Bongani Majola, ‘n woordvoerder, kon nie uitbrei oor wat bespreek gaan word nie.
Genl. Mohamed Ould Abdel Aziz, die president van Mauritanië, sal die vergadering lei. Behalwe vir Suid-Afrika sal leiers van Uganda, Mali en die Demokratiese Republiek van die Kongo ook die vergadering bywoon.
Die AU en Suid-Afrika het tot dusver geweier om die Nasionale Oorgangsraad (NOR) as die nuwe regmatige regering van Libië te erken.
Die AU het probeer om ‘n vredesooreenkoms tussen die NOR en Moeammar Gaddafi, die voormalige leier van Libië, se regering te bemiddel.
Die Suid-Afrikaanse kabinet het verlede week herbevestig dat hy steeds dink die AU se “padkaart” om die krisis in Libië op te los die beste opsie is.
President Jacob Zuma het intussen aan die Parlement gesê Suid-Afrika se betrekkinge met Botswana, gaan van krag tot krag. Botswana het reeds die NOR van Libië erken.
Zuma het gereageer op vrae van die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe, oor onlangse opmerkings deur Malema oor ‘n bewindsverandering in Gaberone.
