praag.co.za

DA ondersteun oproermakers in Kaya Sands

Written by

in

Die oproer in Kya Sands wat gelei het tot die versperring van paaie Maandag is nie ‘n politieke daad nie, het die DA-wyksraadslid gesê.

Die Demokratiese Alliansie beheer die wyk nadat hulle dit in die onlangse verkiesing ingepalm het.

“Of die protes nou wettig of onwettig is, hulle kommer is legitiem, hulle optrede is geldig, maak geen fout nie,” het die DA-raadslid Matome Mafokwane gesê.

Hy het nie kommentaar gelewer op gerugte dat die protes deur anti-wit sentimente aangevuur word nie. Verlede week het ‘n wit joernalis, Greg Nicolson, en ‘n wit motoris vir hule lewens gevlug tydens die oproer naby Heidelberg.

“Ek wil nie glo dat dit politiek is nie, ek wil politiek hier uithaal,” het Mafokwane gesê op die toneel in Malibongwerylaan, in die noorde van Johannesburg.

Intussen is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Dinsdagaand by Kya Sands, noord van Johannesburg, ontplooi.

Agt gepantserde voertuie is langs die hoofpad wat lei na Kya Sands opgemerk, terwyl soldate na Uitbreiding 3 ontplooi is.

Woensdag het inwoners ‘n optog in die gebied gelei, en het ingestem om hul protes op te skort totdat ‘n vergadering gehou word Maandagaand tussen raadslede en inwoners.

Mafokwane het gesê hy is nie seker wat tot die hernude betogings gelei het nie.

“Dit is duidelik dat iets moes gebeur het,” het hy gesê.

Die moontlike verskuiwing van die inwoners van ‘n plakkerskamp of “mini-nedersetting” by die Inadan tot die groter Kya Sand-lokasie was die aanvanklike rede vir die protes.

Die griewe het blykbaar geëskaleer in eise vir behuising en basiese dienste.

“Dit het begin met ‘n grief, nou word dit bo-op ander gestapel,” het Mafokwane gesê.

Lt-kol Lungelo Dlamini het gesê die betogers blokkeer Malibongwerylaan sedert 5 uur vanmore.

Geen beserings is nog aangemeld nie en die skare is glo vreedsaam. Die polisie het die situasie gemonitor en die paaie is afgesper.

Dlamini het gesê die betogers sal na verwagting verdaag nadat ‘n behuisingsamptenaar hulle toegespreek het. Dit is nie duidelik wanneer dit sal wees nie, of wie die amptenaar is nie.

‘n Woordvoerder vir die lokasiebewoners, Efraim Lifuwas, het gesê werkgewers sal waarskynlik die las van die protes dra omdat werkers nie in staat is om by die werk te kom nie.

Die bedoeling is om die regering te druk om in te gee aan hul eise.

“Huise bou. Dit is wat ons nodig het,” het hy gesê.

Ten opsigte van die verskuiwing van die inwoners, het Mafokwane gesê, is hy as ‘n raadslid, nie seker van die situasie met betrekking tot die hervestiging nie.

“Ek het nodig om hulle antwoorde te gee, maar selfs ek weet nie wat aangaan nie.

“‘n Vergadering was vir vanaand beplan, maar het nou die situasie ons ingehaal, en ons praat oor ‘n groot skare wat dadelik wil antwoorde hê.

“Dit is nie meer oor die verskuiwing nie, dit is nou oor die water, behuising, sanitasie.”

Gautengse regeringsamptenare het intussen op die toneel aangekom en sal die betogers toespreek.

Die Kya Sand-oproer is die jongste in ‘n aantal van brandpunte regoor die land in die afgelope 10 dae, wat die klipgooiery in Heidelberg in Gauteng en Hangberg in die Wes-Kaap insluit.

Afgesien van ‘n protes teen ‘n kerk in Evaton, wat glo gekoppel is aan bewerings van Satanisme, is die ander betogings vir behuising, water, elektrisiteit en onderwysklagtes.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het Heidelberg verlede week besoek. Die ANC het ‘n beroep op mense gedoen om geduldig te wees met die regering se tempo in die verskaffing van dienste en behuising.

Die Kya Sandlokasie is midde-in ‘n ligte nywerheids-en kleinhandelsone.

лобановский харьков класс

Comments

Leave a Reply