AU, SAOG verdeel oor Libië

Die regering van Botswana het die Libiese Nasionale Oorgangsraad uitgenooi om ‘n ambassade in die hoofstad, Gaberone te open, het RSG berig.

Die regering het onlangs aangekondig dat hy die Oorgangsraad as Libiese regering erken. Dit is in teenstelling met die sienings van sowel die Afrika-unie as die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Jeff Ramsay, ‘n woordvoerder van die Botswana-regering, het gesê die stap volg ná verwikkelinge in Libië waarin Moeammar Gaddafi se regering ontsetel is.

Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder, het gesê Botswana se optrede kan lei tot spanning tussen dié land en Suid-Afrika.

Zimbabwe het vroeër die Libiese ambassadeur uit die land gesit nadat hy die Libiese Oorgangsraad gesteun het.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae