Tydens sy toespraak by die derde beraad van die Black Management Forum in Kaapstad Vrydag, het Lungisa te velde getrek teen die ANC-regering, jong swart beroepslui, Afrika-leiers, die DA, AfriForum en die Stellenbosch-mafia.
“In September gaan ons elke straat in Suid-Afrika sluit. As daar ‘n kaas in jou yskas is, gaan hulle dit kom vat,” het Lungisa die vergadering belowe.
Hy het wit en swart beroepslui berispe: “Diegene wat haarstyle dra, diegene wat dasse dra, maar nie help in hulle gemeenskap nie, sal geraak word.”
Sy opmerkings kom nadat jong swart beroepslui hom gevra het of die NYDA ooit befondsing aan klein besighede gee, en of dit net “‘n mite” is.
Lungisa het gereageer deur die BMF se provinsiale leier Thuso Segopolo en sy kollega Papama Matsiliza, DA-jeugleier Makashule Gana en Charl Oberholzer van AfriForum, aan te val. Hulle was deel van ‘n paneelbespreking oor “die jeug as die middelpunt van ontwikkeling in Afrika”.
Lungisa het gesê hulle praat oor Afrika sonder om te weet wat die Afrika-Unie-ooreenkomste behels.
Hy het gesê Suid-Afrika se probleme is te danke aan die “Stellenbosch-mafia”, ‘n groep ryk families van Stellenbosch. Julius Malema het hulle verlede maand die skuld gegee het vir teenkanting teen nasionalisering.
Lungisa het gesê die regering het ‘n ondersoek gedoen wat bevind het dat die NYDA R600miljoen nodig sou hê per jaar.
“Daardie deel was nooit verwerk deur ons eie regering nie. Dit was die eerste beperking,” het Lungisa gesê.
NYDA het egter R370 miljoen ontvang van die regering in 2010, en in Februarie vanjaar R1, 22 miljard vir die volgende drie jaar – dus is R400million ‘n jaar toegeken.
BMF-komiteelid Andile Nomlala het gesê sy organisasie sal nie Lungisa se plan om volgende maand massa-optogte te hou, ondersteun nie.
