“Ek is verstom oor die insinuasie dat Suid-Afrika enigeen help,” het me. Maite Nkoana-Mashabane, in reaksie op ‘n vraag of Suid-Afrika die Libiese leier bystaan, gesê.
Vliegtuie is wel na Libië gestuur om Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel te ontruim.
Volgens haar het Gaddafi nie aansoek om asiel in Suid-Afrika gedoen nie.
Intussen het tenks Maandagoggend geskiet op rebelle wat Gaddafi se hoofkwartier in Tripoli bestorm het.
Dit is nie duidelik waar Gaddafi hom bevind nie.
Die internasionale gemeenskap het versoek dat hy dadelik uit sy amp uittree terwyl opgewonde rebelle-ondersteuners begin feesvier het.
Rebellewoordvoerders het gewaarsku dat daar hier en daar steeds steun vir Gaddafi is en terwyl hy op die vlug is, bly “daar ‘n gevaar”.
