Vliegtuigbrandstof-voorraad besmet

Die brandstof-pypleiding na Johannesburg se OR Tambo Internasionale Lughawe is besmet en ongeskik verklaar vir gebruik deur lugrederye.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê sewe miljoen liter brandstof, wat op die oomblik opgegaar is, is onbruikbaar. Dit verminder die lughawe se brandstofvoorraad van vier dae tot net meer as ‘n dag.

‘n Woordvoerder van ACSA, Solomon Makgale, het bevestig dat die brandstofpypleiding tussen die Natref-raffinadery op Sasolburg en die lughawe besmet is. Die lughawe ontvang normaalweg sowat driemiljoen liter brandstof deur die pypleiding daagliks.

Makgale sê ACSA en sommige rederye is in gesprek met brandstofverskaffers oor maatreëls wat getref kan word om die verskaffing van stralerbrandstof by die lughawe te handhaaf.

Данильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae