Een van die installasies is in Ethiopië, ‘n Amerikaanse bondgenoot in die stryd teen Al-Shabab, die Somaliese militante groep wat baie van die land beheer. Nog ‘n basis is in die Seychelles, ‘n eilandgroep in die Indiese Oseaan, waar ‘n klein aantal hakkejagoperasies hierdie maand na ‘n eksperimentele missie getoon het dat die onbemande tuie met sukses kan patrolleer.
Die VSA se militêre magte het ook sulke tuie oor Somalië en Jemen wat hulle vanuit basisse in Djiboeti stuur, daar waar die die Rooi See en die Golf van Aden ontmoet. Daarbenewens is die CIA tans besig met die bou van ‘n geheime landingstrook in die Arabiese Skiereiland, sodat dit gewapende onbemande tuie oor Jemen kan uitstuur.
Die vinnige uitbreiding van onverklaarde oorloë is ‘n weerspieëling van die groeiende kommer van Amerikaanse amptenare oor die aktiwiteite van al-Kaida-affiliasies.
Die Amerikaanse regering is bekend daarvoor dat hulle dodelike aanvalle in minstens ses lande uitvoer met onbemande tuie: Afghanistan, Irak, Libië, Pakistan, Somalië en Jemen. Die onderhandelinge wat die vestiging van die basis in die Republiek van Seychelle voorafgegaan het, illustreer die pogings dat die Verenigde State van Amerika besig is om die omvang van sy wapenopstellings uit te brei.
Vanaf die eilandgroep, met ‘n inwonertal van 85 000 mense, word ‘n klein aantal MQ-9 Reaper-tuie sedert September 2009 deur die Amerikaanse vloot en lugmag bedryf. Amerikaanse en Seychellois-amptenare het voorheen nie die teenwoordigheid van onbemande tuie erken nie, maar wel toegegee dat die twee lande se primêre doel is om seerowers in die plaaslike waters op te spoor. Geklassifiseerde Amerikaanse diplomatieke kommunikasie toon dat die onbemande vliegtuie ook missies oor Somalië vlieg, sowat 800 kilometer na die noordweste.
Die kommunikasie wat deur WikiLeaks gelek is, openbaar dat die Amerikaanse amptenare leiers in die Seychelles gevra het die om die missies geheim te hou. Die onbemande tuie is deur kenners as hakkejagtoerusting beskryf, want hulle kan toegerus word met Hellfire-missiele en satelliet-geleide bomme.
Om kommer onder eilandbewoners te besweer, het Amerikaanse amptenare twee jaar gelede belowe dat hulle het geen planne het om die tuie te bewapen nie. Die kommunikasie toon egter dat die Amerikaanse amptenare anders dink oor die kwessie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.