‘As jy weghardloop, sal jy moeg sterf’

‘n Ondersoek na ‘n plakker op ‘n polisiebakkie met die woorde “You can run but you will die tired” (“Jy kan weghardloop, maar jy sal moeg sterf”), is geloodsr, het The Star Maandag berig.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder vir die polisie in die Noordwes, het sy skok uitgespreek oor die plakker, wat glo ook ‘n prent van ‘n vuurwapen op het, wat agter op ‘n polisievoertuig gepryk het.

“Ons sal ondersoek instel, vasstel wie die voertuig bestuur en stappe sal gedoen moet word.”

Die voertuig was volgens die berig naby die toneel geparkeer waar 34 stakende mynwerkers op 16 Augustus verlede jaar gedurende ‘n botsing met die polisie in Marikana gesterf het.

Ngubane het gesê die soort praktyk word verbied, behalwe as spesiale toestemming in ‘n spesifieke geval verleen is, omdat dit die polisie se naam en reputasie skaad.

Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies het gesê die plakker is onprofessioneel, veral wanneer dit gesien word in die lig van wat by Marikana gebeur het.

“Die boodskap sê iets van die bestuurder van daardie voertuig.”

топкарго кидалы

Die helfte van SA se water gemors, gesteel

Byna 50 persent van die land se kraanwater word gesteel, vermors of lek eenvoudig weg elke jaar in Suid-Afrika, die 30ste droogste land in die wêreld.

Rekordhouding en water-meting is so swak dat sommige munisipaliteite nie eens weet hoeveel water hulle gebruik nie, volgens ‘n nuwe verslag wat in opdrag van die Waternavorsingskommissie gedoen is.

Dis die mees omvattende studie tot dusver oor nasionale kraanwatergebruik. Die verslag beraam dat 36,8 persent van munisipale water (ter waarde van meer as R7 miljard) geklassifiseer kan word as “nie-inkomste water”.

Hierdie term sluit water in wat lekkasies uit die stukkende pype beteken, asook water wat nie betaal is nie (maar met uitsluiting van die regering se gratis basiese watertoelae).

Die verslag aan die kommissie, sê die land se nie-inkomste watergebruik is soortgelyk aan die wêreldgemiddeldes, maar sodanige verliese is onaanvaarbaar in ‘n waterskaars land.

Die skrywers waarsku dat die ware syfer so hoog as 47,7 persent kan wees as gevolg van die massiewe volume van onbetaalde waterrekeninge wat afgeskryf word as oninbare skulde.

Die verslag deur Ronnie McKenzie, Zama Siqalaba en William Wegelin, WRP Raadgewende Ingenieurs, is gebaseer op data uit 132 van die land se 237 munisipaliteite en dek waterverbruik tot die einde van die 2010 finansiële jaar.

“Die gebrek aan inligting van 55% van die munisipaliteite dui daarop dat meer as die helfte van die land se munisipaliteite nie eens weet dat hulle ‘n probleem het nie.”

Die ergste oortreders is landelike munisipaliteite en in verskeie gebiede het waterretikulasiestelsels ook die einde van hul leeftyd bereik, met gebarste pype nou ‘n algemene verskynsel.

Die hoogste volumes gaan verlore in die groot stede en dorpe, wat gesamentlik verantwoordelik is vir ongeveer 85 persent van alle kraanwatergebruik.

Onder die groot stede, is Kaapstad se nie-inkomste waterverliese die laagste op 25 persent, gevolg deur Tshwane (Pretoria) op 26,5 persent, Durban op 37,5 persent en Johannesburg op 38,2 persent.

President Jacob Zuma het as ‘n teiken dit in 2010 gestel om waterverliese teen 2014 te halveer.

 

топкарго отзывы

Swartes ‘kwaad’ vir ANC

Die leier van Cope, Moshiuoa Lekota, het gesê swart gemeenskappe is kwaad vir die ANC.

RSG berig dat Lekota Saterdag in Kaapstad by ‘n konferensie van die FW de Klerk-stigting ‘n beroep op kiesers gedoen het om aanstaande jaar in groot getalle te stem om die ANC uit die kussings te lig.

Tydens die vorige verkiesing het die ANC 62% van die stemme op hom verenig en opposisiepartye 38%.

Lekota sê nog 12% is nodig om die ANC se stempersentasie tot 50% te verminder. En dit lê in die hande van die sewe miljoen kiesers wat nie gestem het nie.

Vroeër het die voorsitter van die Raad vir die Bevordering van die Grondwet, Sipho Pityana, gewaarsku dat ongelykhede swart mense marginaliseer en dat dit ‘n bedreiging vir die land inhou.

Oudpresident FW de Klerk het gesê Suid-Afrika is steeds by ‘n politieke kruispad en dat gesprekke nodig is om verskille in benaderings oor die Grondwet uit te klaar.

лобановский александр дети

Korrupsienes in Gesondheidsdepartement oopgevlek

Grootskaalse korrupsie in die Oos-Kaapse gesondheidsdepartment is ontbloot, het RSG Sondag berig.

Volgens ‘n forensiese oudit wat deur die premier en die LUR aangevra is, is meer as 8 000 werknemers van die departement, direkteure van maatskappye en is 929 gelys as verskaffers.

Uit die meer as 8 000 werknemers, het 235 betalings van R42,8 miljoen van die department ontvang.

Die department sê daar was ook 35 gevalle van eggenotes van werknemers wat sake met die department doen en wat betalings van R11 miljoen ontvang het.

Die ondersoek is deur die Spesiale Ondersoekeenheid, die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID), die bate beslagleggingseenheid en die provinsiale gesondheidsdepartment uitgevoer.

лобановский александр биография

Kondome, Vigstoetse vir skole

KwaZulu-Natalse skole ondersoek instel oor hoe kondome aan leerlinge verskaf kan word en hoe gewillige toetse vir MIV/Vigs gefasiliteer sal word.

The Mercury berig Senzo Mchunu, LUR van onderwys, sê dit is ‘n kwessie van “hoe”, eerder as “sal ons of sal ons nie.”

Hy is bekommerd ook die huidige toestand in die provinsie se skole, waar 10 595 leerlinge in 2011 swanger geraak het. Dwelms en drank word ook na die klaskamers geneem.

Volgens hom moet ouers en beheerliggame MIV en vigs bespreek.

“Ons hoef nie meer skaam te wees om te aanvaar dat kinders op ‘n jong ouderdom seksueel aktief is nie,” het hy gesê.

Die departement gaan fokus op skole waar swangerskappe algemeen is.

лобановский александр фото

Maharaj glo by korrupsie betrokke

Die president se woordvoerder, Mac Maharaj, en sy eggenoot, Zarina, is betrokke by grootskaalse korrupsie, berig Eyewitness News.

Die Skerpioene het aanvanklik die beweerde misdaad in 2009 ondersoek, maar die aanklagte is laat vaar.

Maharaj se skoonsuster, Shireen Karim, het inligting onthul oor kontrakte wat vir nuwe rybewyse aangegaan is.

Volgens Karim is ‘n beweerde Switserse bankrekening geopen waarin Maharaj glo gunslone gedeponeer het ná die instelling van Suid-Afrika se kredietkaartstyl-rybewysstelsel.

Maharaj kon nie vir kommentaar bereik word waar hy tans in Londen is nie. Sy prokureur het namens hom die bewerings as vals afgemaak.

Фильчаков Александр Васильевич

Aanval op Wouter Basson oor uitnodiging

Die kardioloog Wouter Basson het kritici bevraagteken wat hom ná ‘n motiveringspraatjie wat hy by ‘n Kaapse buiteklub gelewer het, aangeval het, is Donderdag berig.

Die praatjie, wat hy Vrydag by die eksklusiewe Kelvin Grove-buiteklub gelewer het, het “die wenkbroue laat lig en op sommige sosiale netwerke word die klub se uitnodiging aan Basson bevraagteken”.

Basson het egter aan die koerant gesê hy lewer jaarliks duisende soortgelyke praatjies en weet nie hoekom dié spesifieke een so baie reaksie ontlok het nie.

“Dit was ‘n wonderlike bespreking. Ons het ‘n wonderlike dag gehad met wonderlike kos en wonderlike mense.”

Basson was die hoof van Project Coast – die weermag se destydse projek vir chemiese en biologiese oorlogvoering.

Dié projek was na bewering gemik op die vervaardiging van traangas en verskeie chemiese middels wat ingespan is vir skarebeheer en vir gebruik teen die regering se vyande in die Grensoorlog in die tagtigerjare.

Basson is in April 2002, ná ‘n verhoor van 30 maande, vrygespreek op meer as 40 aanklagte van ondermeer moord, bedrog en dwelmhandel.

Hy het aan die Cape Times gesê diegene wat sy praatjies kritiseer is “dwaas en ongeligte” mense.

“Duidelik het hulle nie die hofsake gevolg nie. Niks is in die hooggeregshof in Johannesburg teen my gevind nie.”

Corine Sharp, die Kelvin Grove-buiteklub se bemarkingsbestuurder, het aan die koerant gesê sy gaan nie kommentaar lewer oor Basson se toespraak nie. Sy het alle navrae na die bestuur verwys.

Die besware teen die klub was dat hulle vroeër Jode toegang belet het, en Basson se uitnodiging het glo aan dié ongelukkige feit herinner. Ook het ‘n Joodse joernalis beweer dat Basson nie onskuldig is nie, ten spyte van die gunstige uitspraak in die hooggeregshof.

лобановский александр игоревич

Treinbotsing: R22 miljoen se skade

Altesaam R22 miljoen se skade is aangerig aan die infrastruktuur en treine ná Donderdagoggend se treinongeluk in Kalafong.

Die kraglyne bo die treine is ook beskadig.

Sowat 300 mense, insluitende skoolkinders, is beseer nadat ‘n trein omstreek 07:00 van agter teen ‘n stilstaande trein gebots het.

Die drywer is omstreeks 09:00 per helikopter in ‘n kritieke toestand na die hospitaal geneem, het Johan Pieterse, woordvoerder van die nooddienste, gesê.

Pieterse het gesê 20 mense het ernstige beserings opgedoen in die ongeluk. Altesaam 150 ander mense het geringe beserings opgedoen.

Hy het vroeër gesê die spoorlyn tussen Cor Delfos en Saulsville is weens die ongeluk gesluit.

Dikobe Ben Martins, minister van vervoer, het vroeër die toneel besoek.

Treindienste het Donderdag weens die ongeluk by die Electro-stasie geëindig en ‘n busdiens is na en vanaf die Saulsville-stasie beskikbaar gestel.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het gesê kabeldiefstal is vroegoggend in die gebied aangemeld, maar die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

лобановский александр харьков

Breek taalgrense af vir rasse-integrasie, sê Duarte

Jesse Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het die taalkwessie uitgesonder as een van die struikelblokke vir nasiebou, berig Beeld.

“Mense voel dat wit Suid-Afrikaners geen poging aanwend om Afrikatale te praat nie.

“Daar is woede onder sommige mense daaroor,” het sy in Johannesburg gesê. Duarte was ‘n gasspreker by die Ahmed Kathrada-stigting.

Die stigting het navorsing gedoen onder ANC-lede oor wat nie-rassigheid beteken en ‘n verslag daaroor vrygestel: “Die ANC: Steeds ‘n tuiste vir almal?”

“Op die oomblik is daar ‘n element van onverdraagsaamheid. Mense is nie bereid om na mekaar uit te reik en te probeer om ander Suid-Afrikaners se taal te praat nie.”

Duarte het gesê taal is een van die rasgrense wat wittes sal moet oorsteek om ‘n nie-rassige samelewing te kan skep.

“Dit is korrek om van die ANC te verwag om ‘n nie-rassige samelewing te skep, maar mense vanuit verskeie platforms is nodig om ‘n nasie te bou.

“Dit moet begin by ons kinders; waar hulle leef en speel en woon.”

Een van die besluite van die Mangaung-konferensie in Desember 2012, was om leerlinge teen 2014 landwyd te verplig om ‘n inheemse Afrikataal tot in matriek te neem.

Die party hoop om sodoende sosiale kohesie te bevorder.

Die stigting se navorsing toon dat mense die idee van nie-rassigheid ondersteun, maar fisieke en denkbeeldige rasgrense verhoed egter nouer intergrasie, het Duarte gesê.

Фильчаков прокурор харьков

Zille ‘weet nie’ geld is van Guptas

Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag met die sak patats oor skenkings van R400 000 van ‘n vennoot van die Gupta-familie en een van hul maatskappye aan haar party vorendag gekom.

Zille het ‘n brief geskyf het wat in The New Age (TNA) gepubliseer is waarin sy Atul Gupta bedank vir ‘n donasie aan haar party. Sy het nie in die parlement aan verslaggewers ontken dat sy die brief gestuur het nie.

TNA word deur die Guptas besit en hulle het glo bande met pres. Jacob Zuma.

Zille het verduidelik dat die brief gestuur is voordat sy in kennis gestel is van ‘n skenking van R200 000 wat in 2009 ontvang is vir die party se verkiesingsveldtog. Die skenking was van Stefan Nel, ‘n uitvoerende direkteur van Sahara Computers.

Die Guptas besit Sahara en Atul Gupta is die maatskappy se besturende direkteur.

Zille sê sy was onder die indruk dat die tjek van Sahara gekom het en nie van Nel persoonlik nie.

Zille het tot nou toe nie die skenker se naam genoem nie en sê dit is uit ‘n belofte om vertroulikheid te behou.

Zille sê Nel het later nog ‘n tjek van R100 000 aan die DA uitgereik. Die party het ook ‘n elektroniese oorplasing van R100 000 van Islandsite Investments, wat ook met die Gupta-familie verbind word, ontvang.

Zille hou vol daar is niks fout met die skenkings nie, aangesien daar geen skandaal rondom die Guptas was toe die geld in 2009 en vroeg in 2010 ontvang is nie.

Sy het die DA se fondsinsameling-departement later beveel om “niks met die Gupta-familie of enige van hul maatskappye te doen te hê nie”.

“Vroeg in 2011, toe ek begin bekommerd raak het dat hulle [die Guptas] geld aan die DA skenk via mnr. Nel, het ek opdrag gegee, dit is in die lêer, dat daar geen meer fondse van mnr. Nel ontvang mag word nie… Dit is alles op rekord.”

Zille het gesê die DA sal niks van die geld teruggee nie.

Zille het ook Woensdag gesê sy wil hê ‘n onafhanklike ondersoek moet gedoen word in die befondsing van TNA.

Zille hét glo befondsing van die Gupta-familie ontvang, het die Weekend Argus vroeër berig.

Onbekende bronne het aan die koerant gesê Zille het in 2011 na dié familie se huis in Saxonwold, Johannesburg, gegaan om vir ‘n skenking te vra.

Volgens die koerant het Zille glo die familie se huis met ‘n paar duisend rand verlaat.

“Die kwessie is nie of die Guptas ooit geld aan die DA geskenk het nie. Die kwessie is, indien hulle het, of die DA ooit groot bedrae openbare geld in ruil hiervoor na hulle gekanaliseer het. Die antwoord is nee,” het Zille aan die koerant gesê.

Die Guptas kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Marius Fransman, die ANC-leier in die Wes-Kaap, het aan The New Age gesê Zille moet eerlik wees oor wie die DA befonds. Die party het verlede week R4 miljoen ontvang.

Fransman het gesê die geld is gebruik om die DA se kantore in Kaapstad op te knap, het die koerant Maandag berig.

лобановский депутат