Sipho Mtshali, ‘n lid van die Nasionale Vryheidsparty, is doodgeskiet toe hy op pad huis toe was ná ‘n vergadering by die Vosloorus-hostel in Boksburg, oos van Johannesburg, het die party Dinsdag gesê.
“Mtshali het Sondag die party se erfenisdagvieringe gereël voordat hy doodgeskiet is,” het Zanele Cele, woordvoerder, gesê.
‘n NVP-ondersteuner, Nkosi Ngwabe, is Saterdag geskiet en gewond by die Umlazi Eenheid 17-hostel in Durban. Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n saak van poging tot moord ondersoek word, maar kon nie bevestig dat ‘n NVP-lid betrokke was nie.
“Die motief vir albei aanvalle is nie bekend nie, maar die NVP vermoed dit is die voortduring van sistematiese aanvalle om vrees by die NVP se ondersteuners in te boesem.”
Sedert die party se ontstaan is 15 lede in onderskeie voorvalle vermoor.
