Prof Rachel Jewkes het ‘n omvattende studie namens die Mediese Navorsingsraad (MNR) onderneem om Suid-Afrika se verkragtingsprobleem te ondersoek.
By die forum van die seksuelegeweld-navorsingsinisiatief in Kaapstad het Jewkes gesê daar is geen bewyse dat geweld teen vroue aan die afneem is nie. “Van April verlede jaar tot Maart vanjaar is 56 272 verkragtings aangemeld,” het sy gesê. Dit is waarskynlik nie die werklike syfer nie, omdat verkragting dikwels nie aangemeld word nie.
Die studie het ook bevind dat byna die helfte hulle eggenotes slaan.
Sy het gesê ook die helfte van die mans het geen berou oor hul dade nie en moes geen nagevolge trotseer nie. Verkragters, sê Jewkes, oortree nie net een keer nie, maar meermale.
Suid-Afrika se reuse-verkragtingsprobleem is deur dié studie beaam. Onder die skokkende bevindings is dat 27% van die 1 700 deelnemers erken het hulle het al ‘n vrou of meisie verkrag.
Hiervan het tot 80% gesê hulle het dit gedoen “omdat hulle seks wanneer hulle dit wil hê, hulle goeie reg is”.
Meer as die helfte van die mans het al aan ‘n groepsverkragting deelgeneem, en het dit beskryf as “pret” en “net ‘n speletjie”.
Een uit elke tien deelnemers aan die studie neem glo deel aan groepsverkragting.
Daar het 1 700 mans van alle rassegroepe deelgeneem aan die studie wat waarskynlik die voorkoms van verkragting onderskat aangesien dit meer onder swartmense voorkom vanweë ‘n kulturele vooroordeel.
Die meeste selferkende verkragters is tussen 20 en 35 jaar oud.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.