Brandstofmaatskappye moet transformeer, of…

Swart eienaarskap van brandstofmaatskappye in Suid-Afrika is ver onder die teikens wat in 2000 ooreengekom is, sê die minister van energie, Dipuo Peters.

Peters het Donderdag gewaarsku dat maatskappye hulle bedryfslisensies kan verloor as hulle nie gehoor gee aan transformasie nie.

Onder die petroleum-en vloeibare brandstowwe se Handves van 2000, het maatskappye belowe om 25% swart eienaarskap teen 2010 te bereik, om die deelname van swart mense in Afrika se grootste ekonomie ‘n hupstoot te gee.

Maar Peters het gesê dat ‘n oudit bevind het dat die gemiddelde swart aandeelhouding 18,9% in plaas van 25% is. Slegs Total het die ooreenkoms ten volle nagekom.

“In totaal is die bevindinge van die oudit uiters teleurstellend,” het Peters aan joernaliste gesê.

Ander maatskappye wat aktief in die bedryf is sluit in Suid-Afrika se staatsbeheerde PetroSA, Shell, BP, Chevron, petrochemiese groep Sasol en Engen, asook die Maleisiese staatsoliegroep Petronas.

Peters het gesê daar was net 48% wat by die handves hou, wat ook olie-aankope, die ontwikkeling van vaardighede, die deelname van vroue, toegang tot gesamentlike infrastruktuur en kleinhandelnetwerke, onder andere, insluit.

Maar sy het gewaarsku dat maatskappye wat voortgaan om die handves te skend hul lisensies sal verloor of hulle aktiwiteite ingekort sal sien, soos om hulle ru-invoere te beperk.

Suid-Afrika is ‘n netto-invoerder van brandstof en ‘n ontwrigting in petrolvoorsiening is nie uitgesluit nie.

Peters het egter gesê die maatskappye moet nie probeer om te argumenteer oor ‘n moontlike risiko van brandstoftekorte om transformasie te probeer vertraag nie.

“Ons sal nie gyselaar gehou word deur politieke, finansiële of ekonomiese afpersing nie,” het sy gesê.

Adjunk-direkteur-generaal van die departement van energie Tseliso Maqubela het bygevoeg dat ‘n negatiewe impak van sulke strafmaatreëls van korte duur sal wees en alternatiewe verskaffers sal gevind word indien nodig.

Фильчаков прокурор отзывы

Zuma oningelig oor plaasmoorde

“President Zuma is duidelik oningelig oor plaasmoorde as hy sê ras speel geen rol in plaasmoorde nie. Navorsing het reeds in 2003 getoon dat ongeveer 2% van plaasmoorde rasgedrewe is. Daar kan egter nie met sekerheid gesê word wat die huidige presiese persentasie is van plaasmoorde wat rasgedrewe is nie, omdat misdadigers nie maklik erken dat dit rasgedrewe is nie. Gewoonlik word gesê dit is gewone kriminaliteit. Die werklikheid is dat die wreedheid waarmee plaasmoorde plaasvind, getuig dat dit nie net gewone kriminaliteit is nie,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Polisie.

“Die president moet eerstens vir ons sê hoeveel plaasmoorde het sedert 2007 plaasgevind om sy stelling te kan bewys. As in ag geneem word dat die moordsyfer op boere ongeveer 313 per 100 000 van die bevolking is en die moordsyfer tans 32 per 100 000 vir die gewone bevolking is, is dit duidelik dat die boere ‘n spesifieke teiken is. Indien Zuma plaasmoorde wil oplos moet hy aan die versoek van die Vryheidsfront Plus, wat die party sedert 2007aan die regering rig, om misdaadstatistiek oor plaasmoorde beskikbaar te stel en plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad te verklaar, voldoen,” het Groenewald bygevoeg.

прокурор Фильчаков

Burgermeester het nie ‘n saak met dienslewering nie

Die Burgermeester van Madibeng, me Poppy Magongwa, het vanaf 25 April 2012 tot 17 Mei 2012 om die beurt drie duur motors gehuur. Sy het twee 3 liter Jaquar XF V6 Diesels en ‘n 3 liter Audi Q7 TDI Quatro teen n koste van R62 928-13 gehuur terwyl haar motor reg gemaak word nadat dit skade opgedoen het toe dit n slaggat getref het. Daar is ook (vandag) besluit om Madibeng onder administrasie te plaas.

“Dit is vrugtelose uitgawes wat sy moet terug betaal. Baie goedkoper motors is beskikbaar. Die geld sou ook beter aangewend kon gewees het as dit gebruik is om eerder die slaggate reg te maak. Haar motor is beskadig weens swak dienslewering, waarvoor sy self verantwoordelik is en daarom moet dit vir haar eie persoonlike rekening wees. Dat Madibeng weereens onder administrasie geplaas word is verdere bewys van swak bestuur aan die kant van die ANC,” sê me. Elsa Lourens, raadslid vir die Vryheidsfront Plus in Madibeng.

“Lethabile en Jerigo is sonder water en al die paaie in en om Brits is vol slaggate, verder is die Munisipaiteit tegnies bankrot, maar steeds word die Burgermeester se gerief en duur smaak bo dienslewering gestel,” het Lourens gesê.

Фильчаков

Vavi herhaal Zille se kommer oor onderwys

Onderwys en kennis vir arm swart kinders is van swak gehalte. Hulle is steeds vasgevang in ‘n minderwaardige onderwysstelsel met onvoldoende infrastruktuur, het Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi gister gesê.

Hy het Helen Zille en die DA se bekommernisse oor die dalende gehalte van onderwys herhaal.

“Apartheid sal nooit ‘n einde bereik nie en ons mense sal nooit werklike vryheid ervaar nie.”

“Onder kapitalisme weerspieël onderwys die waardes en praktyke van kapitaal, wat gebaseer is op die stratifikasie en opbou van een klas ten koste van die res van die samelewing, en versterk deur herhaling,” het hy gesê by ‘n vaardighede-konferensie in Benoni.

“In die kapitalistiese samelewing, dien onderwys as ‘n instrument om werkers op te lei vir die kapitalistiese klas.”

Hy het gesê die dominante idees in die samelewing is nie neutraal nie.

“Hulle is hoofsaaklik die menings van klasse … Hulle is nie van plan om die gemeenskap te dien nie, maar is bedoel om algemeen aanvaar te word, asof hulle vir die gemeenskap is.”

Hy het gesê die ware oorsprong van hierdie idees verander volgens die belange van die dominante klas in die samelewing.

Hy het gesê die relevansie van ‘n onderwys word dikwels gemeet met betrekking tot ‘n mens se produktiewe kapasiteit “as lede van ‘n leër van werkers in die diens van die kapitalistiese klas”.

Vavi het gesê deure het oopgemaak vir die werkersklas in Suid-Afrika, maar mense is nie in staat om deur te loop nie.

“Die onderwys en opleiding is een van daardie kritiese oop deure.

“Cosatu het baie hard gestamp teen die deure, die deure het oopgegaan en ons het toegelaat dat die buit ingepalm word deur kapitaal en as gevolg daarvan is ons onderwys-stelsel in ‘n krisis.”

Hy het gesê dat die inkomste ongelykheid nog “rassig” is en het verdiep binne rassegroepe.

“Die produksiemiddele bly in die wit kapitalistiese hande gekonsentreer Die krisis in onderwys sal voortduur en die gehalte van onderwys is besig om te daal.”

Александр Фильчаков

Pelgrimsrus gaan transformeer

Sewentien ondernemings in Pelgrimsrus, Mpumalanga is beveel om hul deure teen die einde van die maand te sluit, het ‘n berig Donderdag gelui.

The Times het berig dat die provinsiale departement van openbare werke, paaie en vervoer Vrydag uitsettingsbevele aan die ondernemings uitgereik het en hulle 31 dae gegee het om te sluit.

Die historiese goudmyndorp se argitektuur is sedert die 1800’s onveranderd gelaat en dit is in 1986 tot ‘n nasionale monument verklaar.

Dit is deur die departement van openbare werke bedryf en die ondernemings se wit eienaars het die eiendomme gehuur, het die koerant berig.

Die dorp se ekonomie is afhanklik van toerisme en het werk verskaf aan swart inwoners van die dorp Schoonplaas.

Dumisa Malamule, die departement se woordvoerder, het aan The Times gesê 17 ondernemings het uitsettingsbevele ontvang.

Hy sê die departement het in ‘n advertensie in Oktober verlede jaar die tender vir die huur van die geboue geadverteer, en die sluitingsdatum was in November.

“Die tenderproses is in Junie 2012 gefinaliseer,” het hy gesê.

Die departement het egter die aankondiging oor die toekenning van die tenders vir die huur van die geboue, aanhou uitstel.

Die huurkontrakte van al die ondernemings wat uitsettingsbevele ontvang het, het verval, en dis nie duidelik aan wie die tenders vir die geboue toegeken is nie.

Sherry Goodwin, ‘n beampte vir die Pelgrimsrus-toerismeraad, het gesê sy glo die motivering vir die uitsettingsbevele is om die ekonomie van die dorpie te transformeer, en om die “voorheen benadeelde” gemeenskap meer eienaarskap te gee.

Die Vryheidsfront Plus gaan die Openbare Beskermer versoek om vas te stel of die statutêre vereistes nagekom is in die toeken van tenders aan nuwe winkelhuurders van staatseiendomme in Pelgrimsrus. Volgens mediaberigte is bestaande winkelhuurders deur die departement van openbare werke 30 dae geleentheid gegee om die winkels te ontruim en om plek te maak vir die nuwe tenderwenners.

“Daar is egter klagtes dat die bestaande winkelhuurders geen terugvoering oor hulle eie tenderaansoeke sedert November 2011 gekry het nie. Dit blyk ook dat sommige van die huurders gedreig was deur regeringsamptenare dat hulle van die persele verwyder sal word indien die huurders nie die persele teen die einde van hierdie maand ontruim het nie. Volgens berigte word die winkelhuurders geteiken omdat hulle wit is,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, gesê.

“Die VF Plus neem sterk standpunt in teen intimidasie van minderhede en sal sorg dat die departement van openbare werke verantwoording doen vir hulle optrede. Indien ons eie ondersoek bevind dat die departement rassisties opgetree het, sal ‘n saak ook by die Menseregtekommissie gemaak word,” het Alberts bygevoeg.

Die VF Plus vind hierdie optrede bisar teen die agtergrond van die ANC se poging om sosiale kohesie te bou deur die beraad wat tans in Soweto gehou word. Dit blyk net lippediens te wees en daarom sal die VF Plus ferm optree om minderhede te beskerm.

Александр Фильчаков

Mulder uitgelag vir sy toespraak oor minderhede

President Jacob Zuma is gevra om ‘n kontinentale beraad oor sosiale kohesie na sy toespraak in Kliptown, Soweto, gister te belê.

Die beraad, by Walter Sisulu-plein, wat aangebied is deur die minister van Kuns en Kultuur Paul Mashatile, is bygewoon deur die VF+, DA-leier Helen Zille, Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, godsdienstige organisasies en gemeenskapsorganisasies.

Helen Zille, DA-leier, die pres. Zuma het mekaar se geselskap tydens die beraad Woensdag terdeë geniet. Hulle het neffens mekaar gesit. Ernst Roets van Solidariteit/Afriforum is ook een van die genooides.

Roets het intussen getwiet dat hy Naledi Pandor ondersteun. “Naledi Pandor by die mikrofoon. Sê SAners moet meer in ekonomiese terme dink. Bravo!”

Alhoewel Zille die Basiese Onderwys Departement gekritiseer het vir die versuim om die “verleentheid” in Limpopo oor handboeke op te los, was die DA en ANC dit verder eens oor die mikpunte van die beraad.

Die VF+ het egter die agenda van die beraad as kommerwekkend beskryf in die sin dat dit eintlik maar ‘n geval van “Be reasonable, see it our way ” is.

Dr. Corné Mulder se toespraak het ‘n gesis en ‘n spotlag in die gehoor veroorsaak. Mulder het gesê minderhede word uitgegeskuif.

Solank sommige dink hulle is meerderwaardig op grond van ras, sal daar nié nasionale eenheid en samehorigheid in Suid-Afrika wees nie, het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, in antwoord op Mulder gesê.

“Deur die manier waarop ons praat en optree, is dit duidelik die meeste van die mense wat moet aanvaar hulle is Afrikane … dink nog hulle is meerderwaardig omdat hulle van ‘n sekere ras is.”

Sy het gesê minderhede moet by die meerderheid aansluit en ophou dink hulle verdien “aparte en spesiale” behandeling.

Suid-Soedan se Minister van Jeug, Kultuur en Sport, dr. Cirino Hiteng Ofuho, wat die Soweto-byeenkoms bygewoon het, het gesê Zuma moet so ‘n beraad op die vasteland organiseer.

Hy het gesê Suid-Afrika is nie alleen in die hantering van sake van kohesie nie en dat so ‘n beraad sal tot voordeel van die vasteland.

Zuma het gesê Suid-Afrika nodig het om te belê in skoolsport, opvoeding en moet beleid wat die gaping tussen arm en ryk oorbrug, implementeer.

Hy het gesê tydens die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat Suid-Afrika suksesvol aangebied het, is burgers van alle rasse en agtergronde verenig agter Bafana Bafana en ‘n verenigde front het die toernooi se sukses verseker.

Vavi het gesê ongelykheid was by verre die grootste struikelblok vir nasionale eenheid en maatskaplike samehorigheid.

“Geen hoeveelheid gepraat by berade soos dié sal ons nader aan mekaar bring nie, tensy ons die onderliggende strukturele probleme in ons ekonomie, wat die oorsaak is van ons werkloosheid, armoede, ongelykheid en sosiale verdeeldheid, oplos,” het hy gesê.

 

прокурор Фильчаков

Spiessaak vandag voor

Die saak van ‘n man wat probeer het om die woord “respect” op ‘n muur van die Goodman-galery in Johannesburg te spuit sal Donderdag in die Hillbrow-landdroshof hervat word.

George Moyo se verhoor is in Junie uitgestel.

Sy borgtog is verleng met sy laaste verskyning. Hy is op 23 Mei op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Moyo staan tereg op ‘n aanklag van opsetlike saakbeskadiging.

Hy het die letters “res” op ‘n wit muur van die galery gespuit voor hy aangekeer is.

Moyo is die derde oortreder om in hegtenis geneem te word nadat twee ander mans, Barend la Grange en Louis Mabokela, ‘n dag voor Moyo se inhegtenisname Brett Murray se skildery The Spear met rooi en swart verf besmeer het.

Die omstrede kunswerk wys pres. Jacob Zuma met sy gulp oop en sy penis blootgestel. ‘n Duitse versamelaar het intussen die kunswerk vir R136 000 gekoop.

лобановский александр игоревич класс

Mandela-dag moet vakansie wees: Imatu

Mandela-dag, wat op 18 Julie gevier word, moet ‘n openbare vakansiedag wees, het die Independent Municipal and Allied Trade Union (Imatu) Woensdag gesê.

Johan Koen, die vakbond se algemene sekretaris, sê die vakbond het aan pres. Jacob Zuma geskryf waarin hy sy saak gestel het oor hoekom die dag ‘n jaarlikse openbare vakansiedag moet word.

Suid-Afrikaners word elke jaar herinner aan die 67 jaar van sy lewe wat [voormalige president] Nelson Mandela gegee het om te veg vir die regte vir die mensdom, gelykheid, geregtigheid en demokrasie wat alle Suid-Afrikaners vandag geniet,” het Koen in ‘n verklaring gesê.

Op 18 Julie, Mandela se verjaardag, is die idee dat mense 67 minute deurbring om ander te help.

Koen sê as dit ‘n openbare vakansiedag is, kan mense meer as 67 minute deurbring om betrokke te raak of ander te help.

“Nelson Mandela is nie net ‘n lewende legende nie, maar hy verteenwoordig die kwaliteite van deernis, vasberadenheid en eenheid waarna ons as ‘n nasie moet streef om ‘n beter Suid-Afrika vir almal te skep.”

topcargo отзыв

USAid in Pretoria se stoor in brand verwoes

‘n Brand het gisteraand groot skade aangerig aan ‘n pakkamer van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling, USaid, in Silvertondale oos van Pretoria.

‘n Woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, Brian Denver sê meubels en elektriese toebehore is in die brand vernietig.

Denver sê geen medisyne of ander materiaal wat verband hou met die organisasie se programme in Suid-Afrika, is vernietig nie. Hy sê die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar ‘n forensiese ondersoek begin vandag.

Volgens reddingsdienste het dit die brandweer ongeveer drie ure geneem om die brand te blus. Niemand is beseer nie.

лобановский супермаркет класс

Barclays, buitelandse banke ‘reggestel’ in Zim

Zimbabwe se leiers het banke wat deur buitelandse maatskappye besit word ‘n jaar gegee om 51% van hul aandele aan plaaslike swart eienaars oor te dra ingevolge wetgewing oor ekonomiese bemagtiging, volgens ‘n regeringskennisgewing.

‘n Kennisgewing in die staatskoerant het maatskappye een jaar gegee as ‘n “maksimum periode wat ‘n onderneming sake mag doen voor dit die minimum-kwota vir plaaslike bemagtiging bereik.”

Zimbabwe het in 2007 ‘n wet aanvaar wat maatskappye met buitelandse eienaars dwing om ‘n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart mense oor te dra.

Die jongste kennisgewing is van toepassiong op onder andere banke, hotelle, onderriginstansies en telekommunikasiemaatskappye.

Brittanje se Standard Chartered Bank en Barclays Bank tel onder die banke met belange in dié voormalige Britse kolonie.

Marcus Agius, voorsitter van die Barclays-bankgroep, wat ‘n beherende aandeel in Absa Bank het, het intussen bedank ná dié Britse bankreus verlede week ‘n boete opgelê is omdat hy uitleenkoerse probeer manipuleer het, is Maandag bevestig. Die nuut aangestelde bedryfshoof, Jerry del Missier, het Dinsdag bedank

Agius het gesê verlede week se gebeure was “‘n reuseterugslag vir Barclays se reputasie. As voorsitter is ek die beskermheer van die bank se reputasie. Dus moet ek verantwoording doen, en ek moet die verantwoordelikheid op my neem deur te bedank.”

Hy het glo die stap geneem om die regsondersoek na die uitvoerende hoof Bob Diamond se rol te probeer systap. Diamond het ook Dinsdag bedank.

Barclays het in 2005 ‘n beherende aandeel in Absa Bank bekom. Dit was in daardie stadium die grootste direkte buitelandse belegging in Suid-Afrika.

 

лобановский александр жена