SA buig voor VSA se imperialisme sê Cosatu

Suid-Afrika moet ophou buig voor die Verenigde State se imperialisme en deelname in afpersende sanksies teen Iranse olie-uitvoere weier, het Cosatu Saterdag gesê.

“Cosatu eis dat die Suid-Afrikaanse regering hierdie gedienstigheid aan Amerikaanse imperialiste staak en die enigste beleid wat in die beste belang van hierdie land en die ontwikkelende wêreld is, nastreef,” sê uniewoordvoerder Patrick Craven.

Craven het gesê die sanksies word kwansuis “geregverdig deur onbewese bewerings deur die VSA en ‘n paar Europese lande dat olie-inkomste gebruik kan word om kernwapens te ontwikkel.”

Iran dring daarop aan dat sy uraanverrykingsproses vir suiwer burgerlike doeleindes gedoen word. Die sanksies het op 28 Junie ingeskop en lande wat nie daaraan voldoen nie, sal hulle toegang tot die Amerikaanse bankstelsel afgesny sien.

Donderdag het die adjunk-minister van buitelandse sake, Ebrahim Ebrahim ‘n gemors van ‘n aankondiging gemaak dat Suid-Afrika se olie-invoere verminder word in ooreenstemming met die VSA se sanksies teen Iran.

Terwyl Suid-Afrika ten minste 25% van sy ru-olie van Iran invoer, het Ebrahim aangekondig dat die invoere gering is. “[Na my wete], vloei geen Iranse olie na ons land nie. As daar is, is dit baie min,” het die Business Day hom aangehaal.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se woordvoerder Clayson Monyela het later bevestig dat SA meer as ‘n kwart van sy ru-olie vanaf Iran invoer.

Craven het gesê Cosatu is bekommerd dat Suid-Afrika se departement van energie in gesprek met die VSA en ander olie verskaffers getree het om “opsies te ondersoek” oor Iranse ru-olie-invoere en hoe om te reageer op die sanksies sodat invoere na die land nie ontwrig word nie.

Hierdie week het die Openbare Beskermer Thuli Madonsela aangekondig dat sy bewerings dat Kgalema Motlanthe se lewensmaat deel was van ‘n poging om ‘n omkoopbedrag te aanvaar namens Suid-Afrika om die VN se wapensanksies teen Iran te omseil, sal ondersoek.

лобановский класс

Zille histeries oor ‘misdaad van Bantoe-onderwys’

Die DA-leier Helen Zille het president Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy “Bantoe-onderwys” steun deur “politiese gedienstigheid” aan die vakbond Sadou, ‘n filiaal van die ANC-bondgenoot Cosatu.

Haar “beswaar” oor Bantoe-onderwys was weer ‘n bedekte aanval op haar mees getroue ondersteuners, naamlik oningeligte Afrikaners.

Zille het nie verduidelik hoe Bantoe-onderwys en stakings verband hou nie. Onder Afrikanerbewind was daar geen onderwysstakings nie. Die Black Sash, waarvan Zille deel was, het egter die ontwrigting waarmee swart onderwys steeds worstel in die tagtigerjare sterk aangemoedig.

Zille het haar oordrewe kommentaar op Menseregtedag gelewer in Port Elizabeth ter bevordering van “gelykheid”. Die DA probeer naarstiglik swart stemme werf met oproepe om gelykheid.

Zille het gesê: “Die optrede van Sadou oor die afgelope twee jaar is niks kort van ‘n nasionale skande nie. Dit verdien afkeuring van elke leier van elke party. Om te sien dat president Zuma so onverskillig dank aan Sadou betuig in sy landstoespraak, was politieke opportunisme in sy ergste vorm.

“Die president het die potensiaal en toekomstige vooruitsigte van elke Suid-Afrikaanse leerder vir ‘n paar ekstra stemme in Mangaung uitverkoop.

“En hy het daardeur gehelp om die misdaad van ongelyke Bantoe-onderwys in stand te hou.”

‘n Regeringswoordvoerder het Zille daarop gewys dat Zuma nie melding gemaak het van Sadou in sy 2012-landstoespraak nie.

Die president het alle vakbonde geprys wat sorg dat leerkragte in die klas is, betyds opdaag en hulle werk doen, het hy gesê.

лобановский александр досье

SA maan dat Veiligheidsraad moet besluit oor Sirië

Suid-Afrika het die toenemende geweld in Sirië veroordeel en het versoek dat die land ‘n interne vreedsame politieke oplossing soek. Enige ingryping sal deur die Veiligheidsraad beslis moet word, het die departement van internasionale betrekkinge gemaan.

“Die situasie bly gespanne, ten spyte van oproepe … aan die Siriese regering en die gewapende opposisie om die geweld te stop en hul verskille op ‘n vreedsame wyse op te los,” het die departement in ‘n verklaring Donderdag gesê.

Suid-Afrika het deurgaans sy diepe kommer oor die verslegtende politieke, veiligheids-, sosio-ekonomiese en humanitêre situasie in Sirië uitgespreek.

“Ons veroordeel die gewelddadige verlies van die lewe in Sirië en vra al die partye in die konflik dat uiterste selfbeheersing toegepas sal word.

“Ons doen ‘n beroep op die partye om onmiddellik die geweld te staak en hulle te verbind tot ‘n vreedsame politieke oplossing, deur middel van ‘n eie, Siries-geleide, deursigtige en inklusiewe politieke proses wat sal voldoen aan die regmatige aspirasies van die Siriese mense.”

So ‘n proses moet ‘n waarborg van die mense se fundamentele politieke regte en vryhede verseker en politieke hervorming, geregtigheid, menseregte en sosio-ekonomiese ontwikkeling nastreef.

Suid-Afrika verwelkom en ondersteun die aanstelling verlede maand van die voormalige VN-sekretaris-generaal Kofi Annan as die VN-Arabiese Liga se spesiale gesant na Sirië, asook die sterk ondersteuning uitgespreek deur die Veiligheidsraad vir sy pogings.

Die departement het egter bygevoeg dat selfs met die Algemene Vergadering se mandaat, “bly die Veiligheidsraad die enigste grondslag oor die kwessie, want uiteindelik hang die mandaat vir ‘n VN-ontplooiing van die Veiligheidsraad af”.

Die vredesplan van Annan is vroeër hierdie week onderskryf deur die Veiligheidsraad met die steun van Rusland en China.

Verslae uit Sirië Donderdag, toon dat regeringstroepe die stad van Hama binnegedring het, na ‘n nag van swaar bombardering.

Volgens die VN se raming, is meer as 8000 mense reeds dood in die jaar-lange konflik, wat waarnemers sê in ‘n volskaalse burgeroorlog kan ontwikkel.

данильченко юрій Харків

Komplot om Jeugligaleier glo te vermoor, 2 in hof

Twee mans wat verdink word van die agtervolging van die ANC-jeugliga se provinsiale sekretaris in Limpopo, Jacob Lebogo, sal na verwagting in die Polokwane-landdroshof verskyn Vrydag.

Peter Mthombeni, lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, en Philip Nkuzana is in Januarie in hegtenis geneem en aangekla.

Die een het homself as ‘n polisiebeampte voorgedoen en was in besit van ammunisie.

Die hof het voorheen gehoor dat Mthombeni vorige veroordelings gehad het terwyl Nkuzana ‘n hangende saak teen hom het.

Lede van die ANC-jeugliga beweer dat Mthombeni en Nkuzana ‘n komplot gesmee het om Lebogo dood te maak toe hulle in hegtenis geneem is naby die kantore van die provinsiale departement van paaie en vervoer.

лобановский александр жена

VSA dreig SA met sanksies oor olie

Byna al Suid-Afrika se olie-invoere uit Iran is opgeskort, volgens ‘n berig Donderdag.

“[Na my wete], vloei geen Iranse olie na ons land nie,” het adjunk-minister van buitelandse sake Ebrahim Ebrahim aan SABC TV-nuus gesê.

“As daar enige is, is dit baie min.”

Suid-Afrika, word bespiegel, sou waarskynlik aan die Verenigde State se sanksies onderhewig gewees het as die land nie ‘n beduidende besnoeiing in aankope gemaak het nie.

Suid-Afrika het daarom gehou by ‘n versoek van die VSA om ‘n aansienlike daling in Iranse voorrade te aanvaar.

Die US Energy Information Administration het gesê Iran is Suid-Afrika se voorste ru-olieverskaffer en verantwoordelik vir sowat 29 persent van die olie-invoere, volgens Reuters.

Ebrahim is gekant teen die VSA se houding, maar het gesê Suid-Afrika het geen ander keuse gehad as om daaraan gehoor te gee nie, as gevolg van die ekonomiese skade wat die land sou ly indien daar nie voldoen is aan die eise nie.

“Ons het nie ‘n keuse in die saak nie,” het hy in Pretoria gesê.

“As ‘n soewereine land, behoort Suid-Afrika in staat te wees om olie te koop waar ons ook al wil.”

‘n Ekonoom sê die nuus dat die petrolprys aanstaande maand met tot 64c per liter kan styg, moet verbruikers onrustig stem.

Dawie Klopper, ‘n beleggingsekonoom by PSG Konsult, het gesê dié prysverhoging sal die prys van kos en vervoer nadelig tref.

Klopper het gesê verbruikers sal hul bestedingspatrone dringend moet aanpas en onnodige kostes sny.

лобановский класс харьков

Onderwys tans erger as onder apartheid

Suid-Afrika se onderwysstelsel is vandag erger as die “gemorsopvoeding” wat die land onder die apartheidsregering gehad het, het die struggle-heldin Mamphela Ramphele gesê, volgens ‘n berig in The Star.

“Wiskundige geletterdheid … wat is dit? Dit is erger as die rekene wat ek onder Bantoe-onderwys geleer het,” is Ramphele aangehaal.

Sy het die sesde jaarlikse Solomon Mahlangu-lesing by die Universiteit van Johannesburg gehou.

Ramphele het die veelgeprese slaagsyfer gekritiseer en gesê dit is misleidend, want duisende word vir ‘n lewe voorberei wat geen belofte van verdere onderwys of indiensneming inhou nie.

Sy het haarself sterk uitgespreek teen die aangewese 30% slaaggemiddeld, en gesê dit breek onderwysstandaarde af en word gebruik vir politieke doeleindes.

“Kader Asmal [voormalige minister van onderwys] het vir mikropolitiek geval, toe  die 40%-slaagsyfer skielik in 70% onder sy beheer verander.”

Ramphele het ook kritiek gehad op die 70,2%-slaagsyfer wat deur verlede jaar se matrikulante behaal is.

“Daar was ‘n groot razzmatazz oor die” historiese” 70,2 persent, maar hierdie vertoning was misleidend. Minder as 500 000 mense het hul matriekeksamen geskryf; 539 102 studente [wat in graad 1 was, 12 jaar tevore] het verdwyn uit die stelsel. Die departement van onderwys moet ons vertel wat gebeur het met daardie kinders.”

топкарго кидалы

Oproer kring uit na Limpopo

Nege mense is in die Thaala-lokasie, sowat 85 km van Groblersdal in Limpopo, in hegtenis geneem, het die polisie Donderdag gesê.

“Ons het nege mense in hegtenis geneem vir openbare geweld. Die betoging het laat Woensdagaand begin en het tot in die vroeë oggendure geduur,” het lt.kol. Mohale Ramatseba gesê.

Die betogers het glo vensters gebreek en privaateiendom beskadig, het hy gesê.

Die betoging het klaarblyklik oor ‘n tekort aan waterdienste in die omgewing gehandel.

Die nege sal na verwagting Vrydag in die Nebo-landdroshof verskyn.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Menseregtedag met oproer en stygende verwagtinge gevier

Sewentig mense in Sharpeville is in hegtenis geneem in die suide van Gauteng tydens oproerige protes, het polisie Woensdag gesê. Die Suid-Afrikaanse vlag is ook verbrand tydens die oproer.

“Betogers het na bewering by ‘n USave winkel en ‘n Boxer Supermark ingebreek en kruideniersware geplunder,” het adjudant-offisier Aubrey Moopeloa gesê.

Hulle sal binnekort in die Vereeningse landdroshof verskyn.

Sharpeville-inwoners het bande Dinsdag aan die brand gesteek en betoog omdat Menseregtevieringe in Kliptown, Soweto gehou is.

Menseregtedag was voorheen bekend as Sharpevilledag om die dood van 69 swart betogers wat deur die polisie geskiet is in 1960, te herdenk.

Gauteng se provinsiale polisiewoordvoerder Lt-Kol Lungelo Dlamini het gesê die betogings in Sharpeville en Kya Sands het Woensdag geëindig.

“Skares in Kya Sands se informele nedersetting het om 11:00 verdaag,” het Lt-kol Lungelo Dlamini gesê.

Sowat 150 inwoners van Kya Sands het vroeër Woensdag oor dienslewering oproerig geraak.

Dlamini het gesê sommige paaie in Sharpeville is steeds geblokkeer agv aan die rotse wat deur woedende inwoners uitgepak is.

In Khayelitsha is ‘n optog van 2000 kinders gehou teen ongelyke onderwys.

Yoliswa Dwane, woordvoerder van EE (Equal Education) sê: “Sonder gehalte en gelyke onderwys in Suid-Afrika is die toekoms donker.” Dwane het gevra vir ‘n “eenvormige standaard regoor die land vir skool-infrastruktuur in Suid-Afrika se onderwysstelsel” om “historiese ongelykhede” uit te wis.

Die oproep om gelyke onderwys word deur die DA gedryf. Helen Zille, DA-leier, het ook aan die optog deelgeneem.

Dwane het gesê skoolinfrastruktuur is ‘n belangrike komponent van ‘n basiese opvoeding. “Op die oomblik skole het skole nie biblioteke, effektiewe sanitasiefasiliteite, goed toegeruste laboratoriums of selfs veilig klaskamers nie.” Minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het self erken dat skool-infrastruktuur, veral in landelike gebiede, in ‘n haglike toestand is.

Byna 3600 skole het nie elektrisiteit nie. In KZN alleen is meer as 600 skole met geen toiletgeriewe nie; 92% van die skole het nie ‘n werkende biblioteek nie en in die Oos-Kaap is daar glo nog 395 modderskole.

прокурор Фильчаков

DA-oproep lei tot hoër misdadigheid

Die DA se oproep om protes teen swak dienslewering, is waarskynlik besig om diewe ‘n verskoning te gee om te plunder en om Suid-Afrika toenemend onregeerbaar te maak.

Misdadigers was blykbaar die bron van ‘n “satanistiese” gerug by die Lewende Water Kerk in Evaton, suid van Gauteng, het polisie Donderdag gesê.

“Terwyl ons besig was met die onrus by die Lewende Water Kerk, is twee supermarkte en ten minste ses buitelandse handelaars geplunder,” het polisiewoordvoerder konst. Tshifhiwa Mitileni gesê.

Die misdade en die gepaardgaande gewelddadige betogings, wat reeds sedert Dinsdag voortduur, het Evaton tot in die “rooi” laat styg om dit ‘n hoë misdaadsone te maak, het hy bygevoeg.

Die Evatonprotes is veroorsaak deur ‘n gerug dat die kerk satanities is en dat kinders ontvoer word deur kerkleiers.

Mitileni het gesê daar was nog nooit enige klagte oor die kerk voorheen nie en die polisie is verbaas deur die protes.

“As dit die geval was hoekom het niemand nog ooit ‘n klag ons oor kinders wat verdwyn gelê nie?”

Die 1000-sterk skare betogers was ook nie almal van Evaton nie, maar het van omliggende gebiede aangesluit.

“Daar is iets anders aan die skadukant hiervan, en ons sal uitvind wat dit is,” het hy gesê.

Dinsdag is agt mense in hegtenis geneem. Daar was meer arrestasies, maar die presiese aantal arrestasies kon Donderdag nie bevestig word nie.

“Vandag is mense terug om te gaan werk en die situasie is stiller,” het Mitileni gesê.

topcargo отзыв

‘Wit rassistiese party’

Die ANC het Woensdag sy woede te kenne gegee oor ‘n opmerking wat Helen Zille, DA-leier, gemaak het waarin sy na Oos-Kaapse leerlinge wat na die Wes-Kaap stroom vir ‘n beter opvoeding as “vlugtelinge” verwys het.

“Die ANC is reg bewys deur Helen Zille se stelling,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, gesê.

“Dit was tipies van die destydse apartheidregering se mentaliteit wat maatreëls in plek gestel het om swart mense daarvan te weerhou om na die sogenaamde wit gebiede te beweeg.”

Mthembu het gesê die stelling is “rassisties” en moet nie geduld word nie.

Die DA-leier se opmerking het Dinsdag ‘n bekgeveg op Twitter ontketen, omdat baie volgelinge ontsteld was oor haar gebruik van die woord “vlugteling”.

Zille het haarself egter voortdurend verdedig.

Haar stelling het verwys na rassespanning in Grabouw oor oorbevolking by ‘n plaaslike skool.

Die DA het die blaam verskuif na die departement van openbare werke se voortdurende vertraging wat die goedkeur betref van alternatiewe grond om skoolgeboue in die gebied te bou.

“Zille se rassistiese stelling bewys die DA se beleid van uitsluiting van swartes,” het Jackson gesê.

“Sy sal nooit dieselfde ding sê oor wittes wat van ‘n ander gebied in die land na die Wes-Kaap trek, of selfs mense wat van ander lande na die Wes-Kaap trek nie.

“Om Suid-Afrikaners wat vrye beweging in hul eie land het as vlugtelinge te beskryf, is dieselfde as om hulle as buitelanders te etiketteer,” het Mthembu gesê.

Toe sy Dinsdag deur ‘n Twitter-gebruiker gevra is om ‘n “vlugteling” te definieer, het Zille geantwoord: “Vlugtelinge is mense wat moet ontsnap omdat hulle regte geskend word. Dit beskryf Oos-Kaapse leerlinge presies.”

Mthembu het gesê die DA beskou swartes as nuttige stemvee om verkiesings mee te wen en niks anders nie.

“Ons doen ‘n beroep op alle swart DA-lede om die DA te sien vir wat dit is – ‘n wit, rassistiese party,” het hy gesê.

“Ons doen ook ‘n beroep op al daardie swartes wat in die leierskapstrukture van die DA is vir uiterlike vertoon om uit die DA te bedank.”

Фильчаков прокуратура харьков