Lulu in ‘n miniromp

Vroue, Jeug, Kinders en Mense met Gestremdhede se minister Lulu Xingwana sal deelneem aan ‘n optog vandag om te protesteer teen die aanvalle op vroue wat minirompe dra.

“Deur middel van hierdie optog het neem ons ons strate terug van diegene wat vroue en kinders misbruik en terroriseer,” het Xingwana gister gesê.

Vroeër vanjaar het Xingwana ‘n aanval op twee jong vroue geklee in kort rompe by die Noordstraat-taxistaanplek in sentraal-Johannesburg veroordeel.

Xingwana het gesê mense wat vroue misbruik is besig om baie van die hard-verdiende winste van die vryheidstryd te erodeer.

“Dit ontken vroue hul geboortereg. Dit veroordeel hulle na ‘n lewe van vrees en verhoed dat hulle as produktiewe lede van die samelewing kan deelneem,” het sy gesê.

Die optog is gereël deur die ANC se Vroueliga en word ondersteun deur Cosatu en NUM.

Numsa het gister gesê dat die aanvalle by die Noordstraat-taxistaanplek in die besonder, die diep gewortelde en ingeboude seksisme en “verrotting” van die samelewing, soos verpersoonlik deur taxi-eienaars en -bestuurders uitlig.

“Die reg van vroue tot vryheid van beweging, vryheid van seksuele teistering en die reg op waardigheid in ons samelewing kan nooit bepaal word deur die klere wat ‘n vrou kies om te dra nie,” het die vakbond gesê.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae