Howe ‘rassisties’ en ‘apartheid deur die agterdeur’

Die ANC-Jeugligapresident Julius Malema sê Suid-Afrika se howe is “rassisties” en “apartheid is teruggebring deur die agterdeur”. Hy het beloof dat hy die Grondwethof sal nader om die uitspraak dat die lied Dubul ‘ibhunu’ haatspraak verteenwoordig, ongedaan te maak.

Malema het die opmerkings gemaak Woensdag tydens sy eerste mediakonferensie sedert ANC se dissiplinêre verhore begin het.

Sy mede-beskuldigdes sowel as die adjunk-minister van Staatsdiens en Administrasie Ayanda Dlodlo, wat op die ANC se nasionale dissiplinêre komitee dien, en die voorsitter van die Umkhonto we Sizwe se Militêre Veterane Vereniging, Kebby Maphatsoe, was aan sy sy by die perskonferensie.

Regter Colin Lamont se uitspraak in die Johannesburgse hooggeregshof het Malema en sy ondersteuners die sing van ‘Skiet die Boer’ verbied, maar Malema het gesê die regbank is “rassisties” en Regter Lamont daarvan beskuldig dat hy met sy eie agenda besig is.

Gevra of hy dink die howe is rassisties, het hy gesê: “As hulle nie getransformeer is nie en dit beteken rassisties, dan moet dit so wees. Weereens vind ons onsself onderworpe aan die wit minderheid se goedkeuring. Apartheid is deur die agterdeur ingebring.

“Daar is nog steeds die nalatenskap van apartheid vandag, nog steeds ‘n behoefte vir ons mense om gemobiliseer te word teen apartheid.

“Die regter het gesê dat ons nuwe morele waardes moet leer. Moraal van wie? Wie gaan ons leer? Gaan hy ons vertel hoe ons onsself moet gedra?”

Hy het gesê dat die ANC-regering nog steeds onder “wit oorheersing” staan.

“Ons het opdrag gegee aan ons prokureurs om die Grondwethof en die Appèlhof te nader … Ons gaan na die Parlement om wetgewing wat hierdie liedere sal beskerm, te eis.”

Met verwysing na die moordsaak teen rugbyspeler Bees Roux en die dronkbestuursaak teen “kameraad Robert McBride”, het Malema gesê die McBride-saak is ‘n voorbeeld van die howe as ‘n “teen-rewolusionêre” krag wat gebruik word teen individue in die ANC.

“… Hulle het nog haat hom (McBride) … Hy het net sy motor, nie eens ‘n staatsvoertuig vernietig nie. En hier is ‘n moordenaar wat ‘n persoon doodmaak in ‘n uniform en hy kry ‘n boete. En ons moet dit aanvaar? “

Hy het gesê die verhoor is nie die grootste ding in die ANC nie “en was bloot” ‘n stap in die organisasie (omdat) dit voel dat dit nodig is om in te gryp “. Hy het gesê dit was soos enige ander sub-komitee van die ANC.

депутат лобановский

Derby-Lewis ‘nie behandeling geweier’

Daar steek geen waarheid in mediaberigte dat die veroordeelde Clive Derby-Lewis dringende mediese behandeling geweier word nie, het die departement van korrektiewe dienste Woensdag gesê.

“Clive Derby-Lewis het verlede jaar na ‘n privaat-instelling gegaan en hy verkies steeds om ‘n privaat-chirurg te gebruik,” het Sibongile Khumalo, woordvoerder, gesê.

“Ons kan nie ‘n versoek van ‘n gevangene as hulle privaat-dokters wil sien, weier of hulle keer nie,” het sy gesê.

Eyewitness News het Dinsdag berig die departement het Derby-Lewis se familie gevra om R80 000 vir sy vervoer- en veiligheidsbehoeftes te betaal voordat die departement hom hospitaal toe sou vervoer.

Khumalo sê egter Derby-Lewis, wat skuldig bevind is aan die moord op Chris Hani, destydse leier van die SAKP – het ‘n dokument onderteken wat stel dat as hy aandring op private mediese sorg, hy die koste sal dra.

“Die geldelike implikasies van sy naderende opname in ‘n hospitaal is aan hom, sy vrou en sy regsverteenwoordigers oorgedra,” het Khumalo gesê.

Sy kon nie kommentaar lewer oor wanneer hy in die hospitaal opgeneem sou word of hoe dringend sy mediese behoeftes is nie.

Derby-Lewis het reeds behandeling vir prostaatkanker ondergaan en gangreneuse weefsel is van sy been verwyder.

Khumalo het gesê as private mediese sorg benodig word en sodra die koste oorbetaal is, sal hy na enige privaat hospitaal van sy keuse vervoer word.

Фильчаков прокуратура харьков

AU vergader in SA oor Libië

Die Afrika-Unie (AU) se komitee oor Libië sal Woensdag in Suid-Afrika vergader, het die president se kantoor Dinsdag gesê.

Bongani Majola, ‘n woordvoerder, kon nie uitbrei oor wat bespreek gaan word nie.

Genl. Mohamed Ould Abdel Aziz, die president van Mauritanië, sal die vergadering lei. Behalwe vir Suid-Afrika sal leiers van Uganda, Mali en die Demokratiese Republiek van die Kongo ook die vergadering bywoon.

Die AU en Suid-Afrika het tot dusver geweier om die Nasionale Oorgangsraad (NOR) as die nuwe regmatige regering van Libië te erken.

Die AU het probeer om ‘n vredesooreenkoms tussen die NOR en Moeammar Gaddafi, die voormalige leier van Libië, se regering te bemiddel.

Die Suid-Afrikaanse kabinet het verlede week herbevestig dat hy steeds dink die AU se “padkaart” om die krisis in Libië op te los die beste opsie is.

President Jacob Zuma het intussen aan die Parlement gesê Suid-Afrika se betrekkinge met Botswana, gaan van krag tot krag. Botswana het reeds die NOR van Libië erken.

Zuma het gereageer op vrae van die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe, oor onlangse opmerkings deur Malema oor ‘n bewindsverandering in Gaberone.

Лобановский Харьков

Eskombaas oorleef heli-ongeluk

Ses mense het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n helikopter in Morwaneng, 45 km buite Groblersdal, neergestort en aan die brand geslaan het, het paramedici Dinsdag gesê.

“Al ses insittendes kon daarin slaag om te ontsnap voor die helikopter aan die brand geslaan het,” het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare911, gesê.

Die mans is op die toneel behandel, maar wou nie hospitaal toe gaan nie.

Wicks het gesê geen skade is aan eiendom aangerig nie.

Brian Dames, uitvoerende hoof van Eskom, drie Eskom-bestuurders, Steve Lennon, Louis Maleka en Kerseri Pathe, en twee vlieëniers was in die helikopter ten tyde van die ongeluk.

Hilary Joffe, ‘n woordvoerder van Eskom, het gesê die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek die voorval.

Данильченко Юрий прокурор

Jong wit vrou deur taxi gesleep

Die toestand van die jong wit vrou wat Dinsdagoggend in Johannesburg deur ‘n taxi omgestamp en sowat 700m ver gesleep is, is kritiek. Sy verkeer onder swaar verdowing en sal binnekort geopereer word.

‘n Bloedstreep was op die pad te sien.

Kim McCusker (25), ‘n advokaat, en haar verloofde het ondersoek ingestel nadat ‘n taxi teen hul bakkie gebots het.

McCusker het voor die taxi gestaan, terwyl haar verloofde met die taxibestuurder gepraat het. Die bestuurder het volgens ooggetuies op ‘n dreigende wyse vorentoe beweeg en die jong vrou opsetlik omgestamp.

McCusker het toe haar balans verloor en geval, waarna die bestuurder weggery het. Sy was onder die taxi vasgekeer en is meters ver in Lonehill Boulevard in die noorde van Johannesburg gesleep.

Sy het erge beserings opgedoen en haar familie is van plan om ‘n saak van poging tot moord by die polisie aanhangig te maak.

 

 

Фильчаков прокурор

Sowetan se seksfoto’s veroordeel

Die publikasie van prominente foto’s van twee beamptes wat seks gehad het terwyl hulle aan diens was deur die Sowetan, was nie in die openbare belang nie, het die Persombudsman beslis.

“Dit was nie nodig om terug te val op die prominente en eksplisiete publikasie van die foto’s om die boodskap oor te dra nie… daar was geen ‘openbare belang’ daarin om dit te doen nie,” het Johan Retief, adjunk-persombudsman, beslis.

Hy het die koerant beveel om op beide die voorblad en tweede blad ‘n verskoning te plaas.

“‘n Visuele voorstelling van seksuele gedrag mag nie gepubliseer word nie, tensy ‘n legitieme argument van openbare belang anders bewys.”

Die koerant se adjunk-nuusredakteur, Khangale Makhado, het Dinsdag gesê prokureurs word gekonsulteer, maar dit is nog nie seker of hulle appél sal aanteken nie.

“Dit is nog oop, die prokureurs sal ons adviseer.”

Die omstrede foto’s, wat op 15 Augustus op die voorblad en tweede bladsy gepubliseer is, het gewys hoe ‘n beampte van korrektiewe dienste en ‘n vroulike polisiebeampte seks in ‘n hospitaal gehad het terwyl hulle aan diens was. Retief het gesê die storie self was wel in die openbare belang, aangesien die betrokke persone deur belastingbetalers betaal word.

Die koerant het op verskeie maniere die perskode oortree – onder meer deur nie sensitiwiteit te toon aan die koerant se lesers, die paartjie se gesin en kinders en kinders in die algemeen nie.

Kort ná die artikels gepubliseer is, het die koerant se publiek-redakteur, Joe Latakgomo, ‘n rubriek geskryf waarin hy erken het die koerant het verskeie klagtes ontvang.

Retief het gesê die verskoning aan die lesers, die paartjie se gesin en kinders en kinders in die algemeen moet op die voorblad bó die vou gepubliseer word.

Die Sowetan moet ook op die tweede blad sê dat ses lesers by die Persombudsman gekla het. Die kern van die klagtes moet ook omskryf word.

Nadat die artikel gepubliseer is, is die vroulike beampte afgedank. Die man is geskors en sal dissiplinêr verhoor word.

Олександр Васильович Фільчаков

Dit gaan sukkel-sukkel met die Mandela’s

Winnie Madikizela-Mandela is in ‘n Johannesburgse hospitaal opgeneem vir ‘n roetine-ondersoek, het Eyewitness News Dinsdag berig.

Die Nelson Mandelastigting het intussen ook gerugte ontken wat mbv die sosiale netwerk Twitter versprei het, en kommer wek oor die oudpresident se gesondheid.

Die stigting sê dit gaan goed met Mandela. Sy persoonlike assistent, Zelda la Grange, sê daar is geen rede tot kommer nie. ‘n Woordvoerder van die Presidensie, Mac Maharaj, sê hy is ook nie bewus van enige nuus oor Mandela se ongesteldheid nie.

Sy voormalige eggenoot, die 74-jarige Madikizela-Mandela het glo ‘n enkelbesering opgedoen en word by die Brenthurst-kliniek in Johannesburg behandel.

Veronica Holliday, ‘n woordvoerder van die kliniek, het gesê sy kan nie oor Madikizela-Mandela se toestand kommentaar lewer nie, maar het bevestig dat die omstrede figuur in die kliniek opgeneem is.

Dit is nie bekend wanneer Madikizela-Mandela ontslaan gaan word nie.

Фильчаков прокуратура харьков

Verkeershoof gebruik vals nommerplate

Die adjunk verkeershoof van die Tshwane Metroraad, Ndumisa Jaca, word nou deur drie organisasies ondersoek oor bewerings dat hy vals nommerplate gebruik.

Hulle is die Padverkeersbestuurskorporasie, die Onafhanklike Klagtedirektoraat en die munisipaliteit. ‘n Woordvoerder van die Korporasie, Ashref Ismail, sê hulle sal later meer besonderhede verskaf.

‘n Woordvoerder van die Klagtedirektoraat, Tiyani Sambo, sê hulle het ‘n klagte ontvang en stel ondersoek in. ‘n Woordvoerder van die Metroraad, Pieter de Necker, het vroeër gesê die munisipaliteit is bewus van die klagtes en is ook met ‘n ondersoek besig.

Koerante het foto’s van ‘n geel motorfiets en ‘n BMW gepubliseer, waarvan altwee die nommerplaat BALTY GP gehad het. Die motor en die motorfiets behoort na bewering aan Jaca wat ook die waarnemende Metropolisiehoof is.

данильченко юрій Харків

Voorbehoedmiddels in Oos-Kaap ingespuit

Meisies tussen die ouderdomme van 10 en 13 is met voorbehoedmiddels ingespuit by hul laerskool in Zwide, Port Elizabeth, het The Herald Online berig.

Nandipha Ngalo se 11-jarige dogter was een van die meisies wat deur die Dora Nginza-hospitaal se gesinsbeplanningseenheid ingespuit is.

Sy is ‘n leerling aan die Emzomncane Laerskool.

“My bekommernis is watter effek dit op my dogter gaan hê omdat sy nog nie eers begin menstrueer het nie.”

‘n Gr.6-leerder het gesê verpleegsters van die gesinsbeplanningseenheid het gepraat oor “menstruasie en alles wat gebeur” en daarna is elke meisie ingespuit.

Die eenheid het aan die meisies gesê die inspuiting sal swangerskap verhoed indien hulle verkrag word.

Die ouers is later ingeroep en van die inspuitings in kennis gestel.

Thuleka January, skoolhoof, het ontken dat die meisies gedwing is om die inspuitings te neem en het vra na die departement van onderwys verwys.

Marcus van Heerden, ginekoloog van Nelson Mandelabaai, het gesê dit is “heeltemal oneties” en dat die inspuiting puberteit in jong meisies kan vertraag.

Александр Фильчаков Васильевич

AU, SAOG verdeel oor Libië

Die regering van Botswana het die Libiese Nasionale Oorgangsraad uitgenooi om ‘n ambassade in die hoofstad, Gaberone te open, het RSG berig.

Die regering het onlangs aangekondig dat hy die Oorgangsraad as Libiese regering erken. Dit is in teenstelling met die sienings van sowel die Afrika-unie as die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Jeff Ramsay, ‘n woordvoerder van die Botswana-regering, het gesê die stap volg ná verwikkelinge in Libië waarin Moeammar Gaddafi se regering ontsetel is.

Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder, het gesê Botswana se optrede kan lei tot spanning tussen dié land en Suid-Afrika.

Zimbabwe het vroeër die Libiese ambassadeur uit die land gesit nadat hy die Libiese Oorgangsraad gesteun het.

Александр Фильчаков прокурор