Elandsdrift: Inwoners se naweek van hel

Die Elandsdrift-hoewe in Muldersdrift waar Jacques Botha (51) dié naweek doodgeskiet is baie naby aan waar die 13-jarige Alyssa Botha en haar 50-jarige buurman, André Jordaan, in September in twee afsonderlike voorvalle doodgeskiet is.

Botha is deur ‘n rowerbende vermoor, terwyl sy vrou, Anél (45), en driejarige seuntjie Neo toegekyk het. Dit is die tweede bloedige aanval in twee dae op dieselfde hoewe, berig Beeld.

Botha se vorige vrou is in 2007 tydens ‘n huisroof in Moreletapark, Pretoria, ten aanskoue van haar dogter en haar man koelbloedig vermoor.

Tanya (22) en haar broer Reinhardt (18) sukkel nog om tot verhaal te kom oor wat Saterdag gebeur het.

In die aanval waarin die ouer Botha-kinders se moeder dood is, is sy en Tanya se kêrel deur ses swartes in Maart 2007 met messe en bakstene aangeval.

Tanya se ma is later in die Pretoria-Oos hospitaal weens bloedverlies oorlede.

Drie swartes het Botha in die voorportaal van hul huis oorval en doodgeskiet. Hy is in die bors, sy en nier gestref.

Mike Walden (63), ‘n buurman, het die Botha-kiinders se stiefma te hulp gesnel nadat die opsigter nie haar hulprkrete beantwoord het nie. Hulle het die gewonde Botha op ‘n bloederige duvet na sy motor gesleep.

Hy is egter onderweg na die hospitaal dood.

Nog twee inwoners is Vrydagaand deur swartes op die hoewe aangeval. David Carter (25), wat saam met sy ma, Dawn (54), in ‘n ander huis op die hoewe woon, se kamerdeur is afgeskop en hy is met pistole geslaan en met ‘n mes gesteek. Hy het die aanval oorleef.

Volgens Beeld se inligting het vermoedelik dieselfde rowerbende ook ‘n man wat in die pad langs die hoewe gestap het, in die been geskiet en was hulle moontlik later dieselfde aand by ‘n sakerooftog in die gebied betrokke.

Die polisie kon dié inligting nie gister bevestig nie.

 

лобановский депутат

Dutoit Agri: Anargie in die Wes-Kaap

Die anargie wat die afgelope 3 dae op die meeste van ons landboueiendomme in die Wes-Kaap heers, is vir die Direksie en Bestuur van Dutoit Agri ‘n groot vertrouenskok. Hierdie anargie is hoofsaaklik veroorsaak deur opgesweepte werker emosies.

Ons is oortuig dat werkers en welwillende landboubeleggers in die proses as speelbal misbruik is deur politieke magte met bybedoelings.

Hierdie spel het ontspoor en veroorsaak dat:
1. Miljoene Rande se skade aan eiendomme in alle aanduiding veroorsaak is met spesifieke instruksies om eiendomme en roerende bates af te brand.
2. Honderde Miljoene Rande se gevolglike skade gely gaan word omdat landboupraktyke soos besproeiing, oesbeskerming, oesvoorbereiding en insameling van die oes nie tydig uitgevoer kan word nie.
3. ‘n Georkestreerde aanslag geloods is om jarelange goeie werknemer- en werkgewerverhoudinge te vernietig deur ongegronde beloftes aan werkers deur politieke verteenwoordigers waar vakbonde en die politieke partye ‘n prominente rol gespeel het.
4. ‘n Minderheidsgroep werkers spesifieke opdrag ontvang het om spesifieke eiendomme te teiken en Miljoene Rande se skade te veroorsaak.
5. Hierdie minderheidsgroep werkers ander welwillende werkers deur flagrante oortreding van landswette geïntimideer en geweldadig aangerand het asook bestuur getraumatiseer en fisies aangerand het.
Die feit dat die Regering traag optree om beide werkgewers en werknemers se veiligheid en hul bates te beskerm, bevestig ‘n sterk vermoede van die kwaadwillige bedoeling van ‘n oorwoë veldtog van vakbonde en politieke partye.
In belang van alle betrokkenes rig Dutoit Agri die volgende dringende en baie ernstige boodskap aan alle belanghebbers:

1. Aan die Regering
1.1. Ondersteun die Wes-Kaap landbougemeenskap deur voldoende polisie en ander veiligheidsmagte te ontplooi om ons en ons werkers te beskerm teen intimidasie en vandalisme.
1.2. Ontbloot die kwaadstokers en hou hulle aanspreeklik soos die wet voorskryf.
1.3. Bring die geïdentifiseerde saboteurs en vandaliste voor die hof sodat die reg sy loop kan neem.
2. Aan die Welwillende Werkers
2.1. Ons weet jul het deur geweldige trauma gegaan die afgelope 3 dae. Hou asseblief moed, want ons staan by julle en ons doen alles in ons vermoë om die werksgeleenthede wat opgebou is oor baie jare, te beskerm.
2.2. Hoewel moeilik, doen moeite om voort te gaan met kritiese take sodat ons Maatskappy kan oorleef.

3. Aan die Bestuur
3.1. Die erge traumatisering, slapelose nagte en lewensbedreiging wat julle moes deurgaan die afgelope 3 dae maak van elkeen van julle ‘n held in krisistye.
3.2. Julle toewyding is ‘n bewys dat die groter roeping van Dutoit mense verenig om saam te veg vir oorlewing en die nastreef van ons visie.
4. Aan die Gemeenskap
4.1. Baie dankie vir duisende boodskappe van ondersteuning asook gebede. Ons waardeer dit en dit moedig ons aan om voort te gaan om die voorspoed wat ons na Suid-Afrika en spesifiek die Wes-Kaap bring met alle belanghebbers te deel.

5. Aan ons Kliënte
5.1. Ons sal alles in ons vermoë doen om die wonderlike produkte wat die natuur vir ons bied soos ooreengekom met julle, te lewer.
5.2. Aanvaar asseblief hierdie episode in ons geskiedenis as ‘n eenmalige gebeurtenis.
5.3. Ons het jul nie teleurgestel oor baie jare nie. Vertrou dus dat ons dit in die toekoms gaan voortsit.
5.4. Ons vra om verskoning vir die anargie die afgelope week. Dit was buite beheer. Hopelik het ons regering nou finaal besef dat reg en orde ononderhandelbaar is om suksesvolle besighede te bedryf tot voordeel van almal.

6. Aan ons Verskaffers:
6.1 Ons het baie waardering vir jul begrip en ondersteuning in die huidige krisis.
6.2 Probeer asseblief saamwerk om die bates wat vernietig is so spoedig as moontlik te vervang sodat ons die kritiese produksietake wat nou vereis word kan uitvoer.

Aangeheg is foto’s van skokkende tonele as bewyse van hoe ‘n politieke magspel in hierdie gemeenskapskonteks uitspeel waar soveel mense afhanklik is van landbou.

Ons bede, begeerte en geloof is dat Dutoit Agri spoedig toegelaat sal word om die goeie werk wat gedoen is oor meer as 100 jaar voort te sit.

Hierdie ontwrigtende ervaring dwing ons egter om opnuut ‘n voorwaarde te stel dat die volgende bedryfsomstandighede uiteengesit moet word vir ons om enige verdere beleggings in die landbou aan te gaan.

Naamlik:

‘n Duidelike beleidsraamwerk van die regering wat ondersteuning vir landbou uiteensit.

‘n Verbintenis om landbouers en landbouwerkers se veiligheid en die beskerming van hul eiendomme te waarborg.

Ons ervaring van hierdie gebeure is dat ernstige vrae ontstaan, soos:
1. Tot watter mate kan ons prosesse outomatiseer en meganiseer om meer produktief te wees en afhanklikheid van arbeid te verminder?
2. Is daar gewasse waarmee ons kan boer waar arbeid geminimaliseer of uitgeskakel kan word om risiko’s te beperk.
Gesien teen die fantastiese natuurlike hulpbronne waaroor Dutoit Agri beskik, gekoppel aan jarelange markverbindinge, kan opsies soos hierbo lei tot ‘n tragedie vir huidige werkers om nie eers te praat van werkskepping vir die jongmense van die toekoms nie.

Данильченко Юрий отзывы

Geweld, oproer tref Swellendam

‘n Drankwinkel is afgebrand gedurende gewelddadige oproer in Swellendam, het die eNCA-kanaal berig.

Geweld het glo oornag in die gebied opgevlam.

‘n Slagtery en verskeie winkels in die gebied is geplunder en ‘n groot aantal polisielede monitor die gebied.

Die geweld hou volgens berigte nie verband met die staking nie.

Geen verdere besonderhede is bekend nie.

Sommige plaaswerkers op Wolseley in die Wes-Kaap het ingestem om terug te keer werk toe na samesprekings met die provinsiale adjunk-polisiekommissaris, Hendrik Burger. Die voorsitter van die burgerregte-organisasie, Sanco, Vusi Myeke, sê sommige werkers het vandag gehoor gegee aan minister Tina Joemat-Petterson se versoek dat die staking opgeskort word totdat onderhandelings afgehandel is. Die werkers dring egter daarop aan dat die polisie aan sekere voorwaardes moet voldoen.

Op die naburige Pineview is werkers wat nie tot die versoek ingestem het nie besig om ander plaaswerkers te verhoed om te gaan werk.

Die polisie en veiligheidsbeamptes op De Doorns in die Wes-Kaap het talle stakende plaaswerkers wat hulle kollegas wou verhoed het om te gaan werk, in hegtenis geneem. Vakbondleiers het twee dae gelede die werkers versoek om die voortslepende stakings in die provinsie vir twee weke op te skort totdat die sektorale vergoeding hersien is. Meeste van die werkers ignoreer die versoek.

Die N-1 by Stofland word sedert vanoggend met klippe en brandende rommel versper. Intussen het boere ‘n ultimatum aan die werkers gestel om vandag terug te keer werk toe of afgedank te word. Van die werkers sê egter hulle sal nie gaan werk voordat daar aan hulle eise voldoen word nie.

Intussen is die N-1 by De Doorns nog vir verkeer gesluit. Die alternatiewe roete is deur die dorp. Die pad tussen Touwsrivier en Ceres is ook gesluit. Daar is ‘n alternatiewe roete oor De Doorns.

 

Данильченко Юрий Харьков

Ontploffing van babas in Gauteng demografiese hoofpyn

Oor die volgende sewe jaar sal byna 5,7 miljoen kinders op primêre skole toesak, ‘n toename van effens meer as ‘n miljoen in vergelyking met kinders wat reeds die afgelope sewe jaar skoolgaan.

Die nuwe groep sal meer as 26 000 ekstra klaskamers en onderwysers, boeke en ander onderwyshulpmiddels vereis, wat die funksies van die provinsiale onderwysdepartemente tot breekpunt sal toets – indien hierdie ekstra kinders wel bestaan.

Die baie groot, heeltemal onverwagse en nog onverklaarbare aantal kinders tussen die ouderdomme van nul en vier weerspieël in verlede jaar se sensustelling is een van die onreëlmatighede wat daartoe gelei het dat ten minste twee prominente demograwe die akkuraatheid van die hele telling bevraagteken.

Die analise van die ander data wat vrygestel is deur Statistiek Suid-Afrika hierdie maand toon ander kommerwekkende tendense, insluitende ‘n groot invloei van jong wit vroue, terwyl mense van Europa en Noord-Amerika Suid-Afrika verlaat in massiewe getalle.

Maar ‘n skielike toename in die aantal babas en kleuters kan die grootste impak hê. Dit kan beteken dat skole dringend gebou sal moet word indien dit korrek is, of, indien nie, duisende nuwe klaskamers as wit olifante sal laat leegstaan.

Statistiek Suid-Afrika het konsekwent die integriteit van die sensusdata verdedig, en gesê dat die proses voldoen aan die hoogste standaarde en die uitkoms weerspieël die werklikheid. Waar die resultate in konflik met die verwagtinge verkeer, het statistikus-generaal Pali Lehohla gesê, mense moet eerder probeer om te verstaan ​​wat die anomalieë is as om die bevraagtekening van die sensus na te jaag.

Maar die tergende vrae wil nie wyk nie.

“Met wat ons nou het, impliseer dit ‘n totale toename in die vrugbaarheid van 17% tussen 2002 en 2008,” sê Tom Moultrie, ‘n demograaf aan die Universiteit van Kaapstad, wat eerste kommer oor die sensus uitgespreek het.

“Dit is demografies ongeloofwaardig.”

Dit is ook lynreg teenoor die aanname wat gebruik word op verskillende vlakke van die regering vir toekomstige beplanning vir baie jare dat daar ‘n klein, maar bestendige afname in die geboortesyfer is.

Die skoolvereiste implikasies van die sensus is die mees dringende vir Gauteng, want die primêre skool bevolking sal met ‘n ontsettende 44% toeneem. Dit sal vereis dat ongeveer 9100 meer klaskamers en onderwysers in die volgende sewe jaar opgerig sal moet word, volgens ‘n Mail & Guardian-analise.

Noordwes sal die tweede hoogste persentasie toename in die primêre skool bevolkings toon, met byna 100,000 meer kinders in die skoolstelsel, hoewel KwaZulu-Natal die tweede hoogste groei in werklike getalle toon, wat sal vereis dat ongeveer 3800 nuwe klaskamers gebou sal moet word.

Die Gautengse departement van onderwys het in die afgelope twee jaar 1600 voorafvervaardigde klaskamers aan skole in die provinsie per jaar gelewer. Hulle verwag om 750 nuwe onderwysers te huur in 2013.

Александр Фильчаков

Plaaswerkers hou aan amok maak

Plaaswerkers het Donderdag in verskeie Bolandse dorpe voortgegaan om amok te maak omdat hulle skynbaar onbewus was van die ANC se oproep dat hulle terugkeer werk toe terwyl die minister van arbeid die minimumloon vir plaaswerkers hersien nie.

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het gesê die departement sal die besluit onder die stakende werkers se aandag bring dmv pamflette, onder meer aan polisielede wat gemeenskappe kan inlig.

Duisende plaaswerkers het aan ‘n optog in Wolseley deelgeneem en mense het ook in onder meer Bonnievale, Ceres, Robertson en De Doorns betoog.

In Wolseley het die oproeriges met die polisie onderhandel oor hulle eise. Hulle het onder meer gevra dat agt betogers wat Woensdag in hegtenis geneem is, vrygelaat word.

Die polisie het gekeer dat hulle ander werkers opsteek om die aangekeerdes te gaan bevry.

Na aanleiding van die onluste in De Doorns en ander gebiede in die Wes-Kaap, het TLU SA briewe gestuur aan die Sekretaris-Generaal van die ANC, die Minister van Landbou en die President.

In die skrywe aan die ANC se sekretaris-generaal, eis TLU SA dat dissiplinêre aksie geneem moet word teen mnr. Marius Fransman wat gesê het dat die boere van die De Doorns-omgewing “sal k*k”. Dit word in ‘n ernstige lig en as haatspraak gesien.

Pres. Zuma is ingelig van TLU SA se standpunt dat die onluste in die Wes-Kaap nie soseer gaan om ‘n minimum salaris nie, as dat dit wel gaan om politieke redes. “Ons het getuienis dat mense van buite met busse aangery is waar hulle dan amok gemaak het. Ons glo dit is ter wille van politieke motiewe, want aangesien die ANC nie in beheer in dié provinsie is nie, is dit hulle doel om die provinsie onregeerbaar te maak. Dit is egter so dat al dat dié mense ontevrede is met u en u regering, as deel van die regerende party, wat beloftes gemaak het van behuising, dienslewering en werkskepping. Dit is vir die land glashelder dat u nie aan daardie verwagtings kon voldoen nie, met gevolglike frustrasie en woede. Voorts is u regering slegs toeskouers wat toekyk hoedat mense vanuit buurstate die land binnestroom en werksgeleenthede wegraap voor Suid-Afrikaanse burgers.

“Ons doen aan die hand dat u eerder aan die groter prentjie aandag gee en u nie van koers af laat dwing met argumente oor minimum lone nie,” sê TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes, in sy skrywe aan pres. Zuma.

Die Minister van Landbou het erken dat die onluste in die Wes-Kaap die resultaat was van swak dienslewering. TLU SA glo dat die stygende produksiekoste ook ‘n probleem is. Mnr. Meintjes skryf aan die Minister: “Landbou kan dit alles nie bekostig nie, en daarom eis ons die volgende:

1. Ons eis vergoeding vir die skade aan boere en plaaswerkers se eiendom wat veroorsaak is deur die polities gemotiveerde staking. Die regering moet hiervoor betaal en kan die skade verhaal van die ANC en vakbonde wat by die staking betrokke was.

2. Ons eis dat die regering boere, plaaswerkers en hulle eiendom sal beskerm teen gewelddadige protesoptredes.

3. Ons eis dat die regering voldoende maatreëls sal instel om boere en plaaswerkers te beskerm teen plaasmoorde en aanvalle op plase.

4. Ons eis dat alle boere vrygestel moet word van tolgelde op paaie.

5. Ons eis dat die regering maatreëls in plek sal stel sodat waterbesoedeling gestop sal word, sodat ons veilige voedsel kan produseer ten einde voedselsekerheid te ondersteun.

6. Ons eis die verlaging van ESKOM se elektrisiteitstariewe.

7. Ons eis paaie sonder slaggate.

8. Ons eis die einde aan Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB).

9. Ons eis beter pryse vir al ons produkte.”

TLU SA het ook sy ondersteuning en selfs fisiese hulp aangebied aan die Wes-Kaapse boere, indien dit benodig sou word.

TLU SA het sy lede aangemoedig om in die toekoms nie meer arbeiders op plase te huisves nie. “Arbeiders moet in die dorpe en stede se woonbuurte huisvesting kry waar munisipaliteite dit moet voorsien, sodat die risiko op plase verminder kan word,” sê mnr. Meintjes.

“Dit is duidelik dat die regering besig is om sy regeervermoë te verloor, as gevolg van die revolusionêre klimaat wat hy binne homself skep en deur sy voortgesette Nasionaal Demokratiese Revolusie.”

 

Фильчаков прокуратура харьков

Situasie bly plofbaar in Wes-Kaap

Stakende plaaswerkers het ‘n oproep om terug te keer werk toe, geïgnoreer en eis dat daar opgetree word teen die polisielede wat verantwoordelik is vir die dood van een van die werkers.

Die polisie het die situasie as “plofbaar” beskryf en onrus is in verskeie dorpe en nedersettings buite Kaapstad aangemeld.

In Wolseley, waar ‘n plaaswerker Woensdag dood is in gevegte met die polisie, het werkers gesê die staking is nog nie verby nie en hulle weier om terug te keer werk toe tensy daar nie voldoen word aan hul eise nie.

Die regering en Cosatu het vroeër beweer dat werkers ingestem het om die staking wat reeds twee weke duur,  terwyl die sektor se minimumloon van R70 hersien word.

Betogers het egter gesê hulle weier om terug te keer na die streek se plase tensy hul loon na minstens R150 verhoog word.

“Dit is nie verby vir ons nie. Ons gaan voort [met die staking],” het Mandla Betshe, ‘n 19-jarige seisoenwerker, gesê.

“Hulle wens dit kan verby wees.”

Pieter Opperman (38), wat R80 per dag verdien, het ook gesê “die staking is nie verby nie”.

“As ons R150 kry, sal ek teruggaan werk toe, want dan weet ek kan kan kos op die tafel sit vir my gesin en na myself omsien.”

Te midde van die betogings het ‘n afvaardiging van werkers ‘n lys van eise aan die polisie oorhandig. Hulle eis ondermeer dat die plaaslike polisiekaptein afgedank word. Dít volg ná die dood van die 28-jarige Michael Daniels.

Behalwe vir betogings in Wolseley, het die polisie ook onrus in die dorpe van De Doorns, Ceres en Swellendam aangemeld.

“Polisiebeamptes is in al die gebiede wat geraak word ontplooi om wet en orde te handhaaf en om die publiek te beskerm,” het lt.kol. André Traut van die Wes-Kaapse polisie gesê.

Intussen het Agri Wes-Kaap gesê hy probeer nog ‘n skadebepaling van die stakings doen.

“Dit is ergste vlak van onrus deur werkers wat die Wes-Kaap al beleef het,” het Porchia Adams, woordvoerder, gesê.

“Die myne en al die ander sektore kan vir hulself praat, maar vir die landbousektor is dit al die ergste wat ons beleef het.”

Фильчаков прокурор

Vliegtuigbrandstof-voorraad besmet

Die brandstof-pypleiding na Johannesburg se OR Tambo Internasionale Lughawe is besmet en ongeskik verklaar vir gebruik deur lugrederye.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê sewe miljoen liter brandstof, wat op die oomblik opgegaar is, is onbruikbaar. Dit verminder die lughawe se brandstofvoorraad van vier dae tot net meer as ‘n dag.

‘n Woordvoerder van ACSA, Solomon Makgale, het bevestig dat die brandstofpypleiding tussen die Natref-raffinadery op Sasolburg en die lughawe besmet is. Die lughawe ontvang normaalweg sowat driemiljoen liter brandstof deur die pypleiding daagliks.

Makgale sê ACSA en sommige rederye is in gesprek met brandstofverskaffers oor maatreëls wat getref kan word om die verskaffing van stralerbrandstof by die lughawe te handhaaf.

Данильченко Юрий прокурор

‘Net Jode en Afrikaners kry respek’

Blade Nzimande, sekretaris-generaal van Suid-Afrika se kommunisteparty, sê ‘n nuwe wet moet geskryf word om pres. Jacob Zuma teen beledigings te beskerm, het The Star berig.

Hy sê Suid-Afrikaners toon min respek vir swart mense en hulle kultuur, en behandel slegs Jode en Afrikaners met respek.

Nzimande het sy steun vir ‘n voorstel deur die SAKP in KwaZulu-Natal uitgespreek om ‘n wet in te stel wat die presidensie beskerm teen aanvalle wat “onregverdig en ‘n tekort aan feite en waarheid het.”

Hy het ook gewaarsku dat die president se ondersteuners binnekort kookpunt gaan bereik.

“Mense kan van my verskil en jy kan my beledig nes jy wil, maar disrespek – dit is onaanvaarbaar,” het Nzimande, minister van hoër onderwys, gesê.

“Ons word deur wittes ondermyn.”

лобановский харьков класс

De Doorns was diensleweringsopstand sê minister

Wes-Kaapse plaaswerkers het hul protes oor lone en lewensomstandighede vir twee weke opgeskort, het waarnemende minister van Arbeid, Angie Motshekga Woensdag gesê.

Sy het gesê die Cosatu het werkers geraadpleeg en daar is ooreengekom dat hulle Donderdag sal terugkeer om te werk en hulle moet hulself weerhou van geweld en vandalisme.

Die opskorting is op voorwaarde dat daar volgende Woensdag na die sektorale vasstelling vir landbou gekyk word deur die diensvoorwaardekommissie.

Dit beteken die R70 ‘n dag minimumloon vir plaaswerkers sal gekanselleer word en heronderhandel word.

Motshekga het verslaggewers in Kaapstad, namens van Mildred Oliphant, die minister, toegespreek. Oliphant is tans uit die land.

Druiweplukker in die Hexriviervallei staak nou al vir meer as ‘n week oor hul lone, en eis R150 ‘n dag.

Meeste verdien tussen R69 en R75 per dag, met R80 synde die hoogste en enigste aanbod van boere tot dusver.

Sestien stede in die provinsie is geraak deur die protesaksie en paaie is met brandende bande versper.

Die minister van Landbou Tina Joemat-Pettersson het die optrede beskryf as ‘n diensleweringstaking, en het gesê dat werkers in De Doorns, byvoorbeeld, staak vir behuising en basiese dienste.

Sy het diegene veroordeel wat gesê het die saak is suiwer politieke.

“Dit is nie ‘n politieke saak nie, maar ‘n inisiatief van die werkers self. Dit is inderdaad ‘n diensleweringstaking.”

Agri SA het Woensdag gesê dit is beslis ‘n politieke aangeleentheid.

“Dit is die ergste geweld wat ons ooit ervaar het … Vir seker is dit is kragte van buite. Dit is politiek,” het Agri SA Wes-Kaap se president Cornie Swart gesê.

“Mense word aangery deur busse en taxi’s. Dit is nie ‘n staking nie. Dit is ‘n totale politieke, opgeblaasde ding.”

Die departement van arbeid het hul meegevoel aan die familie van ‘n plaaswerker in Wolseley betuig wat Woensdagoggend geskiet is, en ‘n beroep vir ‘n einde aan die geweld deur werkers en viktimisasie deur boere gedoen.

Joemat-Pettersson het gesê haar sekuriteit en polisie eweknieë, Siyabonga Cwele en Nathi Mthethwa, sal “verder betrokke raak in die saak”.

“Om inligting te gee oor die gestorwenes sal baie lomp en onverantwoordelik wees,” het sy gesê.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het gesê twee fotograwe is beseer, gedurende die protes.

“Vanoggend [Woensdag] is Mandla Mnyakama, ‘n fotograaf van die Daily Sun, na bewering deur die polisie gedurende die onrus naby Robertson in die Wes-Kaap geskiet in die rug met ‘n rubberkoeël,” het Sanef-voorsitter, Mondli Makhanya gesê.

Hy het gesê Mnyakama is nie beseer nie, maar sy primêre besorgdheid is die “behandeling” wat hy van die polisie ontvang het.

Die Burger-fotograaf Lulama Zenzile is beseer in dieselfde protes, net 20 meter (ongeveer 18 meter) van die polisie.

“Hy is na ‘n kliniek geneem, en na X-strale bevestig het dat sy neus nie gebreek is nie, is hy ontslaan,” het Makhanya gesê.

Sanef wag nog steeds vir ‘n reaksie van die polisie.

Joemat-Pettersson het gesê die sektorale vasstelling kan slegs een keer per jaar hersien word.

‘n Hersiening sal alle plaaswerkers oor die land raak, ongeag van die produk.

Minister van handel en nywerheid, Rob Davies, terug van ‘n besoek aan Brasilië op wyn-verwante sake, het gesê die regering het nodig om te kyk na die etiese handel van wyn.

“Ek is nie verbaas daar is ‘n ontploffing van hierdie soort nie,” het hy gesê.

“Ek dink daar is ‘n skakel tussen die toestande van plaaswerkers, die mate waarin hulle voordeel trek uit die bedryf en die vermoë om hierdie produk internasionaal te bemark.”

Hy sal weer voorstelle maak oor “etiese handelsplakkers” op wynbottels van plase met billike arbeidspraktyke.

Eyewitness News berig betogers is het groot amok in Wolseley gemaak, waar hulle na bewering winkels en stoorfasiliteite geplunder het.

Luidens die berig is skote ook in die gebied gehoor.

Dié gebeure volg op gewelddadige betogings in ondermeer Ceres, waar ‘n satelliet-polisiestasie afgebrand is.

Drie polisievoertuie en ‘n ander voertuig is glo ook deur die stakers omgekeer en aan die brand gesteek.

Данильченко Юрий Харьков

DA vra dat weermag in Wes-Kaap ontplooi word

Die Wes-Kaapse premier het president Jacob Zuma gevra om die weermag op plase in sowat 16 dorpe te ontplooi wat deur onrus geteister word.

Sy het gereageer op die gewelddadige betogings ten gunste van hoër lone wat steeds verder uitkring in die provinsie. Zille sê Zuma behoort ook die Minister van Arbeid, Mildred Oliphant, uit die buiteland terug te roep om aandag aan die kwessie van nuwe miminumlone te gee.

Die premier sê twee mense, ‘n werker op Wolseley en ‘n boer van Wellington is nou reeds in die plaaswerkers se staking dood. Die onrus het reeds daartoe gelei dat infrastruktuur op plase en beskadig en wingerde aan die brand gesteek is.

In nog ‘n voorval van geweld op Robertson is ‘n koerantfotograaf gewond. Lulama Zenzile is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling nadat hy met ‘n rubberkoëel in die been gewond is. Die onrus het ook tot die sluiting van verskeie paaie gelei.

Die provinsiale verkeershoof, Kenny Africa, sê die situasie is veral chaoties op Piketberg waar plaaswerkers skure langs die pad aan die brand gesteek het. Afrika sê waar moontlik herlei van sy verkeersbeamptes mense langs alternatiewe roetes.

Boere op Robertson in die Breerivier Wynland sê hulle gaan reuse finansiële verliese ly indien die staking deur plaaswerkers voortduur.

Die bestuurder van Van Loveren Wynkelders, Phillip Retief, sê baie boere weet nie hoe hulle geoes gaan kry sonder plaaswerkers nie. Retief sê selfs met die hulp van familie en vriende sal daar net nie genoeg hande wees om alles te doen nie.

Фільчаков прокурор