Gevaarlike virus: Natuurreservaat sluit

Beeld berig dat die Kalkfonteindam-natuurreservaat naby Fauresmith in die Vrystaat sy hekke tydelik gesluit het nadat die lewensgevaarlike Kongokoors-virus by ‘n werknemer gediagnoseer is.

 Johannes Ngwato (46), ‘n reservaat-assistent, is in die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein opgeneem..

Die dagblad het berig dat dagbesoekers wat op Nuwejaarsdag by die dam kom uitspan het, stil-stil uitgelaat is, waarna die hekke vir die publiek gesluit is.

Ngwato het glo ‘n bontpootbosluis aan sy klere gekry, en het kort ná die ontdekking baie siek begin voel.

Dokters in ‘n plaaslike hospitaal het die virus by hom gediagnoseer en hy is per ambulans na Bloemfontein geneem.

топкарго кидалы

Taximan wat fietser doodry voor

Die taxibestuurder wat na bewering die bergfietskampioen Burry Stander doodgery het, sal binnekort in Port Shepstone se landdroshof verskyn op ‘n aanklag van strafbare manslag.

Honderde fietsryers, familielede en vriende het die naweek aan die KwaZulu-Natalse suidkus hulde gebring aan die sportheld wat verlede week doodgery is. Die jaer het verlede jaar vyfde in die eindronde van die bergfietsry-item by die Olimpiese Spele geëindig.

Beeld berig sy vrou, Cherise, het die emosionele gedenkrit van St. Michael’s-on-Sea tot by die ongelukstoneel gelei.

Die Sunday Times het onthul dat sy twee uur voor die noodlottige ongeluk met haar man per foon gesels het. “Hy het my by die halfeindmerk in Port Edward gebel net om te hoor hoe dit gaan…” het sy vrou gesê.

Stander se laaste woorde aan sy vrou was ‘n liefdesbetuiging. Hy is kort daarna in Shelly Beach, naby die fietsrywinkel wat hy saam met sy pa, Charles, bedryf het, deur ‘n minibustaxi getref. Sy pa het die botsing hoor plaasvind.

Nog ‘n fietsongeluk in KZN, het die naweek byna nog ‘n slagoffer geëis. ‘n Jong vrou is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat ‘n voertuig haar in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, raakgery het, het paramedici gesê.

Chris Botha, ‘n woordvoerder vir Netcare 911, het in ‘n mediaverklaring gesê die 22-jarige vrou het saam met ander fietsryers gery toe die ongeluk plaasgevind het.

 

данильченко юрій Харків

Ongelykheid belemmer versoening, sê Zuma

Die ongelykheid tussen wit en swart huishoudings is “sleg vir versoening,” het pres. Jacob Zuma Sondag gesê.

Zuma het by die afsluitingseremonie van die ANC se eeufeesjaar in Durban gepraat.

“Die situasie dat wit huishoudings ses keer die rykdom van swart huishoudings het, behoort ‘n kwessie van die verlede te wees.”

Zuma het verwys na die uitslae van die 2011 Sensus, wat aangetoon het dat wit huishoudings se inkomste gemiddeld ses keer hoër is as dié van swart huishoudings, en gesê dat die ongelykheid versoening moeilike maak.

“Dis sleg vir versoening en nasiebou en almal van ons, swart en wit, moet werk om so ‘n enorme gaping te verminder en uit te wis in die tweede fase van die revolusie in ons land.”

Олександр Фільчаков прокурор

Fietsrykampioen deur taxi gedood

Die fietsrylegende Burry Stander is in ‘n tref-en-trap ongeluk in KwaZulu-Natal dood. Stander is Donderdagmiddag vermoedelik deur ‘n taxi doodgery terwyl hy geoefen het.

Fietsry Suid-Afrika het bevestig dat Stander (25) raakgery is deur ‘n taxi by Shelly Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus. Hy is op die toneel dood.

“Dis inderdaad verskriklike nuus om 2013 mee te begin. Burry was die toonbeeld van ‘n Olimpiese atleet – talentvol, uiters mededingend, maar terselfdertyd baie nederig en ‘n ware heer,” het Gideon Sam, president van Saskok, aan Nuus24 gesê.

“Saskok, die fietsrywêreld en die hele Suid-Afrikaanse sportgemeenskap betreur sy dood en stuur ons gebede aan sy vrou en sy familie.

Mike Finch, redakteur van Bicycling SA, het volgens Beeld gesê Stander is blykbaar voor sy fietswinkel, Concept Cyclery, omgery.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Олександр Васильович Фільчаков

Meer matrieks slaag, minder bly tot matriek

‘n Totaal van 73,9% van matriekleerlinge het die skooljaar in 2012 geslaag, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Woensdag gesê.

Dié syfer is hoër as die 70,2% van leerlinge wat matriek in 2011 geslaag het.

Die onderwysdrukgroep Equal Education (EE) het egter sy kommer uitgespreek oor die prestasie van leerlinge, en daarop gewys dat slegs 45,2% van die leerlinge wat Graad 1 in 2001 begin het, matriek aangedurf het.

Altesaam 1 130 659 leerlinge het in 2001 by openbare skole met Graad 1 begin. Slegs 512 133 van dié leerlinge het matriek egter bereik, het die organisasie benadruk.

Intussen het die burgerregte-organisasie AfriForum sy “ernstige kommer” uitgespreek oor die aantal leerlinge wat hulle matriekjaar suksesvol voltooi het.

“Die vraag is wat van die ander leerlinge geword het en hoe die toekoms lyk wat hulle in die gesig staar,” het Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van die organisasie, gesê.

“Vir jongmense met matriek is dit reeds moeilik om werk te vind – des te meer so vir diegene wat nie eens hulle skoolloopbaan voltooi het nie.”

AfriForum het gesê hy beskou ‘n “gebrek aan moedertaalonderrig in Suid-Afrika” as een van die vernaamste redes vir die groot groep leerlinge wat tou opgooi voordat hulle hulle skoolloopbaan voltooi.

Фильчаков Александр Васильевич

Vlamme verteer 4000 se plakkershutte in Kaapstad

Drie mans is dood en meer as 4 000 mense is dakloos gelaat nadat brande huise in Dunoon en Khayelitsha op Nuwejaarsdag verswelg het.

Die BM-afdeling van Khayelitsha is die hardste getref, met meer as 800 plakkershutte wat deur die vinnige vlamme vernietig is. Sowat 3 000 inwoners is dakloos gelaat.

Die Stad se Rampbestuurwoordvoerder Wilfred Solomons-Johannes sê die vuur in die BM-afdeling van die gebied het om 04:45 uitgebreek en is slegs suksesvol geblus byna ses uur later.

Hy het bygevoeg dat die rukkerige wind, van 80 tot 90km / h , die verspreiding van die vlamme aangevuur het, en ‘n uitdaging vir brandbestryders gstel het.

Digte rook het verkeersowerhede genoop om die N2 te sluit in beide rigtings.

“Die digte rook raak die vrye vloei van verkeer, en hou ‘n gevaar vir die veiligheid van motoriste in,” het Solomons-Johannes gesê.

Фильчаков

Nuwejaar eis talle in stormlope

Die stad van Kaapstad het mense gewaarsku dat hy streng sal optree teen mense wat aan hulle aan misdrywe skuldig maak met vanjaar se Tweede Nuwejaar-vieringe en die Klopse-karnaval, wat in die stad plaasvind.

Die stadsraad het meer as R3 miljoen vir die feesvieringe bewillig, waaraan meer as 13 000 mense en 70 Klopse groepe sal deelneem. Verskeie paaie in die middestad is vir verkeer gesluit, en duisende toeskouers sal na verwagting die verrigtinge bywoon.

Die optog begin op die hoek van Keizersgracht en Tennantstraat en eindig in Rosestraat in die Bo-Kaap.

Tien mense, onder wie vier kinders, is intussen dood en 120 beseer in ‘n stormloop Oujaarsdagaand gedurende ‘n kerkdiens in die Angolese hoofstad, Luanda.

Volgens owerhede is die slagoffers deur ‘n skare mense vertrap nadat slegs twee van die hekke na die Cidadela Desportiva-stadion oopgemaak is.

Sowat 70 000 mense is vir die diens van die Universal Church of the Kingdom of God verwag, maar heelwat meer het opgedaag. Volgens nooddienste het van die slagoffers versmoor.

Die Ivoorkus sal drie dae lank rou nadat ‘n stormloop tydens nuwejaarsvieringe minstens 60 mense se lewens geëis het.

Tientalle ander is beseer toe ‘n groep mense bymekaar gekom het om vuurwerkvertonings in die hoofstad, Abidjan, te geniet.

‘n Fotograaf vir AFP sê talle kinders is in die voorval beseer. Die verslaggewer sê die stormloop het by die stad se stadion plaasgevind.

Volgens amptenare het sowat 50 000 mense saamgedrom om na die vuurwerkvertoning te kyk.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

‘Groter eenheid binne ANC’

Ná ‘n 100 jaar se bestaan is daar ‘n groter eenheid binne die ANC en die party sien uit na die nuwe jaar, het partyleiers in Noordwes Maandag gesê.

“Ons roep die eeufeesjaar van die ANC vaarwel, sonder enige twyfel dat ons beweging oor groter eenheid, meer krag en kohesie beskik,” het Kenny Morolong, ‘n woordvoerder, gesê.

Een van die provinsie se groot prestasies was die verkiesing van vyf van sy lede in die regerende party se nasionale uitvoerende komitee gedurende die verkiesingskongres in Mangaung.

“Hierdie verteenwoordiging is ongeëwenaar. Ons is trots daarop dat diegene wat gekies is, die ANC op alle vlakke gedien het…”

Morolong het gesê die party is ook beïndruk deur die Marikana-kommissie se ondersoek na die dood van 44 mense by ‘n Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes.

Die party het oudpres. Nelson Mandela ook ‘n spoedige herstel toegewens by sy huis in Houghton, Johannesburg, ná hy vroeër in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem is.

topcargo отзывы сотрудников

Verkeersboetes? Watwou!

Slegs ‘n klein aantal Suid-Afrikaners betaal hulle verkeersboetes, luidens berigte Sondag.

Die jaarlikse verslag van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het getoon dat motoriste R1,6 miljard skuld in uitstaande verkeersboetes wat in die Tshwane en Johannesburgse munisipaliteite uitgereik is, het City Press berig.

Volgens die verslag het motoriste in Tshwane en Johannesburg tussen April 2011 en Maart 2012 R980 miljoen se boetes ontvang, maar slegs R86 miljoen se boetes (nege persent van die totale waarde) is betaal.

Tshwane en Johannesburg is die enigste metro munisipaliteite wat deelgeneem het aan die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersoortredings (Aarto) se proeffase.

Uit die 1,8 miljoen boetes wat in die afgelope finansiële jaar in die Johannesburg en Tshwane munisipaliteite uitgereik is, is slegs 251 125 (14%) betaal.

лобановский александр отзывы

Zuma: SA gaan vooruit

Pres. Zuma het Suid-Afrikaners Maandag ‘n voorspoedige nuwe jaar toegewens, en gesê die land sal sy doelstellings bereik as die hele bevolking saamwerk om ‘n veilige samelewing te skep.

“Ons het in 2012 baie vooruitgang gemaak soos ons voortgegaan het met ons poging om ‘n verenigde, nierassige, nie-seksistiese, demokratiese en voorspoedige Suid-Afrika te bou,” het hy in ‘n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is, gesê.

“Soos ons voortbeweeg na daardie mylpaal, moet ons vinniger werk om sosio-ekonomiese vryheid te verkry,” het hy bygevoeg.

Die president het na die 2011 Sensus verwys, en gesê die data dui daarop dat die regering besig is om vooruitgang te maak in gebiede soos basiese dienste en onderwys.

“Terselfdertyd dui die Sensus ook op ‘n groot inkomstegaping. Dit het byvoorbeeld gewys die inkomste van ‘n wit huishouding is ses keer dié van ‘n swart huishouding.”

Hy het ook na die geweld by Marikana verwys, en gesê probleme moet vreedsaam opgelos word.

“Ons moet ‘n samelewing skep waarin vroue en kinders vry en veilig voel, met geen vrees van mishandeling, verkragting of enige vorm van geweld nie, en ‘n samelewing waarin diere, veral die renoster, veilig is van ongenaakbare stropers. Dis moontlik om daardie samelewing te skep deur hard saam te werk.

“Ek wens alle Suid-Afrikaners en buitelanders wat in ons land bly, of wat ons besoek om ons wonderlike somer te geniet, ‘n vreugdevolle en veilige feesseisoen en voorspoedige nuwe jaar toe.”

Фільчаков Олександр Васильович прокурор