praag.co.za

OB moet Zuma-lyfwagte ondersoek

Written by

in

Die Vryheidsfront Plus het die Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, versoek om die bevorderings van ses lyfwagte van pres. Zuma in die polisie se BBP-eenheid te ondersoek. Dit het aan die lig gekom dat die huidige waarnemende polisiehoof, lt.-genl. Nhlanhla Mkhwanazi, ses lyfwagte van die president bevorder het wat strydig is met die reëls en riglyne van die Polisie.

Volgens ‘n berig in Rapport het twee BBP-wagte ses range gespring van sersant tot kolonel, twee met vyf range van adjudant-offisier tot kolonel en twee met drie range van kaptein tot kolonel. Die reëls bepaal dat iemand minstens sewe jaar ononderbroke diens in elke rang moet verrig om bevorder te kan word van luitenant tot kaptein en van majoor tot luitenant-kolonel. Range mag nie oorgeslaan word nie en die poste moet geadverteer word.

“Hierdie bevorderings het ernstige implikasies vir die belastingbetaler, aangesien ‘n sersant se salaris R137 000 per jaar is en die van ‘n kolonel R496 000 per jaar. Dit sou beteken dat die belastingbetaler in die geval van die sersante se bevorderings R718 000 (2x 359 000) per jaar meer moet betaal. Die poste is nie geadverteer nie en daar is meer ervare en kundige lede wat wel aan die vereistes voldoen en kon hulle eerder aangestel word. Hierdie kan beskou word as ‘n verskuilde vorm van korrupsie waar die belastingbetaler se geld onreëlmatig aangewend word om staatsamptenare onregverdig te bevoordeel. Juis daarom het ek die Openbare Beskermer gevra om enige moontlike onreëlmatighede en wanpraktyke met die hierdie bevorderings te ondersoek,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

Олександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply