“Ons het die mense Woensdag vir openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle het heelwat eiendom beskadig en vier polisiebeamptes is beseer,” het kapt. Bernadine Steyn gesê.
“‘n Polisiesersant is Woensdag deur ‘n voorwerp getref wat deur die betogers gegooi is en het ernstige beserings aan sy oog opgedoen.”
Hy mag dalk die oog verloor, het Steyn gesê.
Sy het gesê drie ander beamptes is ook met klippe en ander voorwerpe bestook. Die inwoners het oproerig geraak oor water- en sanitasieprobleme.
“‘n Munisipale gebou en voertuig is aan die brand gesteek. Ons het van rubberkoeëls gebruik gemaak om die skare te verwilder.”
Slegs ‘n handjievol betogers het Donderdag vreedsaam betoog.
Die 58 lede van die gemeenskap is gewaarsku en vrygelaat. Hulle sal op 9 November in die Thembalethu-landdroshof verskyn.
