Mercedes-orgie by die SAUK

Die SAUK het R20 miljoen aan Mercedesse bestee terwyl die openbare uitsaaier begrotingshulp van die regering ontvang en joernaliste dikwels nie vervoer het om hul verslaggewingspligte na te kom nie.

Die maatskappy wat die 86 Duitse luuksemotors aan die SAUK op bruikhuur verskaf het se naam is Debis Fleet Management. Die kontrak is blykbaar nooit deur die SAUK-raad goedgekeur nie en ‘n lid van die raad “vind dit moeilik om te glo” aangesien die raad dit nooit goedgekeur het of daarvan in kennis gestel is nie.

Die raad gaan glo binne die volgende twee tot drie weke vergader om die SAUK se vervoerprobleem te bespreek. Die anonieme raadslid beweer dat die SAUK weens die algemene vermorsing oor so min geld vir vervoer beskik dat personeel se petrolkaarte gekanselleer is om kostes te besnoei.

By die SAUK-radio moet verslaggewers met 2 voertuie vir 11 junior personeellede klaarkom. Volgens een van hulle word nuusdekking daardeur geraak. Sekere berigte kan bloot telefonies gedoen word en soms moet radio- en televisiespanne motors deel.

Intussen sit die SAUK met ‘n groot klomp “waarnemende” personeel. Volgens nog ‘n anonieme personeellid “is selfs die nuushoof, die radiohoof en dié van menslike hulpbronne waarnemend. Dit is waarom geen besluit oor motors geneem kan word nie.

‘n Tender is in 2009 geadverteer, maar is eers 17 maande later aan die bodbeoordelingskomitee voorgelê. Dit is weer in 2011 geopper, maar later gekanselleer.

Die amptelike woordvoerder van die SAUK, Kaiser Kganyago, sê die SAUK het ‘n ondersoek na die bewerings gelas, maar kon nie kommentaar oor die R20 miljoen lewer totdat hul ondersoek voltooi is nie.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae