DA ondersteun oproermakers in Kaya Sands

Die oproer in Kya Sands wat gelei het tot die versperring van paaie Maandag is nie ‘n politieke daad nie, het die DA-wyksraadslid gesê.

Die Demokratiese Alliansie beheer die wyk nadat hulle dit in die onlangse verkiesing ingepalm het.

“Of die protes nou wettig of onwettig is, hulle kommer is legitiem, hulle optrede is geldig, maak geen fout nie,” het die DA-raadslid Matome Mafokwane gesê.

Hy het nie kommentaar gelewer op gerugte dat die protes deur anti-wit sentimente aangevuur word nie. Verlede week het ‘n wit joernalis, Greg Nicolson, en ‘n wit motoris vir hule lewens gevlug tydens die oproer naby Heidelberg.

“Ek wil nie glo dat dit politiek is nie, ek wil politiek hier uithaal,” het Mafokwane gesê op die toneel in Malibongwerylaan, in die noorde van Johannesburg.

Intussen is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Dinsdagaand by Kya Sands, noord van Johannesburg, ontplooi.

Agt gepantserde voertuie is langs die hoofpad wat lei na Kya Sands opgemerk, terwyl soldate na Uitbreiding 3 ontplooi is.

Woensdag het inwoners ‘n optog in die gebied gelei, en het ingestem om hul protes op te skort totdat ‘n vergadering gehou word Maandagaand tussen raadslede en inwoners.

Mafokwane het gesê hy is nie seker wat tot die hernude betogings gelei het nie.

“Dit is duidelik dat iets moes gebeur het,” het hy gesê.

Die moontlike verskuiwing van die inwoners van ‘n plakkerskamp of “mini-nedersetting” by die Inadan tot die groter Kya Sand-lokasie was die aanvanklike rede vir die protes.

Die griewe het blykbaar geëskaleer in eise vir behuising en basiese dienste.

“Dit het begin met ‘n grief, nou word dit bo-op ander gestapel,” het Mafokwane gesê.

Lt-kol Lungelo Dlamini het gesê die betogers blokkeer Malibongwerylaan sedert 5 uur vanmore.

Geen beserings is nog aangemeld nie en die skare is glo vreedsaam. Die polisie het die situasie gemonitor en die paaie is afgesper.

Dlamini het gesê die betogers sal na verwagting verdaag nadat ‘n behuisingsamptenaar hulle toegespreek het. Dit is nie duidelik wanneer dit sal wees nie, of wie die amptenaar is nie.

‘n Woordvoerder vir die lokasiebewoners, Efraim Lifuwas, het gesê werkgewers sal waarskynlik die las van die protes dra omdat werkers nie in staat is om by die werk te kom nie.

Die bedoeling is om die regering te druk om in te gee aan hul eise.

“Huise bou. Dit is wat ons nodig het,” het hy gesê.

Ten opsigte van die verskuiwing van die inwoners, het Mafokwane gesê, is hy as ‘n raadslid, nie seker van die situasie met betrekking tot die hervestiging nie.

“Ek het nodig om hulle antwoorde te gee, maar selfs ek weet nie wat aangaan nie.

“‘n Vergadering was vir vanaand beplan, maar het nou die situasie ons ingehaal, en ons praat oor ‘n groot skare wat dadelik wil antwoorde hê.

“Dit is nie meer oor die verskuiwing nie, dit is nou oor die water, behuising, sanitasie.”

Gautengse regeringsamptenare het intussen op die toneel aangekom en sal die betogers toespreek.

Die Kya Sand-oproer is die jongste in ‘n aantal van brandpunte regoor die land in die afgelope 10 dae, wat die klipgooiery in Heidelberg in Gauteng en Hangberg in die Wes-Kaap insluit.

Afgesien van ‘n protes teen ‘n kerk in Evaton, wat glo gekoppel is aan bewerings van Satanisme, is die ander betogings vir behuising, water, elektrisiteit en onderwysklagtes.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het Heidelberg verlede week besoek. Die ANC het ‘n beroep op mense gedoen om geduldig te wees met die regering se tempo in die verskaffing van dienste en behuising.

Die Kya Sandlokasie is midde-in ‘n ligte nywerheids-en kleinhandelsone.

лобановский харьков класс

OB moet Zuma-lyfwagte ondersoek

Die Vryheidsfront Plus het die Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, versoek om die bevorderings van ses lyfwagte van pres. Zuma in die polisie se BBP-eenheid te ondersoek. Dit het aan die lig gekom dat die huidige waarnemende polisiehoof, lt.-genl. Nhlanhla Mkhwanazi, ses lyfwagte van die president bevorder het wat strydig is met die reëls en riglyne van die Polisie.

Volgens ‘n berig in Rapport het twee BBP-wagte ses range gespring van sersant tot kolonel, twee met vyf range van adjudant-offisier tot kolonel en twee met drie range van kaptein tot kolonel. Die reëls bepaal dat iemand minstens sewe jaar ononderbroke diens in elke rang moet verrig om bevorder te kan word van luitenant tot kaptein en van majoor tot luitenant-kolonel. Range mag nie oorgeslaan word nie en die poste moet geadverteer word.

“Hierdie bevorderings het ernstige implikasies vir die belastingbetaler, aangesien ‘n sersant se salaris R137 000 per jaar is en die van ‘n kolonel R496 000 per jaar. Dit sou beteken dat die belastingbetaler in die geval van die sersante se bevorderings R718 000 (2x 359 000) per jaar meer moet betaal. Die poste is nie geadverteer nie en daar is meer ervare en kundige lede wat wel aan die vereistes voldoen en kon hulle eerder aangestel word. Hierdie kan beskou word as ‘n verskuilde vorm van korrupsie waar die belastingbetaler se geld onreëlmatig aangewend word om staatsamptenare onregverdig te bevoordeel. Juis daarom het ek die Openbare Beskermer gevra om enige moontlike onreëlmatighede en wanpraktyke met die hierdie bevorderings te ondersoek,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

Олександр Васильович Фільчаков

Halssnoermoorde in Kaap wek kommer

“Die halssnoermoorde van beweerde misdadigers in Khayelitsha die afgelope twee weke deur die gemeenskap, laat die gevaarligte flikker en skep anargie.

“As lede van die gemeenskap sê hulle het vertroue in die Polisie en die strafregstelsel verloor en daarom neem hulle nou reg in eie hande, moet dit as ‘n wekroep gesien word en is ‘n klad op die naam van die Polisie. Die minister van Polisie, Nathi Mtethwa, sal dringend moet ingryp,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Luxolo Mpontshane (25), Mabhuti Matinise(20) en Sivuyile Rola (28) was voorverlede week Donderdag in Khayelitsha gedood weens die beweerde diefstal van ‘n plasma-televisie en verlede week is drie vermeende misdadigers met die halssnoer-metode gedood weens die beweerde diefstal van ‘n opwekker by ‘n kerk.

“Die Vryheidsfront Plus sal in die parlement die minister vra watter stappe geneem is om reg en orde te herstel en om weer vertroue by die gemeenskap te wek in Khayelitsha,” het Groenewald gesê.

лобановский политик

Verander Grondwet oor eiendom sê ANC

Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het Sondag ná ‘n vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee gesê die Grondwet moet as ‘n “transformatiewe” dokument beskou word.

“Dis ‘n lewende dokument. Dis belangrik dat ons [oor die bepalings in die Grondwet] praat en weer daarna kyk.”

Mantashe het art. 25, die eiendomsklousule, uitgesonder.

Mantashe voel duidelik die druk van swart verwagtinge soos verwoord deur die Jeugliga en die adjunkpresident, om wit bates te vervreem.

Volgens hom sal die kwessie oor grondbesit “hersien” moet word om herverdeling te versnel. Die aanvaarde wysheid in die ANC asook die Jeugliga is dat wit eienaars swart grond deur die bank “gesteel” het.

Mantashe het gesê die stadige herverdeling van grond moet weer ondersoek word. “As ons dit nie doen nie, sal ons die rewolusie te verraai. Gaan kyk na die struggle-geskiedenis: Grond is die basis vir elke ANC-leier se stryd.”

Die ANC sal egter glo nie ‘n “Zimbabwe-tipe” grondhervormingsbeleid nastreef nie, maar hy het bygevoeg dat “mense sonder grond, ‘n resep vir ‘n rewolusie is”.

Dave Steward het namens die F.W. de Klerk-stigting gewaarsku dat ‘n verandering aan art. 25 verreikende gevolge vir privaateiendomsbesit sal hê.

Фильчаков прокурор отзывы

Motlanthe vra Jeugliga om by rewolusie-plan te bly

Julius Malema en adjunkpresident Kgalema Motlanthe het altwee by ‘n byeenkoms van die Jeugliga opgetree ter viering van die ANC se honderdjarige bestaan in die Nkowankowa-stadion buite Tzaneen.

Motlanthe het gesê rewolusie is met opset en planmatig, nooit lukraak nie.

Hy kon skaars gehoor word bo rumoer van die skare in die stadion.

“Die ANC het nie nut vir ‘n passiewe jeugliga nie. Ons het nodig dat ons jeugliga militant, kreatief en gedetermineerd moet wees. Wanneer die oproep gemaak word, moet die jeug vinnig antwoord,” het hy gesê.

Die jeug moet ruimte gegun word om nuwe idees te genereer.

Die ANC verwag van die ANCJL om jeugdiges te werf en om relevant vir die jeug te bly.

“Dit is die ANC se plig om die ANCJL te lei as daar van die pad af gedwaal word. Ons moet hulle die hele tyd lei. Hulle kan nie van die pad af dwaal en op hul eie aangaan nie,” het Motlanthe gesê.

Die ANCJL is deur die ANC gevorm om die jeug voor te berei om ANC-lede te word, het Fikile Mbalula, minister van sport en voorheen president van die Jeugliga, by die saamtrek gesê.

“Niemand sal die ANCJL vernietig nie,” het hy gesê.

“Julle is hier om nuwe idees te skep. Sodra die ANCJL ophou dink, is ons in die moeilikheid. Sodra hulle aan politieke verdwerging begin ly, sal die rewolusie in gevaar wees.”

Malema, het Sondag gesê hy sal hom tot die hof wend as hy uit die party geskors word. Hy is steeds president van die Jeugliga, hangende sy appèl teen ‘n besluit deur die ANC se nasionale tugkomitee (NTK) om hom te skors.

Tot nou toe het hy die idee daarvan om die ANC hof toe te sleep, verwerp.

“Ek het gesê ek sal nie hof toe gaan nie, maar nou het ek besluit om dit wel te doen,” het hy gesê.

“Ek het geen mandaat nodig nie en tree op as ‘n individu wie se regte geskend is.”

Hy het ‘n beroep op die skare gedoen om nie die ANC te verlaat nie en het gesê die ANC is die enigste hoop vir die land se armes.

Hy het die skare herinner dat individue sal kom en gaan, maar dat die ANC sal aanhou.

“Ek sal nooit in die ANC verwelkom word nie. Ek is afgedank in die ANC. Maar ek het geen probleem daarmee nie,” het hy gesê.

Hy is nie spyt oor enigiets wat hy gedoen het nie, het Malema gesê.

“Ek het gedoen waarin ek geglo het en ek het dit op my eie gedoen. Ek is nie deur enigiemand opgesteek om enigiets te doen nie.

“Ek is nie uit die hemel uit gejaag nie, maar uit die ANC deur ‘n faksie wat alleen so kan optree omdat hulle nou die mag het.”

Die ANCJL word deur sy eie leiers geviktimiseer, het hy gesê.

“Hulle probeer enigiemand wat met die liga assosieer straf asof dit ‘n onwettige assosiasie is.”

Hy sal dit nie aanvaar om deur enigiemand geviktimiseer te word nie, het hy gesê.

Dié wat veronderstel is om die ANCJL te ondersteun en te beskerm, is bang om dit te doen.

“Ons is weeskinders wat alleen staan. Ons leiers is bang. Hulle verkies hul poste bo om op te staan vir wat reg is,” het hy aan die skare gesê.

“Daar is nie meer ‘n jeugliga van die ANC nie. Hulle het daarin geslaag om ons dood te maak.”

Александр Фильчаков прокурор

Plakkers versper groot Johannesburgse deurgangsroetes

Plakkers by Kya Sands, noord van Johannesburg, het belangrike paaie in die gebied Maandag geblokkeer om teen swak dienslewering te protesteer, het Gautengse polisie gesê.

Lt-kol Lungelo Dlamini het gesê River Road en Malibongweweg in die gebied is gesluit.

“Die betogers het ook twee vragmotors gestop en hul sleutels weggeneem,” het hy gesê. Dit veroorsaak dat groot vroeë-oggendse verkeersknope in dié area.

Swart plakkerskampe omring die wit woongebiede en deurgangsroetes word maklik afgesper.

Александр Фильчаков прокурор

Malema sê hy sal sterf vir wit minderheid

Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, het Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, gesê nadat hy Vrydagaand die toekenning van Nuusmaker van 2011 in Pretoria ontvang het.

“Jy moet nooit die storie koop dat ons anti-wit is en ons wil blankes in die see dryf nie. Dit is jou huis, jou land en dit behoort aan ons almal,” het hy gesê.

“Ek sal sterf in die verdediging van die wit minderheid – hulle moet dieselfde regte as swartes geniet. Maar wanneer ons sê dat ons moet deel, beteken dit nie ons moet baklei nie – ons beskerm julle eintlik,” het hy gesê.

Malema was vol lof vir die rol wat deur die Openbare Beskermer Thuli Madonsela in die handhawing van demokrasie speel, en sê sy is die “Charlotte Maxeke en Winnie Mandela van hierdie land”.

“Dit maak nie saak of sy sommige van ons ondersoek nie. In die geheime vergaderings as haar integriteit aangeval word, is ons die eerstes om haar te verdedig,” het Malema gesê.

Malema het aan adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, gesê hy gaan binnekort ‘n klag na haar kantoor bring. “Die misbruik van staatsmag – dit lyk asof ons terug is in die jare voor Polokwane waar diegene in magsposisies staatsinstellings misbruik om faksie-politiek te bevorder.”

Hy het verwys na Madonsela as “ons moeder en ‘n vreeslose vrou van ons demokrasie”.

Malema het vroeër ‘n uitnodiging, om die toekenning te aanvaar, van die hand gewys en gesê hy het nie die belangrikheid daarvan verstaan nie.

“Jy kan nie eer ontvang vir die feit dat jy revolusionêr is nie. Daar is geen toekennings in ‘n rewolusie nie, dit maak nie saak wie sê wat nie,” het Malema gesê.

Hy het gesê die besluit om die uitnodiging te aanvaar is geneem nadat hy in kennis gestel is oor die moontlike dood van die jeugliga.

Malema het ‘n dwarsklap na die New Age-koerant gegee oor “die faksiepolitiek van die ANC”.

“Vir seker weet jy daar is sommige onlangse koerante na die Polokwane-konferensie, wat kante kies en hulle is nie skaam nie.

En die New Age maak so … behoort aan ‘n faksie en individue wat hul faksie-agendas bevorder, “het Malema gesê.

“Die ANC Jeugliga is nie anti-media nie, ons sal veg vir die beskerming en die onafhanklikheid van die media sonder vrees of guns,” het hy gesê, onder ‘n koor van applous en gelag van die gehoor.

Hy het daarop aangedring dat hy nooit sy standpunt oor die onteiening van grond sonder vergoeding sal verander nie”, en sê die ANC moet die beginsel aanvaar.

“Ek sal nooit my idees verander nie, dit maak nie saak wie wat sê nie. Die land is geroof, gesteel. ‘n Swart volksmoord is gepleeg teen diegene wat die land besit het … Ek sal nooit saamstem met die beloning van diegene wat ons land gesteel het nie.”

Die beleërde jeugleier was apologeties en het jammer gesê aan diegene wat aanstoot geneem het as hy sy “revolusionêre mandaat” uitgevoer het.

“Ek weet dat daar ‘n warm oomblikke tussen onsself en joernaliste was en alles wat ons oor julle gesê het, dit was niks persoonlik nie … ons almal doen ons werk,” het hy gesê.

“Ek wil sê jammer aan alle Suid-Afrikaners wat ek het te na gekom het, ek het nie dit doelbewus gedoen nie. Ek het aan die BBC-joernalis [John Fisher] om verskoning gevra, en ek wil graag hier weer om verskoning vra.”

 

 

Фільчаков Олександр Васильович

Brandstigting en geweld nadat stamowerheid sloer

Ses mense is in hegtenis geneem nadat hulle Saterdagoggend na bewering ‘n stamsaal en kantore afgebrand het en paaie tydens ‘n betoging in Tlhatlhaganyane, naby Rustenburg versper het, het die Noordwespolisie gesê.

Kaptein Pelonomi Makau het gesê die ses was na bewering deel van ‘n ​​groep mense wat protes teen swak dienslewering en die korrupte amptenare van die stamowerheid gehou het.

Hulle het gesê daar is wanadministrasie by die stamowerheid na die dood van hul hoof, Leema Ntuane. Hulle is ook kwaad vir die stamowerheid nadat hulle nie enige terugvoer van die regering gehad het oor wanneer ‘n nuwe hoof aangestel sal word nie.

Die ses sal Maandag in Mogwase se landdroshof verskyn.

лобановский класс

SA buig voor VSA se imperialisme sê Cosatu

Suid-Afrika moet ophou buig voor die Verenigde State se imperialisme en deelname in afpersende sanksies teen Iranse olie-uitvoere weier, het Cosatu Saterdag gesê.

“Cosatu eis dat die Suid-Afrikaanse regering hierdie gedienstigheid aan Amerikaanse imperialiste staak en die enigste beleid wat in die beste belang van hierdie land en die ontwikkelende wêreld is, nastreef,” sê uniewoordvoerder Patrick Craven.

Craven het gesê die sanksies word kwansuis “geregverdig deur onbewese bewerings deur die VSA en ‘n paar Europese lande dat olie-inkomste gebruik kan word om kernwapens te ontwikkel.”

Iran dring daarop aan dat sy uraanverrykingsproses vir suiwer burgerlike doeleindes gedoen word. Die sanksies het op 28 Junie ingeskop en lande wat nie daaraan voldoen nie, sal hulle toegang tot die Amerikaanse bankstelsel afgesny sien.

Donderdag het die adjunk-minister van buitelandse sake, Ebrahim Ebrahim ‘n gemors van ‘n aankondiging gemaak dat Suid-Afrika se olie-invoere verminder word in ooreenstemming met die VSA se sanksies teen Iran.

Terwyl Suid-Afrika ten minste 25% van sy ru-olie van Iran invoer, het Ebrahim aangekondig dat die invoere gering is. “[Na my wete], vloei geen Iranse olie na ons land nie. As daar is, is dit baie min,” het die Business Day hom aangehaal.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se woordvoerder Clayson Monyela het later bevestig dat SA meer as ‘n kwart van sy ru-olie vanaf Iran invoer.

Craven het gesê Cosatu is bekommerd dat Suid-Afrika se departement van energie in gesprek met die VSA en ander olie verskaffers getree het om “opsies te ondersoek” oor Iranse ru-olie-invoere en hoe om te reageer op die sanksies sodat invoere na die land nie ontwrig word nie.

Hierdie week het die Openbare Beskermer Thuli Madonsela aangekondig dat sy bewerings dat Kgalema Motlanthe se lewensmaat deel was van ‘n poging om ‘n omkoopbedrag te aanvaar namens Suid-Afrika om die VN se wapensanksies teen Iran te omseil, sal ondersoek.

лобановский класс

Zille histeries oor ‘misdaad van Bantoe-onderwys’

Die DA-leier Helen Zille het president Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy “Bantoe-onderwys” steun deur “politiese gedienstigheid” aan die vakbond Sadou, ‘n filiaal van die ANC-bondgenoot Cosatu.

Haar “beswaar” oor Bantoe-onderwys was weer ‘n bedekte aanval op haar mees getroue ondersteuners, naamlik oningeligte Afrikaners.

Zille het nie verduidelik hoe Bantoe-onderwys en stakings verband hou nie. Onder Afrikanerbewind was daar geen onderwysstakings nie. Die Black Sash, waarvan Zille deel was, het egter die ontwrigting waarmee swart onderwys steeds worstel in die tagtigerjare sterk aangemoedig.

Zille het haar oordrewe kommentaar op Menseregtedag gelewer in Port Elizabeth ter bevordering van “gelykheid”. Die DA probeer naarstiglik swart stemme werf met oproepe om gelykheid.

Zille het gesê: “Die optrede van Sadou oor die afgelope twee jaar is niks kort van ‘n nasionale skande nie. Dit verdien afkeuring van elke leier van elke party. Om te sien dat president Zuma so onverskillig dank aan Sadou betuig in sy landstoespraak, was politieke opportunisme in sy ergste vorm.

“Die president het die potensiaal en toekomstige vooruitsigte van elke Suid-Afrikaanse leerder vir ‘n paar ekstra stemme in Mangaung uitverkoop.

“En hy het daardeur gehelp om die misdaad van ongelyke Bantoe-onderwys in stand te hou.”

‘n Regeringswoordvoerder het Zille daarop gewys dat Zuma nie melding gemaak het van Sadou in sy 2012-landstoespraak nie.

Die president het alle vakbonde geprys wat sorg dat leerkragte in die klas is, betyds opdaag en hulle werk doen, het hy gesê.

лобановский александр досье