Hy sê die regse leier het hom glo verkrag voor die moord in April 2010.
Dié beskuldgings is Maandag tydens Mahlangu se vonnisoplegging in die hooggeregshof-sitting in Ventersdorp gehoor.
Die kliniese sielkundige, Hein Swanepoel, het aan die hof gesê: “Mahlangu sê hy is MIV-positief en vermoed dat die oorledene hom besmet het.
“Hy beweer hy is drie tot vier keer deur die oorledene besmet en hy het hom nie probeer weerstaan nie, aangesien die oorledene ‘n sterk man was.”
Regter John Horn het die aanklagte van verkragting verwerp toe dit tydens die verhoor genoem is.
Mahlangu het aan die hof gesê hy het op die dag van die moord na Terre’Blanche se huis gegaan nadat hy gesien het sy tas is vermis. Hy het beplan om huis toe te gaan vir die Paasnaweek.
Met sy aankoms by Terre’Blanche se huis het die regse leier hom na die kamer gelei en gesê hy het die tas geneem.
Mahlangu beweer hy is toe in die kamer verkrag. Hy het glo ná die tyd probeer om daar weg te gaan, maar Terre’Blanche het hom glo met ‘n panga gedreig.
Die sielkundige Hein Swanepoel het aan die hof gesê: “Hy het gesê hy (Mahlangu) het toe ‘n ysterpaal op die grond sien lê. Hy het dit gegryp en die oorledene geslaan. Hy het gesê die oorledene het hom voorheen met sy vuiste en met ‘n sambok aangerand.”
Toe Swanepoel vroeër met Mahlangu se vrou gepraat het, het sy gesê haar man is vier keer verkrag terwyl ‘n vuurwapen op hom gerig was.
