“Dit is vrugtelose uitgawes wat sy moet terug betaal. Baie goedkoper motors is beskikbaar. Die geld sou ook beter aangewend kon gewees het as dit gebruik is om eerder die slaggate reg te maak. Haar motor is beskadig weens swak dienslewering, waarvoor sy self verantwoordelik is en daarom moet dit vir haar eie persoonlike rekening wees. Dat Madibeng weereens onder administrasie geplaas word is verdere bewys van swak bestuur aan die kant van die ANC,” sê me. Elsa Lourens, raadslid vir die Vryheidsfront Plus in Madibeng.
“Lethabile en Jerigo is sonder water en al die paaie in en om Brits is vol slaggate, verder is die Munisipaiteit tegnies bankrot, maar steeds word die Burgermeester se gerief en duur smaak bo dienslewering gestel,” het Lourens gesê.
