George in oproer

Minstens 58 mense is gedurende betogings teen swak dienslewering in die Thembalethu-township buite George in hegtenis geneem, het die polisie in die Suid-Kaap Donderdag gesê.

“Ons het die mense Woensdag vir openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle het heelwat eiendom beskadig en vier polisiebeamptes is beseer,” het kapt. Bernadine Steyn gesê.

“‘n Polisiesersant is Woensdag deur ‘n voorwerp getref wat deur die betogers gegooi is en het ernstige beserings aan sy oog opgedoen.”

Hy mag dalk die oog verloor, het Steyn gesê.

Sy het gesê drie ander beamptes is ook met klippe en ander voorwerpe bestook. Die inwoners het oproerig geraak oor water- en sanitasieprobleme.

“‘n Munisipale gebou en voertuig is aan die brand gesteek. Ons het van rubberkoeëls gebruik gemaak om die skare te verwilder.”

Slegs ‘n handjievol betogers het Donderdag vreedsaam betoog.

Die 58 lede van die gemeenskap is gewaarsku en vrygelaat. Hulle sal op 9 November in die Thembalethu-landdroshof verskyn.

topcargo развод

Skokkende studie oor verkragting

Prof Rachel Jewkes het ‘n omvattende studie namens die Mediese Navorsingsraad (MNR) onderneem om Suid-Afrika se verkragtingsprobleem te ondersoek.

By die forum van die seksuelegeweld-navorsingsinisiatief in Kaapstad het Jewkes gesê daar is geen bewyse dat geweld teen vroue aan die afneem is nie. “Van April verlede jaar tot Maart vanjaar is 56 272 verkragtings aangemeld,” het sy gesê. Dit is waarskynlik nie die werklike syfer nie, omdat verkragting dikwels nie aangemeld word nie.

Die studie het ook bevind dat byna die helfte hulle eggenotes slaan.

Sy het gesê ook die helfte van die mans het geen berou oor hul dade nie en moes geen nagevolge trotseer nie. Verkragters, sê Jewkes, oortree nie net een keer nie, maar meermale.

Suid-Afrika se reuse-verkragtingsprobleem is deur dié studie beaam. Onder die skokkende bevindings is dat 27% van die 1 700 deelnemers erken het hulle het al ‘n vrou of meisie verkrag.

Hiervan het tot 80% gesê hulle het dit gedoen “omdat hulle seks wanneer hulle dit wil hê, hulle goeie reg is”.

Meer as die helfte van die mans het al aan ‘n groepsverkragting deelgeneem, en het dit beskryf as “pret” en “net ‘n speletjie”.

Een uit elke tien deelnemers aan die studie neem glo deel aan groepsverkragting.

Daar het 1 700 mans van alle rassegroepe deelgeneem aan die studie wat waarskynlik die voorkoms van verkragting onderskat aangesien dit meer onder swartmense voorkom vanweë ‘n kulturele vooroordeel.

Die meeste selferkende verkragters is tussen 20 en 35 jaar oud.

 

лобановский александр харьков

Kaapstad, die wêreld se moordhoofstad

Met 41 moorde per 100 000 inwoners, is Suid-Afrika se tweede grootste stad, Kaapstad, die moordhoofstad van die land. Die koers is hoër as die nasionale gemiddeld volgens ‘n nuwe verslag.

Die Global Study on Homicide report deur die VN se Kantoor vir Dwelms en Misdaad (UNODC) sê moord is een van die grootste oorsake van alle nie-natuurlike sterftes in Suid-Afrika, en terwyl die manslagkoers afgeneem het in onlangse jare, het dit relatief hoog gebly met 34 per 100 000 van die bevolking in 2009, af van 49 per 100 000 inwoners in 2000.

In 2010, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens 1 521 moorde uit die stad se 3,7 miljoen inwoners uitgewys.

Die groep se navorsing het bevind dat die totale getal van 468 000 moorde ‘n globale gemiddelde manslagkoers van 6,9 per 100 000 van die bevolking tot gevolg gehad het.

Soveel as 36% of 170 000 sterftes vind in Afrika plaas, 31% in die Amerikas en 27% in Asië.

Die vyf lande in die Suider-Afrikaanse streek het die hoogste manslagkoers in die wêreld met meer as 30 per 100 000 inwoners. Dié bevinding hou nie stand met die bewering dat apartheid vir die geweldige moordkoers in Suid-Afrika verantwoordelik is nie.

Die navorsing vir Kaapstad het bevind dat die moordvoorkoms nie eweredig versprei is tussen Kaapstad se polisiegebiede nie. Ontleding van die mees onlangse manslagdata het getoon dat hulle geneig om gekonsentreer in die swartste dele van die stad, soos in Khayelitsha, Nyanga en Gugulethu, waar 44% van Kaapstad se moorde in 2009/10 plaasgevind het.

Die ruimtelike verspreiding van eiendomsmisdade, insluitend nie-roof met verswarende omstandighede, huisbraak, motordiefstal, ensovoorts word gekenmerk deur ‘n ander patroon en dié misdade is geneig om meer eweredig versprei te wees in die verskillende dele van die stad.

In die swart buurte is slegs 4% van alle eiendomsmisdaad aangeteken (teenoor 44% van al die stad se moorde), waarskynlik omdat daar niks is om te steel nie.

Данильченко Харьков

Louise se moordenaar ‘n veroordeelde seksmisdadiger

Die man wat vermoedelik ‘n skoolmeisie in Roodepoort ontvoer en na bewering vermoor het, is voorheen veroordeel vir ‘n seksuele misdaad.

Die polisie was teen 12:00 Donderdag nie seker of die beweerde bekentenisse van ‘n man wat Louise de Waal vermoedelik ontvoer en vermoor het, ‘n formele bekentenis sal wees nie.

Die vermeende reeksverkragter het erken dat hy die Louise de Waal ontvoer en vermoor het.

Lt. kol. Tshisikhawe Ndou het gesê die man word deur die polisie in KwaZulu-Natal ondervra en dat hy “sekere bekentenisse” gemaak het.

“Hy het homself vanoggend (Donderdag) by die Margate-polisiekantoor oorgegee,” het maj.genl. Nobesuthu Masiya, waarnemende provinsiale polisiehoof, gesê.

Masiya het gesê ao. Peet du Toit, wat die ondersoek na De Waal se ontvoering gelei het, het die verdagte deur sy broer opgespoor en die man oortuig om homself oor te gee aan die polisie.

Masiya het gesê die man in sy 30’s het ‘n vorige veroordeling vir seksuele aanranding.

“Hy is in 2007 in hegtenis geneem, veroordeel en drie jaar tronkstraf opgelê. Dié vonnis is opgeskort vir drie jaar. Hy het gemeenskapdiens gedoen.”

Die man word ook na bewering met nege sake van verkragting en ‘n moordsaak verbind.

Die misdade word toegeskryf aan ‘n man genaamd die “Sondag-verkragter”.

“Hy het nog nie skuld beken op die aanklagte van verkragting en moord nie,” het Masiya gesê.

Du Toit het gesê die man se modus operandi stem ooreen met dié van die “Sondag-verkragter”.

“Die man gaan gewoonlik op ‘n Sondag tussen 10:00 en 13:00 na sekere gebiede van Gauteng en die Noordwes en soek meisies tussen die ouderdomme van 10 en 17.”

“Hy ry dan 20 of 30 km weg en verkrag die meisies. Hy neem dikwels aandenkings van hulle soos kopbande of onderklere.”

Masiya het bevestig dat ‘n verbrande lyk Woensdagmiddag op ‘n plaas in Magaliesburg gevind is, maar sê die polisie wag op forensiese uitslae voor die identiteit bekend gemaak kan word.

Louise is Woensdagoggend ontvoer toe sy en ‘n vriendin skool toe gestap het.

Фильчаков прокуратура харьков

Mnr Padveiligheid roekelose dronkbestuurder

Die man wat getaak is met die land se padveiligheidsveldtogte het na bewering ‘n regeringsvoertuig bestuur terwyl hy dronk was.

Thabo Tsholetsane, uitvoerende bestuurder van die Road Traffic Management Corporation, veg die afgelope paar maande in die hof dat sy dissiplinêre verhoor van die beweerde dronkbestuurvoorval, wat meer as twee jaar gelede gebeur het, afgestel word.

Tsholetsane is haaks met die korporasie na ‘n voorval in April 2009 toe hy na bewering dronk was terwyl hy op ‘n veldtog was om padveiligheid te bevorder.

Die gesig van Suid-Afrika se padveiligheid het in die Johannesburgse Arbeidshof gepleit om die verhoor teen hom teruggetrek te kry.

Tsholetsane beweer dat hy 29 maande ná die voorval erg benadeel is en persoonlike en finansiële skade gely het en het die Arbeidshof genader net voordat sy dissiplinêre verhoor verlede week sou begin.

Hy beweer ook dat hy nie dronk was op daardie dag in April 2009 nie, maar erg aangerand is deur drie mans by ‘n kroeg, wat hom in die hospitaal laat beland het, en hy was afgeboek vir drie maande. Die bakleiery, sê hy, het gebeur op pad terug van ‘n padveiligheidsveldtog.

In Augustus 2009, is hy in kennis gestel van sy skorsing en dissiplinêre verhoor vir Desember.

Die verhoor is toe laat vaar en Tsholetsane se skorsing is opgehef. Maar drie maande later, is Tsholetsane vertel dat die korporasie ‘n regsmening oor die vooruitsigte van die dissiplinêre verhoor ingewin het. Die advies is in September verlede jaar gefinaliseer.

Sy aansoek is deur die Arbeidshof van die rol geskrap en Tsholetsane is beveel om die koste van twee senior advokate te betaal. Sy prokureur, Willem Scholtz, het gesê dat hulle nou aansoek sal doen om die saak op die rol geplaas te kry.

Лобановский

Siek polisielede kos staat meer as R771 miljoen

Polisielede wat verlede jaar afwesig was by die werk weens siekte, het die belastingbetaler meer as R771 miljoen (R 771 429 000) gekos. Dit is ‘n toename van 40% (39,9) teenoor die vorige jaar (2009). ‘n Totaal van 1,5 miljoen (1 536 688) werksdae het hierdeur verlore gegaan. Dit is volgens die jaarverslag van die Polisie in die tydperk vanaf 1 Januarie 2010 tot 31 Desember 2010. Siekverlof alleen het  R663,391 miljoen en permanente en tydelike onbevoegdheidsverlof het R108,038 miljoen beloop. Die kategorie waar afwesigheid weens siekte die meeste voorgekom het was by geskoolde lede (vlakke 3-5) en die tweede meeste by hoogs geskoolde lede (vlakke 6-8). Geskoolde lede was 646 074 dae en hoogs geskoolde lede 570 345 dae afwesig.

“Wat werklik kommerwekkend is, is die 40% toename van siek lede en dat hoogs geskoolde en geskoolde lede die meeste siek is. Hierdie kategorie van lede vorm die kern van die Polisiediens wat misdaad moet ondersoek. Die syfers toon dat daar ‘n ernstige probleem is wat aandui dat Polisielede in hierdie kategorieë of oorwerk is of onder te veel druk en spanning geplaas word. Deel van die druk en spanning is ook dat sommige lede nie behoorlik opgelei is vir die taak wat hulle moet verrig nie,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

“Hierdie probleem neem jaarliks toe en volgens die jaarverslag het 138 839 lede verlede jaar siekverlof of permanente of tydelike onbevoegdheidsverlof geneem. Dit is meer as 50% van die totale polisiemag. Cele moet sê wat hy gaan doen om die probleem op te los,” het Groenewald gesê.

Данильченео

Mercedes-orgie by die SAUK

Die SAUK het R20 miljoen aan Mercedesse bestee terwyl die openbare uitsaaier begrotingshulp van die regering ontvang en joernaliste dikwels nie vervoer het om hul verslaggewingspligte na te kom nie.

Die maatskappy wat die 86 Duitse luuksemotors aan die SAUK op bruikhuur verskaf het se naam is Debis Fleet Management. Die kontrak is blykbaar nooit deur die SAUK-raad goedgekeur nie en ‘n lid van die raad “vind dit moeilik om te glo” aangesien die raad dit nooit goedgekeur het of daarvan in kennis gestel is nie.

Die raad gaan glo binne die volgende twee tot drie weke vergader om die SAUK se vervoerprobleem te bespreek. Die anonieme raadslid beweer dat die SAUK weens die algemene vermorsing oor so min geld vir vervoer beskik dat personeel se petrolkaarte gekanselleer is om kostes te besnoei.

By die SAUK-radio moet verslaggewers met 2 voertuie vir 11 junior personeellede klaarkom. Volgens een van hulle word nuusdekking daardeur geraak. Sekere berigte kan bloot telefonies gedoen word en soms moet radio- en televisiespanne motors deel.

Intussen sit die SAUK met ‘n groot klomp “waarnemende” personeel. Volgens nog ‘n anonieme personeellid “is selfs die nuushoof, die radiohoof en dié van menslike hulpbronne waarnemend. Dit is waarom geen besluit oor motors geneem kan word nie.

‘n Tender is in 2009 geadverteer, maar is eers 17 maande later aan die bodbeoordelingskomitee voorgelê. Dit is weer in 2011 geopper, maar later gekanselleer.

Die amptelike woordvoerder van die SAUK, Kaiser Kganyago, sê die SAUK het ‘n ondersoek na die bewerings gelas, maar kon nie kommentaar oor die R20 miljoen lewer totdat hul ondersoek voltooi is nie.

Александр Фильчаков прокурор

Dene Smuts verkies wit DA

Die stryd om die parlementêre leierskap in die DA, is duidelik wit op swart.

‘n Senior wit DA-lid van die parlement, Dene Smuts sal Athol Trollip vir die party se parlementêre baas kies, teen Trollip se uitdager, Lindiwe Mazibuko.

Smuts, die party se hoë-profiel-woordvoerder oor justisie, het gister gesê sy sal vir Trollip in die partyverkiesing op 27 Oktober stem.

“Hierdie verkiesing is ‘n wedstryd tussen ‘n ongetoetste groen loot van die groei-jou-eie-hout kwekery teen ‘n boom wat getoon het dat dit nie buig nie,” sê Smuts.

“Athol Trollip het my steun, want hy vertel enige partybaas wat probeer om die demokratiese uit te haal [uit die Demokratiese Alliansie] om te gaan doppies blaas – en soos ek hom ken, in sterk taal.”

Sy het gesê dat die wedloop vir die parlementêre leierskap van die party nie gesien moet word as ‘n “transformasie-toets” vir die DA se parlementêre koukus nie.

“Daar is baie sterker swart LP’s as die kandidaat [Mazibuko],” sê Smuts.

Die Sunday Times het die naweek berig dat Trollip onder kwaai druk verkeer om die wedloop te laat vaar sodat Mazibuko onbestrede verkies kan word, maar het geweier om dit te doen.

Partyleier Helen Zille ondersteun Mazibuko, sê talle bronne in die DA, maar wil nie in die openbaar toetree om haar gunsteling te voor te stoot nie.

Mazibuko word in die openbaar deur die voorsitter van die DA-koukus James Masango, adjunk-voorsitter Marti Wenger en Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille ondersteun.

“Ek hoop dat enige LP’s wat onder druk voel, sal onthou dat hulle stem geheim is en hul salaris deur die belastingbetaler betaal word, en nie deur die party nie,” het Smuts gesê.

Smuts is geïsoleer want jong wit DA-LP’s, soos Geordin Hill-Lewis, David Maynier en Tim Harris, is van die Mazibuko-stal. Hulle het gehelp by die perskonferensie verlede maand, waar Mazibuko haar kandidatuur aangekondig het.

Hoewel die verkiesing ‘n interne DA-affêre is wat net die stemme van die 78 DA’s en vyf ID’s behels, het Mazibuko ‘n reklame-agentskap gehuur om persvrystellings oor haar veldtog uit te reik. Trollip daarenteen, het gesê die verkiesing is ‘n interne kwessie.

Maar Mazibuko se ander wit stukrag binne die party, Wilmot James, en ook ‘n Zille-vertroueling, het gesê die Mazibuko-ondersteuners het gevoel dit is “nuttig om kiesers te betrek”.

“Dit is ons openbare verteenwoordigers wat stem, daarom dink ons dit is belangrik om te kommunikeer met ons kiesers al die pad,” het James gesê.

Данильченко Харьков

Onderwysers dop laerskoolwiskunde

Baie Suid-Afrikaanse onderwysers kan nie wiskundevrae gebaseer op die kurrikulum een ​​of twee jaar bo die graad wat hulle gee, beantwoord nie.

Slegs 53% van graad 4 se wiskunde-onderwysers kon drie jaar gelede ‘n eenvoudige breukvraag wat gebaseer is op die graad 6-kurrikulum, korrek beantwoord, het ‘n studie bevind.

Slegs 72% van graad 5 se wiskunde-onderwysers het dieselfde vraag, naamlik  1/4 + 3/5, reg gehad in 2009.

Die studie is gedoen deur die JET Education Services in 268 skole in agt provinsies, met Gauteng uitgesluit. Navorsers het 8 383 kinders oor ‘n tydperk van drie jaar vanaf graad 3 in 2007 tot graad 5 in 2009 gevolg.

JET se senior navorser dr Nick Taylor het gesê die gebrekkige vakkennis van onderwysers “moet ‘n diepgaande uitwerking op kinders hê”.

“Onderwysers kan nie oordra wat hulle nie ken nie nie,” het hy gesê.

Die impak van hul gebrekkige kennis word vererger omdat baie leerders nie behoorlike toegang tot handboeke het nie en “byna geheel en al afhanklik van hulle onderwysers vir kennis is”, het Taylor gesê.

Die studie maak deel uit van die 3Rs-projek waartydens verskeie organisasies, waaronder die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, gesyferdheid en geletterdheid in skole nagevors het.

Die studie het ook bevind dat die “oorweldigende meerderheid” van wiskunde-onderwysers uitdagende onderwerpe vermy. Gemiddeld slegs 24% van die onderwerpe in die wiskunde-kurrikulum is in Graad 4 en 5 gedek. Onderwysers dek die “eenvoudigste van onderwerpe” en die meeste gee klas in ‘n “meganiese [en] prosedurestyl”.

“Hierdie praktyk het rampspoedige gevolge op die wiskundige kennis waaraan leerders blootgestel word.”

Navorsers het bevind dat uitgebreide stelwerkoefeninge “baie selde in Suid-Afrikaanse klaskamers” voorkom, wat “een van die grootste tekortkominge van skole is”.

Graad 5’e in die Oos-Kaap het slegs twee keer per jaar paragrawe of langer skryfoefeninge geskryf, terwyl die Wes-Kaapse leerlinge dit byna agt keer ‘n jaar gedoen het.

Indien leerlinge nie genoeg behoorlike skryfoefeninge doen nie, sal hulle sukkel om inligting later te ontleed en te interpreteer, het Taylor gewaarsku.

Van Graad 4 se leerlinge het 44% en 32% van die graad 5-klasse nie enige paragrawe in ‘n jaar geskryf nie, wat “ontstellend” is.

прокурор харьковской области

Asielsoeker byt vas

Brandon Huntley (32), die Suid-Afrikaner wie se vlugtelingstatus in Kanada in die gedrang is, het dié week gesê dat hy sy saak tot in die hoogste hof in Kanada sal voer.

Huntley het in 2009 ‘n opskudding veroorsaak toe asiel in Kanada aan hom toegestaan is nadat hy aangevoer het swart misdadigers teiken hom weens sy velkleur.

Drie regters in die federale appèlhof in Kanada het Woensdag Huntley se appèl teen dié hof se besluit van verlede jaar om sy vlugtelingstatus terug te trek, verwerp.

Huntley sal hom vervolgens tot die hooggeregshof in Kanada wend, het die Sunday Times berig.

Volgens sy regsverteenwoordigers sal dié aansoek die finale besluit of hy in Kanada kan bly of nie met sowat vier jaar uitstel. Hy is in 2004 uit Suid-Afrika weg.

Данильченко Юрий Брониславович компромат