit studente probeer intimideer wat die orde wou bewaar.

Kgotso Morapele, Vrystaatse leier van die ANCJL, het gesê dat alhoewel dié byeenkoms onwettig is, die swart oproeriges ‘n reg het om daar te wees.

Hulle dring aan dat die rektor Jonathan Jansen en die UV-raad afgedank word, omdat geen politieke partye aan die komende verkiesing van die studenteraad (SR) mag deelneem nie.

ANCJL, Sasco, die Jong Kommuniste-liga en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in die Vrystaat, het honderde lede met busse na die UV-kampus aangery. Sowat 800 lede van die ANC-jeugliga wat studente van die UV ingesluit het, het Woensdag die hoofgebou van die kampus bestorm.

Die skare het op die kampus by die hoofgebou saamgedrom en polisie is met klippe gegooi en rommel is aan die brand gesteek ten spyte van ‘n interdik wat die byeenkoms verbied het.

Die voormalige SR-president Moses Masitha, was een van die swart oproeriges.

Morapele het aan Media24 gesê: “Jansen is ‘n strooipop en ‘n kokosneut (coconut). Ons is spyt dat ons in die verlede met hom saamgewerk het. Hy is ‘n baie verwarde professor.”

Jansen het ‘n afgevaardigde gestuur om aan die woedende skare ‘n brief voor te lees waarin die UV-bestuur hulle voorneme om met die ANCJL-leierskap te vergader, uitspreek.

Volgens ‘n verklaring wat die universiteit uitgereik het, was daar “geen studente” onder die “ongeveer 150 mense” wat aan die oproerigheid deelgeneem het nie.

интернет магазин спортивнойАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae