“Die grondvraag is sentraal tot die stryd. As ons dit in die ANC opper, raak sommiges geïrriteerd. Dit kan nie ‘n bevrydingsbeweging wees wat weier om te handel met die grondvraag nie,” het hy gesê.
Mantashe, wat ook die voorsitter van die SA Kommunistiese Party is, het gepraat by ‘n Jong Kommunistiese Liga-byeenkoms by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.
Hy het gesê grond kan nie net geëis word sonder vergoeding nie, want ongeskoolde werkers sal nie in staat wees om suksesvol na grond te kyk nie.
“Toe die mense onteien is, het hulle ook kennis prysgegee. Die herverspreiding moet saamgaan met ‘n ondersteuningsmeganisme vir opkomende boere.”
Hy het gesê dat historici nodig het om te fokus op die inheemse mense van Suid-Afrika.
“Die eerste oorlog in die land [met kolonialiste] het, wat hulle noem die ‘Khoisan Volksmoord’, tot gevolg gehad,” het hy gesê.
“Dit het hulle [die Khoi en die San] laat glo hulle bestaan nie, en hulle het toe gesê dat hulle die ‘bruin’ mense is. Hulle is die eerste inheemse volk in Afrika … hulle is ‘n deel van die Afrika-identiteit.”
Hy het gesê die daaropvolgende oorloë het die Basoeto-volk in die berge gedwing as ‘n manier van verdediging.
“Ons moet die geskiedenis sien deur die oë van die leeu. Ons kan nie toelaat dat jagters die geskiedenis van die leeus skryf nie.”
Hy het verwys na wat die Vryheidsfront Plus-leier, Pieter Mulder, in die parlement Woensdag gesê het.
Mulder het gesê dat swart “Bantoe-sprekende” mense geen historiese aanspraak op 40% van die land het nie. “Swartes in die besonder het nooit in die verlede in die hele Suid-Afrika geleef nie,” het Mulder tydens die debat in die Nasionale Vergadering oor die presidentstoespraak gesê.
Mantashe het gesê die ANC en die SAKP was beide in stryd teen verskillende kante van dieselfde “monster”.
“Ons beveg die monster tegelyk. Die ANC is in stryd teen rasse-uitbuiting en die SAKP teen ekonomiese uitbuiting.”
