Bagasiediefstal by OR Tambo ’buite beheer’

Bagasiediefstal by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg is “buite beheer”, wat die reisigers dwing om van ander dienste as die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik te maak, het uitvoerende hoof Siza Mzimela gesê.

Diefstal by ander lughawens in Suid-Afrika is ook “baie hoog”, het Mzimela aan lede van die Toerismekomitee van die Parlement gesê. Lede van die komitee het hulle verbasing uitgespreek oor hoe om die probleem steeds kan voortduur nadat ‘n groot belegging in die hantering van bagasie gemaak is.

Volgens ‘n berig in Business Day Woensdag, het Mzimela aan die komitee gesê dat die lugredery se reputasie meer skade gely het as ander lugdienste s’n omdat bagasiediefstal by die OR Tambo groter is vanweë die feit dat SAL se kapasiteit daar gekonsentreer is.

Die lugredery se waarnemende hoof vir die groep se korporatiewe sake, Dileseng Koetle, het gesê dat diefstal by OR Tambo is 0,6 per 1 000 – dubbel die gemiddelde 0,3 koers op ander lughawens in die wêreld.

Mzimela het gesê die probleem moet saam aangespreek word in plaas van algar wat  – insluitend die Lughawensmaatskappy van SA (Acsa) – beskuldigende vingers na mekaar wys, het Business Day gesê.

Solomon Makgale, Acsa-woordvoerder, het gesê die maatskappy het hard gewerk om bagasiediefstal, wat oor die afgelope drie jaar afgeneem het, te bekamp.

рисунки укладки паркетатопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae