Een olifant is tot ‘n hoop puin gereduseer, terwyl ‘n ander ‘n gat in die kant het waar ‘n deel van die draadraam ontbreek. Die ore en tande van ‘n derde olifant is verwyder en sy raam is ook beskadig.
Beeldhouer Andries Botha en sy regsverteenwoordiger het aan die munisipaliteit geskryf om hulle te maan om die beelde te beskerm, die koerant berig.
Die kunswerk is ‘n opdragwerk wat teen ‘n koste van R1, 5 miljoen opgerig is as deel van die stad verfraaiing vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Die oprigting is stopgesit nadat die ANC gesê het dat die olifante die Inkatha Vryheidsparty simboliseer, het die koerant berig.
Botha moet nog R250 000 ontvang wat die stadsraad aan hom verskuldig is.
