Privaatveiligheid bedreig staat

Staatsveiligheid word bedreig, sê Thula Bopela, Psira se raadsvoorsitter. Psira is die reguleringsowerheid vir die privaatveiligheidsbedryf.

Bopela meen die gebrek aan geld en personeel om dié bedryf met sy 8 828 maatskappye en 411 000 aktiewe veiligheidswagte behoorlik te reguleer, hou ‘n gevaar vir Suid-Afrikaanse burgers in.

Die verslag vir die 2010-’11-boekjaar is Maandag in die parlement ter tafel gelê.

Die verslag maan dat daar te min inspeksies gedoen word om te verseker dat veiligheidsmaatskappye aan die wetlike vereistes voldoen. Psira se 47 inspekteurs kon slegs drie uit elke vier geregistreerde veiligheidsmaatskappye besoek.

Die aantal geregistreerde, aktiewe veiligheidsmaatskappye en veiligheidswagte het sedert 2001 onderskeidelik met 61% en 111% toegeneem. 

Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het in November 2010 die privaatveiligheidsbedryf as ‘n bedreiging vir staatsveiligheid getipeer omdat dit swak gereguleer word.

александр лобановский харьков

Dienslewering, die towerwoord

Politieke partye het ‘n geleentheid raakgesien om kiesers te lok deur te konsentreer op dienslewering vir swart gebiede.

Twee van die DA se top vroueleiers het tydens die party se tussenverkiesingsveldtog in Limpopo ‘n optog na die plaaslike Mogalakwena-munisipaliteit gelei.

Lindiwe Mazibuko en Desiree van der Walt het daarna ‘n memorandum van griewe en ‘n versoekskrif met duisend handtekeninge oorhandig. Hulle is glo bekommerd oor wat hulle genoem het die stadige pas van dienslewering.

Van der Walt wat die partyleier in die provinsie is, sê die meeste strate in die HOP nedersetting is oorstroom deur riool en daar is geen basiese dienste nie.

Van der Walt het nie kommentaar gelewer oor die gebrek aan dienste in wit gebiede wat deur die munisipaliteite oorgesien word nie.

Die president van COPE, Mosiuoa Lekota, sê die ANC-regering lewer weens korrupsie binne die regering geen dienste aan plattelandse gebiede, veral in Limpopo nie.

Lekota is besig met deur-tot deur veldtogte by verskillende dorpies in die Vhembedistrik as deel van die opbou tot Woensdag se tussenverkiesing. Hy het aan ‘n groep mense in die Bungeni-township gesê die hulpbronne binne die regering word nie eweredig versprei nie.

Александр Фильчаков Васильевич

Duduza ‘lyk asof deur bom getref’

Erge donderstorms, vergesel deur sterk vlae wind, het ‘n aantal gesinne sonder huise in Gauteng en die Vrystaat gelaat.

In Ficksburg in die Vrystaat, het ‘n dodelike storm groot skade veroorsaak en ‘n aantal mense beseer.

‘n Nege-jarige swart seun is dood toe ‘n muur op hom geval het.

In Duduza, oos van Johannesburg, is swart gesinne dakloos gelaat nadat hulle dakke weggewaai is deur ‘n tornado.

Ongeveer 65 mense is beseer.

Die Sunday Times se fotograaf Simon Mathebula, wat in Duduza woon, het gesê die honderde mense wat geraak is, is brandarm.

“Die area lyk asof dit deur ‘n bom getref is. Daar is chaos oral. Gesinne het alles verloor,” het Mathebula gesê.

Teen 23:00, was die polisie in Duduza steeds op soek na mense wat dalk onder die puin vasgekeer is.

“Ons het planne om aan die ontheemde mense skuiling te bied,” het die Ekurhuleni-Emergency Management Services se woordvoerder Roggers Mamaila gesê. “Die tornado was iets onvoorsiene.”

In Fickburg, het paramedici se opruimingsbedrywighede voortgegaan tot laat in die nag.

Polisie in die gebied, het gesê sowat 42 mense is beseer.

Sommige van die beseerdes is na ‘n hospitaal in Bloemfontein geneem, terwyl die ander is plaaslik behandel word, het die polisie gesê.

Hulle het gesê 100 huise is beskadig deur die sterk wind.

‘n Woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Pretoria het bevestig dat die storm wat by Duduza getref het, ‘n tornado was.

Die Weerdiens het gesê hy verwag meer storms vandag.

‘n Woordvoerder vir die Internasionale Lughawe het gesê ses vlugte is vertraag vir sowat ‘n uur as gevolg van die gure weer.

Фильчаков Александр Васильевич

Bejaardes aangeval, man sterf

‘n Bejaarde man (75) van Benoni is dood en sy vrou is beseer nadat hulle deur rowers in hul huis aangerand is, het die polisie gesê.

Twee mans het die deur van die paartjie se huis omstreeks 01:00 oopgedwing, het Tryna Wolmarans, ‘n polisiewoordvoerder gesê.

Die verdagtes het kontant en vuurwapens by die man se 71-jarige vrou geeïs voordat hulle haar met ‘n vuurwapen geslaan het.

Hulle het daarna na ‘n tweede slaapkamer gegaan waar hulle die man aangetref het en hom ook aangerand. Die man het later aan sy beserings beswyk.

“Dit is nog nie bekend of die rowers enigiets uit die huis gesteel het nie,” het Wolmarans gesê.

Die vrou is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.

‘n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

topcargo отзывы

Wit asielsoeker gee nie moed op nie

Die Suid-Afrikaner in Kanada wat eers as wit vlugteling aanvaar en agterna geweier is, sal na verwagting Maandag deur drie regters in die federale hof van appèl aangehoor word.

Brandon Huntley (32) het in 2009 asiel in Kanada verkry omdat hy weens sy velkleur deur swart misdadigers in Suid-Afrika geteiken is.

Die Kanadese immigrasieraad het sy vlugtelingaansoek goedgekeur in Augustus 2009. Dié besluit is egter op 24 November 2010 deur regter James Russell in die federale hof in Kanada omgekeer.

Volgens Huntley se regsverteenwoordiger, Russell Kaplan, was die regter se besluit geneem agv druk van die Suid-Afrikaanse regering wat die Kanadese van “rassisme” beskuldig het.

Huntley, van Mowbray, Kaapstad, het gesê hy is sewe keer deur swart rowers aangeval wat hom as ‘n “wit hond” en “setlaar” uitgeskel het.

Huntley gaan aanhou probeer om as vlugteling in Kanada aan te bly en erken te word, het Kaplan gesê.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Boer klits koperdief

‘n Boer het ‘n swartman wat probeer het om hom met ‘n panga aan te val en van koperkabels te beroof in Trichardtsdal in die Maake-gebied doodgeskiet, het die polisie in Limpopo Sondag gesê.

Vyf mans het die boer se plaas Saterdag omstreeks 13:00 betree en hom met ‘n panga oor die kop geslaan, het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.

Die boer het daarin geslaag om sy geweer uit te haal en het verskeie skote op die vermeende rowers afgevuur. ‘n Dertigjarige swartman is op die toneel dood nadat hy geskiet is. Sy makkers het weggehardloop sonder om enigiets te steel.

Die boer is met ‘n ligte besering in ‘n hospitaal opgeneem. ‘n Ondersoek is geloods. Die vier vermeende rowers is steeds op vrye voet.

topcargo отзывы

Jeugliga klap sweep in KZN

Die ANC-Jeugliga het hulle provinsiale uitvoerende komitee (PUK) se KwaZulu-Natal-tak ontbind, het die liga Sondag gesê.

“Wat kommerwekkend is… is in hul verontagsaming van organisasieprosesse en toepaslike politieke optrede, het die PUK geen  ontvanklikheid vir politieke leiding van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) getoon nie,” het Floyd Shivambu, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Hy het gesê die PUK in KwaZulu-Natal het hulleself buite die besluite en maatreëls van die Jeugliga se kongres gedefinieer deur stellings te maak soos dat die NUK ‘n “faksie-gedrewe liggaam is”.

Die besluit is geneem by ‘n vergadering van ANJYL se NUK, wat Saterdag in die provinsie gehou is.

Heelwat lede sal na verwagting dissiplinêr aangekla word.

Фильчаков

Herstel grondregte, sê DA

Die ware doel van grondhervorming – die herstel van grondregte wat ontken is tydens apartheid en die koloniale era – word nie nagekom nie, sê die Demokratiese Alliansie.

Lindiwe Mazibuko het gesê 85,6% van grond wat vir grondhervorming aangekoop is, is oorgedra aan aanspraakmakers onder huurpag, terwyl slegs 14,4% van die eisers wat grond ontvang het, volle eiendomsreg geniet.

Dit is volgens syfers van die departement van grondhervorming se 2010/11 jaarverslag, het sy in ‘n verklaring gesê.

“Nie net verhoed dit dat lenings teen die grond toegestaan word nie, maar dit dien as ‘n belemmering vir eisers om in die grond se produktiewe kapasiteit te belê,” het Mazibuko gesê.

“Sonder die vryheid en stabiliteit om in hul eiendomme te belê, is grondeisers na die status van die huurders verlaag, en het geen aansporing om verbeteringe aan te bring aan die grond wat hulle ontvang het nie, aangesien hulle nie die risiko of die beloning wat verband hou met die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid dra nie.”

Die verslag het ook getoon die meerderheid  die grond in Suid-Afrika geregistreer is in die naam van die staat, het sy gesê.

Фильчаков

Polisie wil vir oorlog bewapen word

Die polisie moet toegerus word met wapens soortgelyk aan dié wat deur swaar gewapende misdadigers gebruik word, het die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) Donderdag gesê ná die moord op ‘n polisiebeampte in Bizana in die Oos-Kaap.

“As jy na ‘n oorlogsone gaan, moet jy ook toepaslik gewapen wees,” het Oscar Skommere, woordvoerder van die unie, in ‘n verklaring gesê.

Konst. Manwabisi Gqamane (25) het Woensdag in die hospitaal beswyk aan wonde wat hy opgedoen het tydens ‘n skietery met ‘n bende wat AK-47-gewere gehad het.

Die polisiebeamptes is Dinsdagaand ontplooi na ‘n Shoprite-winkel en die bende het op hulle losgebrand toe hulle gearriveer het. Ses polisiebeamptes is gewond. Gqamane het later in die hospitaal gesterf.

Die unie het medelye met Gqamane se familie uitgespreek en die beseerde beamptes ‘n spoedige herstel toegewens.

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Bheki Cele, het Woensdag die gewonde polisiebeamptes besoek. Hulle is in ‘n kritieke maar stabiele toestand, het kol. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, gesê.

‘n Lid van die bende is in die skietery dood en ‘n ander is gewond. Die polisie het ‘n 9mm-pistool teruggevind. Drie sakke met ‘n onbekende hoeveelheid geld in, is in ‘n motor waarin die bendelede sou ontsnap, gevind.

‘n Agt-en-dertig-jarige vrou is Dinsdag in hegtenis geneem. ‘n Sak munte en ses vuurwapens is teruggevind. Vier van die vuurwapens is gesteel by die polisiebeamptes wat geskiet is.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Mandela, geen einde in sig

Suid-Afrikaners sal die geleentheid kry om die Mandela-familie se lewe van nader te beskou met ‘n nuwe realiteitsreeks wat binnekort uitgesaai gaan word, het die familie Donderdag bekendgemaak.

Die program sal op die lewens van drie kleinkinders van oudpres. Nelson Mandela fokus, het Rick Leed, vervaardiger van die realiteitsreeks, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Die drie kleinkinders, Dorothy Adjoa Amuah, Zaziwe Dlamini-Manaway en haar jonger suster Swati Dlamini, het in Amerika grootgeword, maar na Suid-Afrika teruggekeer vir sake- en familieredes.

“Dit gaan oor drie vroue…wat wegbreek van die (Mandela) nalatenskap om hul eie voete te vind,” het Graeme Swanepoel, regisseur, gesê.

Die realiteitsreeks, wat nog nie ‘n naam het nie, sal vroeg in 2012 uitgesaai word.

Фильчаков Александр Васильевич