Media24 dra by tot ‘eenselwige menings’

Aanvalle op groot mediamaatskappye tydens ‘n parlementêre indaba oor transformasie en diversiteit in die media is deur die ANC geloods. Suid-Afrika se vier groot drukmediamaatskappye, te wete Media24, Independent, Avusa en Caxton, is Donderdag kwaai geroskam. Die vier besit 88% van alle gedrukte sirkulasie.

Die vier groepe is uitgesonder vir kritiek omdat hulle kleiner koerante uit die mark dwing en ‘n wyer mark se voorkeure miskyk, om hul eie nougesette blik op nuus te bevorder.

Die Mededingingskommissie se Hardin Ratshisusu het aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê hy sal ‘n geval van beweerde “roofpryse” teen Media24 verwys na die Mededingingstribunaal.

Roofpryse verwys na gevalle waar groot koerante advertensie-pryse onder kosprys aanbied, sodat hulle adverteerders kan weglok van die kleiner koerante, het hy gesê.

Veral prof. Jane Duncan van Rhodes-universiteit het namens die Right2Know-veldtog vir Media24 uitgesonder vir kritiek. Prof. Jakes Gerwel, voorsitter van Media24 se raad, me. Esmaré Weideman, uitvoerende hoofbeampte, en mnr. Ashoek Adhikari, hoof van Media24 se regsdienste het verbluf gesit en luister na die aanval.

Gerwel en Weideman is albei bekend vir hulle toewyding aan transformasie in Suid-Afrika.

Duncan het voorheen reeds verklaar dat “daar baie demokrate is wat veg teen die opkoms van outoritêre neigings in die party en in die regering in die algemeen, en hulle moet ondersteun word. Hierdie stryd is dikwels bitter, eensaam en selfs gevaarlik.

“Die gevaar vir Suid-Afrika as ‘n geheel alhoewel, is dat die huidige idee [van mediabeheer] in die ANC se denke prominensie verkry, met die opkoms van China as ‘n wêreldmag en die globale verskuiwing na outoritêre regering, sowel as die groeiende mag van die sekurokrate in die regering, beide in lande soos die VSA en die Verenigde Koninkryk, en toenemend in Suid-Afrika.”

Duncan het gesê omdat die gedrukte media “‘n hoeksteen vir demokrasie vorm, moet transformasie in die media kalm bespreek word”. Kennelik beskou Duncan Media24 ‘n instelling wat nog getransformeer moet word ten bate van demokrasie, omdat 40% van alle koerante wat in Suid-Afrika verkoop word, Media24-koerante is.

Sy meen dit is gevaarlik dat dié groep die mark oorheers omdat verskillende menings deur ‘n eenselwigheid van nuusbeleid uitgedoof word. Sy het gesê die konsentrasie bevoordeel ‘n klein elite ten koste van die openbare belang omdat kommersiele belange vooropgestel word.

In verwysing van die DA het sy gesê die koerante “staan te veel ruimte aan die middelklas en sentristiese politieke idees af”.

Die Independent-groep verkoop 21% van die koerante, Caxton en Avusa elk 14% en kleiner maatskappye 12%.

Duncan het gesê dit is nie aanvaarbaar as die staat by die inhoud van koerante ingryp nie, maar eienaarskap is ‘n ander kwessie en daar moet indringend gekyk word na hoe mededinging bevorder kan word. Sy het verwys na Frankryk en Swede waar wette meer as 30% van sirkulasie verhoed en subsidies aan kleiner koerante toegestaan word.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef), wat koerantredakteurs verteenwoordig, is nie uitgenooi om deel te neem nie.

лобановский александр интервью

Pretoria-woonstelbewoners ruk handuit

Altesaam 48 mense is in hegtenis geneem toe diensleweringsbetogings by die Schubartpark-woonstelle in die Pretoriase middestad handuit geruk het.

‘n Woordvoerder van die Metropolisie, Ndumiso Jaca, sê die polisie het met rubberkoeëls op die oproerige inwoners geskiet wat die geboue aan die brand gesteek het.

Betogers het bande binne die geboue aan die brand gesteek en bakstene en bottels in die straat gegooi.

Die reddingsdienste het die brand onder beheer gebring terwyl die polisie mense uit die geboue begin verwyder het. Die polisie het ook rubberkoeëls teen inwoners gebruik wat minibustaxi’s met voorwerpe bestook het.

Данильченко

Zambië stem met geweld

Nog geweld het in Zambië uitgebreek waar woedende inwoners in ‘n dorp in die noordweste van die land die polisie en verkiesingsvoertuie met stembusse op pad na ‘n telsentrum onder die klippe gesteek het.

Die voorval volg ‘n dag nadat die stemmery in ‘n nasionale verkiesing ontsier is deur oproer in verskillende woonbuurtes in Lusaka.

Inwoners in Solwezi het verkiesingsbeamptes daarvan beskuldig dat hulle probeer het om onverseëlde stembusse af te laai.

Zambië het gister sy leiers vir die volgende vyf jaar in die presidents-, parlementêre en plaaslike verkiesing gekies waarin die huidige president – Rupiah Banda – en Michael Sata mekaar gepak het.

Sata was die voorloper in meningspeilings wat deur ‘n Kanadese maatskappy gedoen is, met 54% van die stemme.

Sata se diskoers is gelaai met vreemdelinghaat en hy hou vol dat hy goeie verhoudinge met China en Indië sal uitbou. Sata is egter huiwerig om nuwe belastings op buitelandse mynmaatskappye, soos wat hy voorheen belowe het, te hef. Die kwessie is uiters gewild by Zambiese kiesers.

Zambië se ekonomie het die afgelope twee jaar met 7% gegroei agv die styging in kommoditeitspryse.

 

 

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Anglo gaan hoes

Voormalige goudmyners beweer hulle het siliko-tuberkulose in Anglo American se Suid-Afrikaanse myne opgedoen en dagvaar nou die maatskappy in die Londense Hoërhof.

Richard Meeran van die regsfirma Leigh Day & Co, tree namens meer as 450 voormalige mynwerkers op in ‘n klas-aksie geding, en eis ‘n onbepaalde bedrag in vergoeding volgens hofstukke wat Dinsdag geliasseer is.

Meeran, wat in Suid-Afrika is, het gister gesê: “Die 450 eisers lewe nog almal. Almal beweer dat hulle silikose en siliko-tuberkulose opgedoen het terwyl hulle by Anglo-American in Suid-Afrika voor 1998 gewerk het.

“Die bewering is dat Anglo verantwoordelik is want hulle was nalatig in die beheer van die myne Die stofblootstellingvlakke in die myne was buitensporig hoog.”

Die maatskappy moes verseker het dat die stofvlakke nie so buitensporig was nie, het Meeran gesê.

Anglo American Suid-Afrika se woordvoerder Pranill Ramchander het ontvangs erken van die twee eise van Leigh Day & Co en het gesê die maatskappy sal die eis teenstaan.

“Anglo American Suid-Afrika het aanspreeklikheid ontken in antwoord op soortgelyke eise wat ingedien is in die Suid-Afrikaanse howe.

“Anglo American glo nie dat dit op enige wyse aanspreeklik gehou kan word vir die silikose wat deur die voormalige mynwerkers opgedoen is nie,” het hy gesê.

Anglo American beweer dat die goudmyne verantwoordelik vir hul gesondheid en veiligheid was en redelike stappe gedoen het om hulle te beskerm, het Ramchander gesê.

Meeran het in antwoord daarop gesê: “Dit druis in teen logika. As hulle verantwoordelik was [vir myners se gesondheid], hoe is dit dat so baie myners die siekte opgedoen het?”

Hy het Anglo aangeraai om te oorweeg om buite die hof te skik: “Die saak het nou net begin, maar die lyding en armoede van die slagoffers, en die lengte van die tyd wat dit al aan die gang is, [laat] ons hoop dat ‘n skikkingskema opgerig sal word op ‘n vroeë stadium. “

Die saak is sterk en wenbaar, het Meeran gesê, en bygevoeg die 450 voormalige mynwerkers is die ore van die seekoei.

“Ons is in die proses om opdrag van ander mense ook te ontvang, tienduisende van hulle.”

Hy het gesê die saak is in die Britse howe gebring omdat Anglo SA deur die Britse hoofkwartier Anglo American PLC beheer word. Volgens die Europese reg, beskik Engelse howe oor jurisdiksie oor ‘n maatskappy waarvan die administrasie in Engeland gesetel is.

лобановский харьков

‘Die mense sal opeis wat aan hulle behoort’

Die ANC-jeugliga sal in Oktober die strate invaar om die nasionalisering van myne en ‘n gelyke aandeel in die land se minerale hulpbronne op te eis, het Floyd Shivambu, woordvoerder, Woensdag gesê.

“Die ANCJL neem dié stap weens ons sterk oortuiging dat die verbetering van Suid-Afrikaners se lewens nie in raadsale en eindelose onderhandelings met groot kapitaal gaan gebeur nie,” het Shivambu Woensdag in ‘n verklaring gesê.

Die mobilisering – wat vir 27 en 28 Oktober beplan word – sal by die Kamer van Mynwese begin, beweeg tot by die Johannesburgse aandelebeurs en eindig met ‘n nagwaak by die Uniegebou in Pretoria.

Die liga sal ook ‘n versoekskrif aan owerhede oorhandig waarin hulle gratis onderwys, die onmiddellike afskaffing van arbeidsmakelaars, werksgeleenthede vir die jeug, beter behuising en sanitasie vir mense in lokasies en toegang tot water eis.

“Dit is hoogtyd dat ons die hele Suid-Afrika se jeug mobiliseer asook progressiewe magte om werksgeleenthede en ‘n gelyke aandeel van Suid-Afrika se rykdom van groot sake-ondernemings en korporasies op te eis, wat tot nadeel en uitsluiting van die histories benadeeldes bedryf word.”

Shivambu het verklaar dat “broederorganisasies” ook genader sal word om deel te wees van die massa-aksie. Dit sluit werkloses, armlastige studente, plakkers en mense sonder basiese dienste in. Alle takke van die ANCJL regoor die land sal na verwagting hul gemeenskappe mobiliseer en na Johannesburg reis vir die opgtog.

“Hierdie is die wekroep vir alle ekonomiese vryheidsvegters dat totale bevryding en emansipasie van die onderdruktes en uitgebuite mense van Suid-Afrika nie slegs in raadsale en konferensies sal gebeur nie.” Shivambu het gesê “Die mense sal opstaan en opeis wat regmatig aan hulle behoort.” Hy het in sy verklaring verwys gesê Suid-Afrika behoort aan wit en swart.

Geen provinsiale optogte word beplan nie.

 

 

лобановский александр игоревич класс

Soesjikoning bedank wittes vir sy sukses

Kenny Kunene, Suid-Afrika se swart soesjikoning sê: “Toe ek uit die tronk gekom het, was dit blankes wat my ‘n werk gegee het” en “Malema ondersteun my in my uur van nood – Ek is nou nie van plan om hom in die koue te los nie”.

Die swart man wat graag soesji van nakende wit modelle se lywe af eet, Kenny Kunene, het sy sukses in besigheid toegeskryf aan wit mense.

In ‘n onderhoud met die Sowetan by die nuwe Southern Sun Hotel in Hyde Park, Johannesburg, praat Kunene, wat ‘n hele kameraspan op sleeptou het wat elke beweging van hom op film vaslê, vir die eerste keer openhartig oor sy klim na die bopunt van die sosiale leer en die korporatiewe wêreld.

Die omstrede sakeman sê swart mense, wat die grootste deel van sy kritici geword het, het hom nie gehelp om armoede te ontsnap nie.

Dit was blankes wat hulle deure oopgemaak het vir hom na 18 maande van werkloosheid, nadat hy uit die tronk gekom het.

“Toe ek uit die tronk kom, het ek geen werk vir 18 maande gehad nie, en toe ek uiteindelik ‘n werk by ‘n privaatskool kry teen R3 000 per maand (voordat geheimsinnig saketransaksies ingeskop het), dit was deur wit mense se toedoen.

“Ek is deur wit mense gemaak en nie ‘n enkele swart persoon nie, insluitende diegene wat my nou kritiseer,” het Kunene Dinsdag gesê.

Hy sê toe hy werkloos was en gesukkel het, het die meeste swart mense hulself van hom gedistansieer.

топкарго

VSA brei wapenopstellings in Afrika uit

Die Obama-administrasie is besig om geheime basisse vir onbemande tuie in Afrika en die Arabiese Skiereiland op te rig as deel van ‘n nuwe aggressiewe veldtog om al Kaida-aanvalle te stuit, het Amerikaanse amptenare gesê.

Een van die installasies is in Ethiopië, ‘n Amerikaanse bondgenoot in die stryd teen Al-Shabab, die Somaliese militante groep wat baie van die land beheer. Nog ‘n basis is in die Seychelles, ‘n eilandgroep in die Indiese Oseaan, waar ‘n klein aantal hakkejagoperasies hierdie maand na ‘n eksperimentele missie getoon het dat die onbemande tuie met sukses kan patrolleer.

Die VSA se militêre magte het ook sulke tuie oor Somalië en Jemen wat hulle vanuit basisse in Djiboeti stuur, daar waar die die Rooi See en die Golf van Aden ontmoet. Daarbenewens is die CIA tans besig met die bou van ‘n geheime landingstrook in die Arabiese Skiereiland, sodat dit gewapende onbemande tuie oor Jemen kan uitstuur.

Die vinnige uitbreiding van onverklaarde oorloë is ‘n weerspieëling van die groeiende kommer van Amerikaanse amptenare oor die aktiwiteite van al-Kaida-affiliasies.

Die Amerikaanse regering is bekend daarvoor dat hulle dodelike aanvalle in minstens ses lande uitvoer met onbemande tuie: Afghanistan, Irak, Libië, Pakistan, Somalië en Jemen. Die onderhandelinge wat die vestiging van die basis in die Republiek van Seychelle voorafgegaan het, illustreer die pogings dat die Verenigde State van Amerika besig is om die omvang van sy wapenopstellings uit te brei.

Vanaf die eilandgroep, met ‘n inwonertal van 85 000 mense, word ‘n klein aantal MQ-9 Reaper-tuie sedert September 2009 deur die Amerikaanse vloot en lugmag bedryf. Amerikaanse en Seychellois-amptenare het voorheen nie die teenwoordigheid van onbemande tuie erken nie, maar wel toegegee dat die twee lande se primêre doel is om seerowers in die plaaslike waters op te spoor. Geklassifiseerde Amerikaanse diplomatieke kommunikasie toon dat die onbemande vliegtuie ook missies oor Somalië vlieg, sowat 800 kilometer na die noordweste.

Die kommunikasie wat deur WikiLeaks gelek is, openbaar dat die Amerikaanse amptenare leiers in die Seychelles gevra het die om die missies geheim te hou. Die onbemande tuie is deur kenners as hakkejagtoerusting beskryf, want hulle kan toegerus word met Hellfire-missiele en satelliet-geleide bomme.

Om kommer onder eilandbewoners te besweer, het Amerikaanse amptenare twee jaar gelede belowe dat hulle het geen planne het om die tuie te bewapen nie. Die kommunikasie toon egter dat die Amerikaanse amptenare anders dink oor die kwessie.

Фильчаков прокурор харькова

Nog NVP-lid vermoor

Sipho Mtshali, ‘n lid van die Nasionale Vryheidsparty, is doodgeskiet toe hy op pad huis toe was ná ‘n vergadering by die Vosloorus-hostel in Boksburg, oos van Johannesburg, het die party Dinsdag gesê.

“Mtshali het Sondag die party se erfenisdagvieringe gereël voordat hy doodgeskiet is,” het Zanele Cele, woordvoerder, gesê.

‘n NVP-ondersteuner, Nkosi Ngwabe, is Saterdag geskiet en gewond by die Umlazi Eenheid 17-hostel in Durban. Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n saak van poging tot moord ondersoek word, maar kon nie bevestig dat ‘n NVP-lid betrokke was nie.

“Die motief vir albei aanvalle is nie bekend nie, maar die NVP vermoed dit is die voortduring van sistematiese aanvalle om vrees by die NVP se ondersteuners in te boesem.”

Sedert die party se ontstaan is 15 lede in onderskeie voorvalle vermoor.

Данильченко

Twee pasiënte in Durbanse hospitaal vermoor

‘n Vroulike en ‘n manlike pasiënt is vermoor binne die King Edward VIII Hospitaal in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.

Die polisie is Sondag in kennis gestel van die moord op ‘n 49-jarige man, het lt. kol. Vincent Mdunge gesê.

Hulle het sy lyk in die hospitaal gekry met wurgmerke aan die nek en verskeie kneusmerke. ‘n Vrou, wie se ouderdom nie bekend gemaak is nie, is ‘n paar uur vroeër in dieselfde hospitaal vermoor.

“Die twee pasiënte is blykbaar vermoor, maar ek kan nie meer besonderhede verskaf nie.”

Die man het ‘n paar dae voor sy dood sy familie gekontak om oor slegte behandeling in die hospitaal te kla, het Mdunge gesê.

Twee moordsake word ondersoek. Hospitaalbestuur kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Лобановский Харьков

Zuma steun Palestyne

President Jacob Zuma gisteraand gesê Suid-Afrika sal Vrydag Palestina se soeke vir ‘n selfstandige staat by die VN ondersteun.

“Ons het te make met ‘n volk wat geen regte het nie, en in opvolging van die VN se menseregte soort van toestand en die beginsel, dink ek hulle behoort ‘n geleentheid gegee te word omdat hulle die hele tyd geblokkeer word.

“Ek dink in hulle posisie sou ek dieselfde doen sodat jy beweeg na ‘n spesifieke verhoog, en ons sal dit ondersteun,” het die president gesê.

Zuma, wat geskeduleer is om die VN se Algemene Vergadering môre toe te spreek, het ook gesê Suid-Afrika is “oop” om Libië se toekoms te bespreek, maar het aangedring op die Afrika-Unie se deelname.

“Ons wil nie sien dat die Libiese proses voortgaan sonder AU deelname nie. Dit is ‘n lidstaat van die AU,” het Zuma gesê.

Hy het gesê Suid-Afrika is bereid om die saak behoorlik in die VN te opper “in die hoop dat ‘n duidelike resolusie” gevind kan word.

Suid-Afrika het herhaaldelik NAVO se militêre ingryping in Libië gekritiseer en die wyse waarop die VN-resolusie 1973 se vliegspersone geïmplementeer is, wat lugaanvalle toegelaat het.

Suid-Afrika weier om die Nasionale Oorgangsraad, die oorloggeteisterde land se huidige tussentydse regering, te erken.

Vroeër gister, het president Mahmoed Abbas gesê hy is vas van plan om volle VN-lidmaatskap vir sy Palestynse staat te soek, al sou “alle hel uitbreek” oor die stap omdat beide die VSA en Israel gekant is daarteen.

Abbas, wat op pad na die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies is, het gesê hy is deur die VSA en die Europese regerings vertel dat “sake sal versleg” na sy skuif wat sy frustrasie met ‘n sterwende vredesproses weerspieël.

“Tot watter mate, sal ons later uitvind,” sê Abbas, hoof van die Palestynse Owerheid, wat afhanklik is van internasionale finansiële steun vir sy oorlewing in die Israelies-besette Wesoewer.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die Palestynse Owerheid $200 miljoen van Saoedi-Arabië sal ontvang.

Фильчаков Александр Васильевич