Plakkers by Kya Sands, noord van Johannesburg, het belangrike paaie in die gebied Maandag geblokkeer om teen swak dienslewering te protesteer, het Gautengse polisie gesê.
Lt-kol Lungelo Dlamini het gesê River Road en Malibongweweg in die gebied is gesluit.
“Die betogers het ook twee vragmotors gestop en hul sleutels weggeneem,” het hy gesê. Dit veroorsaak dat groot vroeë-oggendse verkeersknope in dié area.
Swart plakkerskampe omring die wit woongebiede en deurgangsroetes word maklik afgesper.
