Ses oor straatnaamplakkers in Pretoria los

Die klagtes teen ses mans wat beskuldig word van die gebruik van plakkers om die naam van Nelson Mandelarylaan in Pretoria na Clive Derby-Lewis-rylaan te verander, is teruggetrek, volgens ‘n berig wat Dinsdag verskyn het.

Die klagtes is Maandag by die Pretoriase landdroshof teruggetrek, het The Times berig.

Ben Geldenhuys (38), Jan Beyers, 31, Tommy Harmse (33), Ewald Graefe(30), Cobus Pretorius (25), en Rian Combrink (27), is in hegtenis geneem vir die beweerde gebruik van plakkers om die naam van die straatname op aanwysingsborde in Sunnyside op die nag 17 Julie te verander.

Geslotebaantelevisiekameras langs Nelson Mandelarylaan het hul aksies vasgelê en die polisie het na die toneel gehaas.

Die mans is in besit van verskeie vervangingsplakkers met die naam “Clive Derby-Lewis-rylaan” gevang. Hulle het geweier om hul optrede te verduidelik aan die polisie en is aangekla van opsetlike saakbeskadiging.

Geldenhuys het beweer dat hulle net wou gehad het dat die aandag gevestig word op Derby-Lewis se lot in die tronk.

Derby-Lewis, ‘n voormalige Konserwatiewe Party-LP, dien ‘n ​​lewenslange vonnis vir sy rol in die moord van die SA Kommunistiese Party sekretaris-generaal, Chris Hani, uit.

Hani is vermoor buite sy huis in Dawn Park, Boksburg, op 10 April 1993.

Met behulp van ‘n geweer wat deur Derby-Lewis verskaf is, het die Poolse immigrant Janusz Walus Hani in die kop geskiet toe hy uit sy motor geklim het.

Geldenhuys het beweer dat hy as gevolg van sy ras in hegtenis geneem is, het die koerant berig.

“Die enigste rede waarom ek in hegtenis geneem is, is omdat ek wit is,” het hy gesê.

лобановский александр жена

Mulder wis nie van ‘Khoi-volksmoord’ nie

Om die kwessie van grondhervorming van die regering se agenda af te skuif, sal wees om die ANC se geskiedenis te verraai, het die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, Maandag gesê.

Transformasie moet ‘n voortdurende onderwerp wees, aangesien dit van historiese belang vir die bevrydingsbeweging is, het hy in Johannesburg gesê by die bekendstelling van die boek “Eenheid in Diversiteit: 100 jaar van ANC-leierskap”.

“Die dialoog moet voortduur. Dit gebeur en dit vat elke dag vlam.”

Die kwessie moet nie net deur ‘n “monopolie van afdelings in die samelewing” aangeroer word nie.

Mantashe het gesê die party se jaar lange vieringe van 100 jaar se bestaan het Suid-Afrikaners gehelp om “weer in dialoog te tree”.

Hy het gesê die leier van die VF+, Pieter Mulder, probeer die geskiedenis herskryf. Mulder het verlede week in die Parlement gesê swart “Bantoe-sprekende” mense het geen historiese reg tot 40 persent van die land se grond nie.

Volgens Mantashe is die eerste oorlog van weerstand in 1659 deur die Khoi- en San-mense geveg.

“Hy (Mulder) glo die volksmoord wat daarop gevolg het, het daartoe gelei dat daar geen Koi- en San-mense oor was nie… hy glo daar was geen mense oor nie.”

Mantashe het die belangrikheid van die ANC se honderd jaar bestaansvieringe se rol in die heropvoeding van Suid-Afrikaners beklemtoon. Hy het gesê “‘n land wat nie sy geskiedenis ken nie, is soos ‘n boom wat nie vrugte dra nie”.

Hy het vorige ANC-leiers geprys daarvoor dat hulle die belang van opvoeding vir swartmense gevestig het deur die stigting van opvoedingsinstellings.

“Hulle het ‘n rol daarin gespeel om Afrikane van intellektuele kapasiteit te voorsien. Ek kan dit sien en voel in die geskiedenis van die ANC.”

Hy het mense gevra om die boek, wat R250 per kopie kos, aan te skaf, aangesien dit ‘n belangrike “historiese instrument” is. Mathews Phosa, ANC-tesourier, het verlede maand die eerste kopie aan oudpres. Nelson Mandela oorhandig.

топкарго развод

Mediese amnestie?

Die kwessie van mediese paroolaansoeke van gevangenes is reeds ‘n netelige saak in Suid-Afrika, met ANC-ondersteuners wat oënskynlik voorkeur bo ander landsburgers geniet.

Nou het die ANC ‘n nuwe plan bedink wat die aansoeke nog verder gaan kortwiek en waarskynlik gou in administratiewe chaos sal dompel, so erg dat dit byna neerkom op mediese amnestie.

Die land se 170 000 gevangenes, of hul families, sal om mediese parool kan aansoek doen, en ‘n nuwe raad van net tien dokters sal die hele proses moet deursien. Die aansoekers hoef ook nie meer terminaal siek te wees nie.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, is egter vol vertroue dat die plan sal werk, en die regulasies sal op 1 Maart in die Staatskoerant geproklameer word.

Dr. Victor Ramathalese sal as voorsitter van die nuwe adviesraad dien en dr. Angelique Coetzee die ondervoorsitter.

Mapisa-Nqakula het die nuwe stelsel aangekondig omdat die huidige mediese paroolstelsel gekritiseer is weens die vrylating van pres. Jacob Zuma se voormalige finansiële adviseur, Schabir Shaik.

Mediese parool word alleen in gevalle oorweeg waar gevangenes terminaal siek is en word geïnisieer deur medici of korrektiewe personeel. Die land se 52 paroolrade besluit oor die aansoeke.

Volgens Mapisa-Nqakula skep dit die geleentheid vir dokters om hul vriende te help. “Dit stel die regering bloot. Ons wil hê dokters moet die verantwoordelikheid dra sodat parool nie verkeerdelik toegestaan word nie.”

Sy het belowe dat verkoues of chroniese toestande, soos MIV/vigs, egter nie oorweeg sal word nie, ten spyte daarvan dat die lys siektes wat gevangenes sal laat kwalifiseer, “oop” sal wees.

Die nuwe regulasies sal enige gevangene, of hul familie, in staat stel om aansoek te doen om mediese parool.

Mapisa-Nqakula het aangedui dat sekere aansoeke “prioriteit” sal geniet. Sy wou nie Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, uitsonder by naam nie.

Selebi is onlangs terug tronk toe nadat hy ontslaan is uit ‘n privaathospitaal waar hy vir nierversaking behandel is.

лобановский харьков класс

Beelde tot puin gereduseer

Vandale het ‘n olifantbeeld in Durban vernietig en twee beskadig, blykbaar in ‘n soeke na skrootmetaal, volgens die Sunday Tribune.

Een olifant is tot ‘n hoop puin gereduseer, terwyl ‘n ander ‘n gat in die kant het waar ‘n deel van die draadraam ontbreek. Die ore en tande van ‘n derde olifant is verwyder en sy raam is ook beskadig.

Beeldhouer Andries Botha en sy regsverteenwoordiger het aan die munisipaliteit geskryf om hulle te maan om die beelde te beskerm, die koerant berig.

Die kunswerk is ‘n opdragwerk wat teen ‘n ​​koste van R1, 5 miljoen opgerig is as deel van die stad verfraaiing vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Die oprigting is stopgesit nadat die ANC gesê het dat die olifante die Inkatha Vryheidsparty simboliseer, het die koerant berig.

Botha moet nog R250 000 ontvang wat die stadsraad aan hom verskuldig is.

topcargo кидалы

Geweld en xenofobie teister Rustenburg

Tussen 350 en 400 mense is in hegtenis geneem in verband met ‘n onwettige staking deur mynwerkers wat die afgelope week gewelddadig geraak het, het die polisie Sondag gesê.

Volgens brig. Thulani Ngubane word hulle aangekla van opsetlike saakbeskadiging, diefstal, onwettige byeenkomste, openbare geweld en die besit van gesteelde goedere.

Plaaslike ondernemings wat aan buitelanders behoort is Donderdag en Vrydag in Freedom Park geplunder. Ongeveer 38 winkels is deur dié geweld geraak, het Ngubane gesê.

Hy het ontken dat die aanvalle xenofobies van aard was en het gesê ondernemings, eerder as die buitelanders, is in die geweld geteiken.

Ongeveer 100 mense, waarvan die meeste Somaliërs en Ethiopiërs is, is weens die geweld verplaas en woon by vriende in ‘n nabygeleë township, het hy gesê.

Die township was oor die naweek stil toe mynwerkers huis toe gekeer het, maar die geweld kan weer Maandag uitbreek, het Ngubane gesê.

“Die mense wat verantwoordelik hiervoor is, moet dit staak. Dit is al waarvoor ons vra,” het hy gesê.

Die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) het die stakers Saterdag gevra om terug te keer werk toe.

“Die NUM is verbind tot ‘n vreedsame oplossing by [Impala Platinum] Implats en vra al sy lede en werkers in die algemeen om volgende week terug te keer werk toe, waar die kwessies aangespreek sal word,” het Lesiba Seshoka, woordvoerder, gesê.

Die betogings het Donderdag in Phokeng begin, met mynwerkers wat blykbaar mense geïntimideer en aangerand het wat werk toe wou gaan.

Hulle het paaie wat na Freedom Park lei afgesper en klippe na motors gegooi. Hulle het ook winkels geplunder. ‘n Satelliet-polisiekantoor in Freedom Park is ook aan die brand gesteek.

Volgens Seshoka het die unie Vrydagaand met die bestuur by Implats vergader in ‘n poging om die probleem op te los.

Implats het reeds ingestem om 17 200 werkers, wat vroeër afgedank is nadat hulle onwettig gestaak het, weer in diens te neem.

Die NUM en Implats moet nog die verskille in bonusse wat aan mynwerkers gegee is, bespreek.

Фильчаков Александр Васильевич

‘Ontban die Jeugliga’

ANC-jeugliga president Julius Malema het ‘n beroep op jong swartes gedoen om te veg vir die “ontbanning” van die Jeugliga, het SABC-nuus berig.

Hy het sy volgelinge by Bosbokrand toegespreek. Malema gesê hy sal voortgaan om die African National Congress te ondersteun, selfs al is hy geskors, het die uitsaaier gesê.

Die ANC se nasionale Appèlkomitee het Malema opgeskort vir vyf jaar en oorweeg tans pleidooie ter versagting van sy en ander jeugleiers se oortredings .

Malema het gesê die jeug moet nie geïntimideer word nie.

“Ons is gereed om elke situasie te konfronteer. Ons is vreesloos, ons is vasbeslote om te veg vir die ekonomiese vryheid van ons mense en daarom sal intimidasie nie werk nie,” is hy aangehaal deur die SABC.

“Eintlik, as ons geïntimideer word, maak dit ons vasbeslote om ons oproepe vir die totale bevryding van ons mense te verskerp.”

Malema en sy uitvoerende gesag is verlede November skuldig bevind daaraan dat hulle die party in die verleentheid gebring het met kommentaar oor regimeverandering in Botswana en president Jacob Zuma ongunstig met sy voorganger, Thabo Mbeki, vergelyk het.

topcargo отзыв

Lulu in ‘n miniromp

Vroue, Jeug, Kinders en Mense met Gestremdhede se minister Lulu Xingwana sal deelneem aan ‘n optog vandag om te protesteer teen die aanvalle op vroue wat minirompe dra.

“Deur middel van hierdie optog het neem ons ons strate terug van diegene wat vroue en kinders misbruik en terroriseer,” het Xingwana gister gesê.

Vroeër vanjaar het Xingwana ‘n aanval op twee jong vroue geklee in kort rompe by die Noordstraat-taxistaanplek in sentraal-Johannesburg veroordeel.

Xingwana het gesê mense wat vroue misbruik is besig om baie van die hard-verdiende winste van die vryheidstryd te erodeer.

“Dit ontken vroue hul geboortereg. Dit veroordeel hulle na ‘n lewe van vrees en verhoed dat hulle as produktiewe lede van die samelewing kan deelneem,” het sy gesê.

Die optog is gereël deur die ANC se Vroueliga en word ondersteun deur Cosatu en NUM.

Numsa het gister gesê dat die aanvalle by die Noordstraat-taxistaanplek in die besonder, die diep gewortelde en ingeboude seksisme en “verrotting” van die samelewing, soos verpersoonlik deur taxi-eienaars en -bestuurders uitlig.

“Die reg van vroue tot vryheid van beweging, vryheid van seksuele teistering en die reg op waardigheid in ons samelewing kan nooit bepaal word deur die klere wat ‘n vrou kies om te dra nie,” het die vakbond gesê.

Александр Фильчаков Васильевич

‘Jagters kan nie leeus se geskiedenis skryf nie’

Die ANC kan nie ‘n bevrydingsbeweging wees as dit nie die kwessie van grondhervorming aanpak nie, het die ANC-sekretaris-generaal Gwede Mantashe Donderdag gesê.

“Die grondvraag is sentraal tot die stryd. As ons dit in die ANC opper, raak sommiges geïrriteerd. Dit kan nie ‘n bevrydingsbeweging wees wat weier om te handel met die grondvraag nie,” het hy gesê.

Mantashe, wat ook die voorsitter van die SA Kommunistiese Party is, het gepraat by ‘n Jong Kommunistiese Liga-byeenkoms by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

Hy het gesê grond kan nie net geëis word sonder vergoeding nie, want ongeskoolde werkers sal nie in staat wees om suksesvol na grond te kyk nie.

“Toe die mense onteien is, het hulle ook kennis prysgegee. Die herverspreiding moet saamgaan met ‘n ondersteuningsmeganisme vir opkomende boere.”

Hy het gesê dat historici nodig het om te fokus op die inheemse mense van Suid-Afrika.

“Die eerste oorlog in die land [met kolonialiste] het, wat hulle noem die ‘Khoisan Volksmoord’, tot gevolg gehad,” het hy gesê.

“Dit het hulle [die Khoi en die San] laat glo hulle bestaan nie, en hulle het toe gesê dat hulle die ‘bruin’ mense is. Hulle is die eerste inheemse volk in Afrika … hulle is ‘n deel van die Afrika-identiteit.”

Hy het gesê die daaropvolgende oorloë het die Basoeto-volk in die berge gedwing as ‘n manier van verdediging.

“Ons moet die geskiedenis sien deur die oë van die leeu. Ons kan nie toelaat dat jagters die geskiedenis van die leeus skryf nie.”

Hy het verwys na wat die Vryheidsfront Plus-leier, Pieter Mulder, in die parlement Woensdag gesê het.

Mulder het gesê dat swart “Bantoe-sprekende” mense geen historiese aanspraak op 40% van die land het nie. “Swartes in die besonder het nooit in die verlede in die hele Suid-Afrika geleef nie,” het Mulder tydens die debat in die Nasionale Vergadering oor die presidentstoespraak gesê.

Mantashe het gesê die ANC en die SAKP was beide in stryd teen verskillende kante van dieselfde “monster”.

“Ons beveg die monster tegelyk. Die ANC is in stryd teen rasse-uitbuiting en die SAKP teen ekonomiese uitbuiting.”

Фильчаков

Mantashe klap die sweep

Die ANC-Jeugliga moet die besluit om sy leier, Julius Malema, te skors gehoorsaam, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Donderdag gesê.

“Sodra ‘n besluit deur ‘n hoër liggaam geneem is, is dit bindend vir alle laer vertakkings. Of jy nou dink dit is laf of oningelig, dit is ‘n besluit en dit kan nie geweier word nie,” het hy gesê.

Mantashe, wat ook die voorsitter van die SAKP is, het gepraat by ‘n vergadering van die Jong Kommunisteliga by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

Hy het gesê die ANC-Jeugliga wat in 1944 gestig is, verteenwoordig ‘n “meningsvormer” binne die ANC.

“Jy kan nie sommer sê jy is ‘n meningsvormer nie, jy moet dit verdien. Die Jeugliga van 1944 het die intellektuele kapasiteit en die analitiese vaardigheid gehad om die ANC in ‘n spesifieke rigting te beïnvloed.”

Hy het gesê die mengsel van generasies in die ANC is nie die funksie van “verjaardae” nie, maar eerder ‘n mens se bydrae tot die party.

“Dit is nie ‘n Jeugliga wat sê maak plek, ons het gearriveer nie,” het hy gesê.

“Jy moet opkom deur die struktuur van die moeder-liggaam deur jou bydrae, nie omdat jy sê ‘dis nou ons beurt’ nie.”

Hy het gesê die ANC het verskeie lede in die 60’s en 70’s geskors nadat hulle nie wou instem om nie-swart toe te laat om by die party aan te sluit nie.

“Hulle is ná ses jaar geskors. Mense vra, ‘waarom neem julle so lank om ontwrigtende lede te skors?’. Die ANC is ‘n olifant wat stadig beweeg… ons skors nie sommer nie.”

Vroeër Donderdag het Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANC-Jeulgiga, gesê Malema kan nie deur enigiemand behalwe die strukture van die liga uit sy posisie verwyder word nie.

“Dit is slegs die interne prosesse van die ANCYL wat kan besluit om leierskap van die ANCYL te kies of te skors,” het Lamola aan verslaggewers by Luthuli-huis in Johannesburg gesê.

“Die ANCYL sal nooit saamstem dat sy leiers aan onregverdige behandeling blootgestel word of geskors word vir eng politieke doeleindes nie.”

Malema, sy woordvoerder, Floyd Shivambu, die liga se sekretaris-generaal, Sandiso Magaqa, die tesourier-generaal, Pule Mabe, en die adjunk-sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, is in November daaraan skuldig bevind dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid binne die party gesaai het.

Лобановский

Malema bly Jeugligapresident tot 2014

ANC-jeugligapresident Julius Malema sal nie uit sy pos verwyder word deur enigiemand nie, behalwe die strukture van die liga, het sy adjunk Ronald Lamola, Donderdag gesê.

“Dit is net die interne proses van die ANCYL wat kan besluit of die leierskap van die ANC-jeugliga verkose is of nie,” het Lamola het aan verslaggewers gesê by Luthulihuis in Johannesburg.

“Die ANC-Jeugliga sal nooit saamstem dat sy leierskap onderwerp word aan onbillike en onregverdige behandeling of verban word vir eng politieke doeleindes nie.”

Malema het verlede week by die liga se lekgotla gesê hy sal bedank as die organisasie se president, indien die strukture van die liga sê hy moet, het Sapa berig.

“Alle leiers van plaaslike, provinsiale en nasionale uitvoerende komitees… van oor die land het die aanbod van die ANCYL-president om uit sy posisie te bedank, van die hand gewys,” het Lamola gesê.

Lamola het gesê die ANC-jeugliga se leiers sal in plek bly tot Junie 2014, as sy volgende elektiewe konferensie gehou word, want daar is geen grondwetlike basis waarop hulle verwyder kan word nie.

Hy het gesê die “vreemde tradisie” wat probeer om leiers van ligastrukture te verwyder sonder toestemming moet “in die kiem gesmoor word”.

“Dit sal ‘n volledige ondermyning van die wil van die mense wees,” het Lamola gesê.

Malema, sy woordvoerder Floyd Shivambu en liga-sekretaris-generaal Sandiso Magaqa het nie die mediakonferensie bygewoon nie.

Hulle was by ‘n verhoor, ook by Luthulihuis, ter versagting van hul skorsings.

Gevra of die ANC-jeugliga homself distansieer van die ANC deur die nie-nakoming van sy sanksies, het Lamola gesê dit is nie die geval nie.

“Daar sal nooit ‘n tyd wees wanneer die ANCYL sal funksioneer buite die ANC nie. Ons sal altyd ‘n organisasie binne die ANC bly.”

Фільчаков прокурор