Histerie by Marikana-roudiens

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het met chirurgiese handskoene gehelp om roubeklaers wat by ‘n gedenkdiens in Marikana in die Noordwes ineengestort het, te behandel.

Paramedici het hul hande vol gehad toe rouklaers emosioneel geraak het gedurende die diens vir 34 mynwerkers, wat ‘n week gelede in die gebied in ‘n skietery met die polisie dood is.

Meer as 1 000 Wonderkop-inwoners en talle geestelikes het in ‘n markiestent naby die informele nedersetting bymekaargekom.

Die SABC berig die regering het sy gedenkdiens afgestel om die gemeenskap se diens by te woon.

Floyd Shivambu (voormalige woordvoerder vir die ANC se jeugliga), Nathi Mthethwa (minister van polisie), Collins Chabane (minister in die presidensie), Motsoaledi, Richard Baloyi (minister van samewerkende regering), Thandi Modise (premier van die Noordwes) en die burgemeester van Rustenburg, Mpho Khonou, het die diens bygewoon.

Thabo Makgoba, Anglikaanse aartsbiskop, het vir die roubeklaers gesê geweld sal nooit ‘n probleem oplos nie.

“Laat ons nie mekaar dood maak nie… vergewe, moenie wraak neem nie.”

Dis ook hoogtyd dat politici ophou om die tragedie te gebruik vir politieke voordeel, het hy gesê.

Roubeklaers kon tydens Makgoba se spreekbeurt nie teen die emosie veg nie. Sommige het onbedaarlik geskree en gehuil.

Лобановский Харьков

Arbeidsonrus brei na ander myne uit

Vrese dat die arbeidsgeskil by die Lonmin-myn kan uitbrei, blyk nie ongegrond te wees nie. Nog ‘n mynmaatskappy in Rustenburg in die Noordwes ondervind arbeidsprobleme, het die SABC berig.

Volgens die SABC het meer as 1 000 mynwerkers by die Royal Bafokeng-platinum-myn in Rasimone buite Rustenburg ophou werk.

Stakende werkers wat hul lidmaatskap met NUM (National Union of Mineworkers) beëindig het, wil direk met die myn oor hulle lone onderhandel.

Werkers drom glo buite die hoofingang van die skag saam en het sewe lede aangestel om namens hulle te onderhandel.

Na bewering eis hulle ‘n verhoging van R12 000.

Anglo American Platinum, die wêreld se grootste platinum-produsent, het bevestig dat sulke eise van mynwerkers ontvang is.

Олександр Васильович Фільчаков

Zuma sal Lonmin oor lone nader

Pres. Jacob Zuma het Woensdag aan stakende mynwerkers gesê hy sal met Lonmin praat oor hul lone.

“Ek sal aan die werkgewer ‘n nota stuur dat julle vir R12 500 vra. Ek het nog nie met die werknemer vergader nie, so ek weet nie wat sy siening hieroor is nie.”

Zuma het Woensdag besoek afgelê by Nkaneng in Wonderkop om na die stakende mynwerkers se griewe te luister.

Hy het gesê hy het gegaan om by die mynwerkers uit te vind wat op die dag van die skietery gebeur het.

“Ek hoor julle sê julle gaan nie hier weggaan totdat julle die geld kry waarvoor julle vra nie.

“Ek was nie bewus van enige ooreenkoms tussen die regering en die werkgewer dat julle doodgemaak moet word nie, soos julle sê. Dit moet ondersoek word.”

‘n Ondersoekkommissie sal elke aspek van die voorval ondersoek, het hy gesê.

Фільчаков прокурор

Geweld oor… wasmasjiene

Lesings het tot stilstand gekom by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Pietermaritzburg-kampus gister toe studente geprotesteer het teen gebrekkige stowe, die gebrek aan wasmasjiene en die swak toestand van koshuise.

Hulle het gesê dat hulle in koue water bad en dat daar gereelde kragonderbrekings by die koshuise is.

“In kort is dit pateties, ons leef in ‘n klein hel,” het Sakhile Zulu, sekretaris van die ANC-jeugliga op die kampus.

Chaos het geheers toe die betogers begin amok maak het, en nie-protesterende studente uit lesinglokale getrek het.

Die polisie is ontbied.

Teen die middag het die chaos het bedaar en die studente verdaag.

Voor die oorhandiging van ‘n ​​memorandum aan die uitvoerende direkteur van die studentedienste Dr Sibusiso Chalufu, het die studente gevra vir sy bedanking, met verwysing na sy versuim om die behoeftes van studente aan te spreek.

Chalufu het die studente verseker dat die universiteit verbind is tot die aanspreek van hul griewe.

Hy het ‘n beroep vir kalmte en dissipline gedoen, en gesê die kampus is nie bekend vir gewelddadige betogings nie.

Александр Фильчаков

Regsvereniging vra nadoodse ondersoeke

Die nadoodse ondersoeke van die werkers wat tydens die Lonmin-betoging in Marikana geskiet is, sal waardevol wees in pres. Jacob Zuma se ondersoek, het die Regsvereniging van Suid-Afrika Dinsdag gesê.

“Die families van al die oorledenes is geregtig om patoloë en ander kenners van hul keuse te kry om hulle by te staan tydens hierdie traumatiese tyd sodat hul regte onder die grondwet beskerm geniet,” het die vereniging in ‘n verklaring gesê.

“Sulke nadoodse ondersoeke word gedoen volgens die wet op geregtelike doodsondersoeke met die doel om die oorsaak van die dood vas te stel, sowel as faktore wat met die dood verband hou.”

Altesaam 34 mense is Donderdag dood nadat die polisie op stakende mynwerkers losgebrand het.

данильченко юрій броніславович

Waar was Zuma?

Pres. Jacob Zuma moes self met die stakende werkers by Lonmin gepraat het toe hy die myn verlede week besoek het, het die IVP Maandag gesê. 

“Mense het hul lewens hier verloor. Die president moes ten minste met hierdie werkers gepraat het en sy medelye persoonlik oorgedra het,” het Nhlanhla Msimango, woordvoerder van die Inkatha-Vryheidsparty, gesê.

Zuma het Vrydag die Marikana-myn in die Noordwes besoek.

“Ons weet hy het dié in die hospitaal gaan besoek, maar ons dink dit sou baie meer waardeer geword het in die omgewing as hy met die werkers gaan praat het,” het Msimango gesê.

Die polisie het Donderdag 34 mense doodgeskiet en 78 ander beseer terwyl hulle probeer het om ‘n groep betogers op te breek wat op Wonderkop-heuwel saamgekom het.

Inwoners van Marikana sal moordklagtes teen die polisiebeamptes wat die Lonmin-mynwerkers doodgeskiet het, bring, het Floyd Shivambu, voormalige woordvoerder van die ANC-jeugliga, Maandag gesê.

Hy sê die organisasie Vriende van die Jeugliga sal betaal vir die regsverteenwoordiging van die 260 mynwerkers wat van openbare geweld aangekla is.

“Die gemeenskap het vir ons ‘n duidelike mandaat gegee dat hierdie mense wat in hegtenis geneem is swak regsverteenwoordiging het,” het Shivambu gesê.

“Die gemeenskap is ontstoke. Hulle is baie kwaad. Die mense is verskrik deur wat gebeur het.”

Die organisasie, inwoners en oorlewendes van Donderdag se gewelddadige betoging sal die saak by die Marikana-polisiestasie gaan oopmaak.

“Die mense verstaan nie hoe die regering polisie ingestuur het om hulle te gaan doodmaak nie. Jy kan nie iemand doodmaak en dan nie aanspreeklik gehou word daarvoor nie.

“Die mense wat hierdie werkers doodgeskiet het, moet in hegtenis geneem word. Hulle moet in die hof bewys dat die moorde uit selfverdediging was. Dit moenie aanvaar word nie,” het Shivambu gesê.

Sy kommentaar volg nadat die 260 mynwerkers Maandag in groepe van 40 in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn het.

прокурор Фильчаков

Het polisie by Marikana gemoor om Ramaphosa finansieel te help?

PRAAG het nuwe inligting oor die Marikana-massamoord bekom wat dit laat voorkom asof die mynwerkers van die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) met opset deur die polisie vermoor is as deel van ‘n veldtog om van die lastige unie ontslae te raak.

Amcu was besig om die NUM as meerderheidsvakbond by die myn te vervang. Voordat die skietery losgebars het, het die polisie die media aangesê om die gebied te verlaat.

Lauren Clifford-Holmes, die multimediaredaktrise van die Mail & Guardian, is Donderdagnag verhoed om met beseerdes te praat. Sy het egter twee werkers van Lonmin teëgekom wat bevestig het dat die struweling tussen die twee vakbonde vir die probleme verantwoordelik is, aangesien die NUM-verteenwoordigers nie herkies is nie.

Die sakeman en hooggeplaaste ANC-politikus, Cyril Ramaphosa, beskik blykbaar via sy maatskappy Shanduka oor ‘n kontrak om alle arbeid aan die Lonmin-myn op Marikana te verskaf. “Ramaphosa en die NUM bedryf ‘n vorm van slawe-arbeid by die myn,” het ‘n bron op Marikana gesê. “Hy verskaf die arbeid teen ongeveer R12 000 per werker, betaal elke werker R4000 per maand en steek die res in sy sak. As voormalige hoof van NUM, kan hy die vakbondleiers beheer en sorg hy dat die groteske uitbuiting waarmee hy besig is, in stand gehou word.”

NUM se mededinger, AMCU, vereis egter dat die R12 000 wat Shanduka as arbeidsmakelaar luidens die kontrak met die myn ontvang, direk aan die werkers uitbetaal word.  Veral die rotsboorders, wat baie moeilike en gevaarlike werk doen, het gevoel hulle is op hierdie loon geregtig, aangesien dit reeds die tarief is wat Cyril Ramaphosa se maatskappy vir werk by die myn ontvang.

‘n Oudpolisieman met wie PRAAG gesels het, maar wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê dat te oordeel aan die foto’s wat hy gesien het, was die werkers nie besig om die polisie aan te val nie, maar was hulle besig om weg te vlug van ‘n gedeelte waar ‘n tweede polisie-kontingent hulle met traanrook bestook het. “‘n Mens kon sien party het probeer om hul oë en gesigte te bedek. Hulle het gedink hulle vlug na ‘n plek van veiligheid waar die swaar gewapende polisie hulle egter met outomatiese wapens afgemaai het,” meen die oudpolisieman.

Die motief vir die massamoord by Lonmin-myn op Marikana sou die beskerming van Shanduka se winsgewende dienskontrak vir die verskaffing van arbeid aan die myn wees. Shanduka het reeds bekendgemaak dat hy R2 miljoen vir die begrafnis van die 34 werkers skenk.

Die werkers is meesal afkomstig uit Lesotho en landelike gebiede in die Oos-Kaap en sou dus moeilik hul regte en hul lewens kon verdedig teen die ANC-beheerde staat wat nou saamwerk met ‘n Brits-beheerde mynmaatskappy. Tot dusver het die enigste vrae rondom die massamoord van swart politici en aktiviste buite die ANC-dampkring gekom.

‘n Groep bekend as die September National Imbizo het ter plaatse ondersoek gaan instel en met ‘n ooggetuie gesels wat beweer dat die mynwerkers “in ‘n hinderlaag gelok is” deur hulle eers van bo uit helikopters met ‘n “blou middel” te bestook, waarna hulle in die verwarring doodgeskiet is. Vele is tereggestel terwyl hulle tussen rotse en in die bosse probeer wegkruip het. Op die webwerf van September National Imbizo word die ooggetuie as “ons vriend” beskryf:

“…ons vriend toon aan ons hoe verskeie mense geskiet is terwyl hulle tussen die rotse en onder bosse weggekruip het. Ons kon self sien waar die bloedkolle was wat ‘n aanduiding was van die vasberadenheid waarmee werkers uit hul wegkruipplekke uitgehaal en doodgeskiet is. Allerlei soorte kledingstukke en skoene met bloed lê oral op die toneel rond.”

Die webwerf beweer verder:

“Wat duidelik is uit wat daar aan ons gesê is, is dat dit ‘n hinderlaag was. Die videomateriaal in die hoofstroommedia met werkers wat op die polisie afstorm was eerder werkers wat besig was om van koeëls agter hulle weg te hardloop. Waarom sou werkers, wat met knopkieries bewapen was, die gewapende polisie bestorm? Die werkers was heeltemal omsingel en wat ons in die media gesien het, is net die helfte van die verhaal. Daar was duidelik ‘n bedoeling om dood te skiet, vandaar die ontplooiing van die weermag.”

Ander vreemde dinge het gebeur.

Die media is ure lank ná die skietery van die toneel weggehou sodat dit moeilik sou wees om die presiese gebeure te herkonstrueer. ‘n Kontak van The Star is tydens die massamoord doodgeskiet. Ook het die polisie ‘n fotograaf van die Mail & Guardian gedwing om sy foto’s uit te vee. Waarom was die polisie so bang dat bepaalde getuienis oor die gebeure sou uitlek?

‘n Video wat in Nederland verskyn het, toon ‘n Vodafone-ambulans op die toneel. Dieselfde video is later op News24.com vertoon, maar sonder die ambulans, wat toon dat die video geredigeer moes gewees het.

Vooraf het Sapa soos volg oor die leier van die AMCU berig: “Ons is nie veilig nie. Ons telefone word afgeluister, het die AMCU-president Joseph Mathenjwa aan ‘n skare in die Wonderkop-plakkerskamp gesê.

“Ons is demokraties gekoloniseer – werkers werk onder vreeslik haglike omstandighede.”

Ná die massamoord het Mathenjwa ‘n werklik onafhanklike ondersoek geëis, maar die ANC het bloot een van sy eie ministers, Collins Chabane, aangestel om die kommissie van ondersoek te lei. Onder die vorige, sogenaamde “apartheidsregering” is daar altyd regters aangestel.

Waarna Mathenjwa waarskynlik verwys as hy van “demokratiese kolonisering” praat, is dat werkers teen R4000 per maand moet werk terwyl Cyril Ramaphosa drie keer soveel per werker ontvang.

‘n Johannesburgse sakeman met wie PRAAG gesels het en wat ook in die dienstebedryf werksaam is, beaam dat die ANC se kaders feitlik ‘n stelsel van “slawe-arbeid” in die land ingestel het.  Die eertydse offisiere van Umkhonto we Sizwe verskaf tans arbeid aan die myne deur hoofsaaklik buitelanders te werf. Min of geen van die myne neem meer werkers regstreeks in diens nie.

“Alles wat die ANC sê apartheid was, met die stelsel van trekarbeid, geld nou, behalwe dat dit veel erger is,” meen die sakeman. “Die ANC se kaders beheer alles. Hulle het hulle in alle sektore van die ekonomie ingegrawe. Hulle regeer nie, hulle is ‘in besigheid’. Die staat is vir hulle bloot nog ‘n besigheid, met hulpbronne wat hulle kan gebruik om hulself te verryk.”

Of om ‘n mededingende vakbond soos die AMCU te straf en ‘n “voorbeeld van te maak”? In die aanloop tot die verkiesings van 1994 het die ANC halssnoermoorde op sogenaamde “sell-outs” gepleeg. Waar tienmiljoene rand per maand ter sprake is by die verskaffing van werkers aan ‘n myn, kan ‘n mens dus verwag dat ‘n organisasie wat so gewetenloos soos die ANC kan optree, alle middele sal gebruik om mededingers te elimineer.

Tydens die skietery het ‘n joernalis van The Star, Poloko Tau, vanaf die toneel getwiet: “Auto guns creacking [sic] and cocked like 100 at a time, scary … warzone down here, 1st shot fired … journalist running, diving and hiding amid shots, water canon spewing water at the strikers … my contact has just been shot dead …”

Ná die Marikana-massamoord het sommige mense eenvoudig net “verdwyn”. Sapa het soos volg berig:

“Omtrent 100 vroue het by die Ga-Rankuwa-landdroshof buite Pretoria opgedaag waar meer as 250 betogers na verwagting op klagtes van openbare geweld sou verskyn.

‘n Vrou, Nombulelo Jali, 37, het histeries gehuil. Sy sê die polisie weet nie wat van haar man Themba Khalo Jali, 40, geword het nie. Volgens haar is hy Donderdag in hegtenis geneem.

‘Ek het al die pad van Harding in Kwazulu-Natal gekom maar ons kan hom nie kry nie. Ons het in aller yl oral gesoek en ons kan hom nie vind nie. Die polisie het hom weggevat, ‘ sê Jali.”

Julius Malema beweer dat vele van die stakende werkers tans “onwettig in ‘n privaatgevangenis” aangehou word. Sy vriend Floyd Shivambu sê insgelyks dat vele van die werkers in die rug geskiet is, wat sou aandui dat hulle weg van die polisie af gehardloop het toe hulle geskiet is.

Dit kon nog nie vasgestel word nie, aangesien ‘n veiligheidskordon oor die gebied getrek is en joernaliste nie by die hospitaal toegelaat word nie.

Die noue verbintenis tussen die Brits-beheerde mynhuise en die ANC kan etlike dekades heen teruggevoer word. Die eerste kontak tussen die destydse Afrikaner-establishment en die ANC is deur die Britse mynmaatskappy Consolidated Goldfields in Engeland tydens die tagtigerjare gereël. By daardie geleentheid het Thabo Mbeki en Willie Esterhuyse mekaar ontmoet.

Die mynhuise het destyds ‘n vername rol gespeel om die ANC as nuwe regering vir Suid-Afrika voor te stel en het waarskynlik private ooreenkomste met die sogenaamde “bevrydingsbeweging” gesluit.

Gister het die voorsitter van Lonmin, Roger Phillimore, “apartheid” die skuld gegee vir die haglike omstandighede waaronder mynwerkers op Marikana leef, wel wetende dat Shanduka en Lonmin ‘n groot deel van die myn se inkomste vir hulself toeëien.

Julius Malema het Jacob Zuma en Cyril Ramaphosa vir die massamoord verkwalik: “Hulle het toesig gehou oor die massamoord op ons mense… Nie eens die apartheidsregering het soveel mense gedood nie.”

Dit is onduidelik of die optrede van die polisie ooit intern ondersoek sal word, want die uitvoerende direkteur van die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat, mnr. Francois Beukman, het so pas bedank “om ander loopbaanmoontlikhede te ondersoek”. Hy verlaat die diens aan die einde van vandeesmaand. Sy kontrak sou eers aan die einde van Augustus 2014 verstryk het.In elk geval dink die nuwe baas van die polisie, Riah Phiyega, die dood van 34 mense was nie ‘n slagting nie.

Александр Фильчаков прокурор

‘ET het my met MIV besmet’

Chris Mahlangu, die veroordeelde moordenaar van Eugene Terre-Blanche, sê die voormalige AWB-leier het hom MIV-positief gelaat, het Independent Online Maandag berig.

Hy sê die regse leier het hom glo verkrag voor die moord in April 2010.

Dié beskuldgings is Maandag tydens Mahlangu se vonnisoplegging in die hooggeregshof-sitting in Ventersdorp gehoor.

Die kliniese sielkundige, Hein Swanepoel, het aan die hof gesê: “Mahlangu sê hy is MIV-positief en vermoed dat die oorledene hom besmet het.

“Hy beweer hy is drie tot vier keer deur die oorledene besmet en hy het hom nie probeer weerstaan nie, aangesien die oorledene ‘n sterk man was.”

Regter John Horn het die aanklagte van verkragting verwerp toe dit tydens die verhoor genoem is.

Mahlangu het aan die hof gesê hy het op die dag van die moord na Terre’Blanche se huis gegaan nadat hy gesien het sy tas is vermis. Hy het beplan om huis toe te gaan vir die Paasnaweek.

Met sy aankoms by Terre’Blanche se huis het die regse leier hom na die kamer gelei en gesê hy het die tas geneem.

Mahlangu beweer hy is toe in die kamer verkrag. Hy het glo ná die tyd probeer om daar weg te gaan, maar Terre’Blanche het hom glo met ‘n panga gedreig.

Die sielkundige Hein Swanepoel het aan die hof gesê: “Hy het gesê hy (Mahlangu) het toe ‘n ysterpaal op die grond sien lê. Hy het dit gegryp en die oorledene geslaan. Hy het gesê die oorledene het hom voorheen met sy vuiste en met ‘n sambok aangerand.”

Toe Swanepoel vroeër met Mahlangu se vrou gepraat het, het sy gesê haar man is vier keer verkrag terwyl ‘n vuurwapen op hom gerig was.

Фильчаков прокуратура харьков

PRAAG nader Menseregtekommissie oor anti-wit haatspraak op Facebook

PRAAG gaan vandag die SA Menseregtekommissie, asook die Statebond se menseregte-eenheid in Londen, van anti-Afrikaner-haatspraak op Facebook in kennis stel.

‘n Swartman van Zimbabwiese afkoms, Julius Magamas, het op sy Facebook-muur geskryf: “Ek gaan al jul wit mense vrek maak, en die wit gatkruipers wat so by gtkruip by die kaffer boer, as ek met my panga kom kak jul almal!!!”

Dr. Dan Roodt het in reaksie gesê: “Ons is ten gunste van spraakvryheid en normaalweg sou ‘n mens nie teen so ‘n stelling beswaar maak nie. Wat ons egter bekommer, is dat so ‘n uitlating ‘n simptoom van ‘n dieper Boerehaat in ons land verraai, wat ook deur die massamedia gerugsteun word. Dit is daarom ‘n manifestasie van ‘n massapsigose wat reeds werksaam is en wat blykbaar volksmoord ten doel het.”

Die Afrikaanse nie-regergingsorganisasie sal ook vir dr. Gregory Stanton van Genocide Watch in kennis stel. Genocide Watch handhaaf sy klassifikasie van Suid-Afrika as ‘n kategorie-5-volksmoordland waarin “polarisering” tans plaasvind. Tydens sy onlangse besoek aan Suid-Afrika, het Stanton egter te kenne gegee dat Suid-Afrika eintlik ‘n grensgeval tussen kategorie 5 (polarisering) en kategorie 6 (voorbereiding vir volksmoord) verteenwoordig.

PRAAG het ‘n beroep op die publiek gedoen wat verdere boodskappe van dié aard teëkom, om dit op rekord te plaas deur aan inlig@praag.org te skryf. “Enige gewelddadige aanval waartydens die slagoffer se ras of etnisiteit ter sprake kom, moet ook gerapporteer word sodat ons ‘n voller prentjie oor die omvang van haatmisdaad in Suid-Afrika kan bekom,” het dr. Roodt gesê. “Hierbenewens sal PRAAG voortaan ook sekere politieke groepe en mediagroepe monitor en waar nodig sulke entiteite as haatgroepe klassifiseer. Dit is ‘n procédé wat in oorsese lande met vrug deur minderheidsgroepe gebruik word.”

топкарго

Stakers vra Boeremag se hulp

Die voormalige president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het die polisie Saterdag gevra om hulself te distansieer van die skare by die Wonderkop-nedersetting naby Rustenburg.

Die onderhandelinge tussen Malema en die polisie volg ná klagtes deur Lonmin-mynwerkers dat hulle ongemaklik voel om met Malema te praat terwyl die polisie teenwoordig is.

Die polisie het gehoor gegee en hul voertuie sowat een kilometer verder weg geparkeer.

Malema is met blydskap deur die inwoners en mynwerkers verwelkom.

Vroue het geweeklaag terwyl die mans opgestaan en hul hande begin klap het.

Sommige van die vroue het plakkate gedra wat gelees het: “Julius Malema, Boeremag, staan asseblief op”.

Een vrou het ‘n plakkaat vasgehou met ‘n boodskap aan Malema dat die boere (wit mans) hul mans doodgemaak het.

Sy het gesê hulle wil hê dat Malema moet help.

Nog ‘n vrou het ‘n plakkaat gedra waarop geskryf is: “R500 beloning om die polisie dood te maak. Vanaf Musina na Kaapstad doen julle bes.”

Dit is die eerste keer sedert die begin van die geweldadige Lonmin-betogings, waar 34 mense reeds hul lewens verloor het, dat mans en vroue saamgesit het.

Die voormalige ANCYL-woordvoerder, Floyd Shivambu en sekretaris, Sindiso Magaga, het Malema na Wonderkop vergesel.

topcargo кидалы