Wit asielsoeker gee nie moed op nie

Die Suid-Afrikaner in Kanada wat eers as wit vlugteling aanvaar en agterna geweier is, sal na verwagting Maandag deur drie regters in die federale hof van appèl aangehoor word.

Brandon Huntley (32) het in 2009 asiel in Kanada verkry omdat hy weens sy velkleur deur swart misdadigers in Suid-Afrika geteiken is.

Die Kanadese immigrasieraad het sy vlugtelingaansoek goedgekeur in Augustus 2009. Dié besluit is egter op 24 November 2010 deur regter James Russell in die federale hof in Kanada omgekeer.

Volgens Huntley se regsverteenwoordiger, Russell Kaplan, was die regter se besluit geneem agv druk van die Suid-Afrikaanse regering wat die Kanadese van “rassisme” beskuldig het.

Huntley, van Mowbray, Kaapstad, het gesê hy is sewe keer deur swart rowers aangeval wat hom as ‘n “wit hond” en “setlaar” uitgeskel het.

Huntley gaan aanhou probeer om as vlugteling in Kanada aan te bly en erken te word, het Kaplan gesê.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae