praag.co.za

Herstel grondregte, sê DA

Written by

in

Die ware doel van grondhervorming – die herstel van grondregte wat ontken is tydens apartheid en die koloniale era – word nie nagekom nie, sê die Demokratiese Alliansie.

Lindiwe Mazibuko het gesê 85,6% van grond wat vir grondhervorming aangekoop is, is oorgedra aan aanspraakmakers onder huurpag, terwyl slegs 14,4% van die eisers wat grond ontvang het, volle eiendomsreg geniet.

Dit is volgens syfers van die departement van grondhervorming se 2010/11 jaarverslag, het sy in ‘n verklaring gesê.

“Nie net verhoed dit dat lenings teen die grond toegestaan word nie, maar dit dien as ‘n belemmering vir eisers om in die grond se produktiewe kapasiteit te belê,” het Mazibuko gesê.

“Sonder die vryheid en stabiliteit om in hul eiendomme te belê, is grondeisers na die status van die huurders verlaag, en het geen aansporing om verbeteringe aan te bring aan die grond wat hulle ontvang het nie, aangesien hulle nie die risiko of die beloning wat verband hou met die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid dra nie.”

Die verslag het ook getoon die meerderheid  die grond in Suid-Afrika geregistreer is in die naam van die staat, het sy gesê.

Фильчаков

Comments

Leave a Reply