Laat politieke gevangenes vry: Azapo

Die Azanian People’s Organisation (Azapo) glo dat die spesiale afslag van vonnis wat deur president Jacob Zuma aangekondig is, is ‘n taktiek om sy voormalige finansiële adviseur Schabir Shaik vry te laat, volgens ‘n berig Maandag.

“Ons glo die oorkoepelende kwytskelding word slegs as ‘n afleiding gebruik omdat Zuma beoog om Shaik te help, ‘n persoon wie hy het geoffer sodat hy president kon wees,” het die Citizen Azapo se woordvoerder Funani Ka Ntontela aangehaal.

Volgens die Sowetan-koerant het die organisasie gesê dit is onregverdig om die kwytskelding aan te bied aan misdadigers, maar nie politieke gevangenes daarmee saam nie.

“Ons aanvaar die feit dat maatreëls gevind moet word vir die vermindering van oorbevolking in die land se tronke. Maar ons dink nie die uitgebreide kwytskelding van vonnis behoort een van daardie maatreëls te wees nie,” het hy gesê.

“Azapo … vra nog steeds vir die vrylating van politieke gevangenes. Dit is kamerade wat geveg het vir vryheid en skuldig bevind is deur die Nasionale Party,” het Ka Ntontela gesê.

“Maar die ANC sien nie ‘n behoefte dat hierdie vryheidsvegters vry moet wees om hierdie vryheid te geniet wat baie van ons geniet nie.”

Zuma het die aankondiging gemaak by ‘n Vryheidsdagviering.

In 2005, het die Durbanse hooggeregshof Shaik tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog en korrupsie. Sy straf eindig in 2021.

лобановский класс харьков

Suid-Afrikaner vas in Soedan

‘n Suid-Afrikaanse ontmyningsmaatskappy het Sondag gesê twee van sy werknemers is deur die Soedannese weermag ontvoer terwyl hulle aan ‘n ontmyningskontrak in Suid-Soedan gewerk het.

‘n Woordvoerder van die Soedannese weermag het vroeër beweer die mans is in hegtenis geneem omdat hulle vir Suid-Soedannese magte gewerk het.

Ashley Williams, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse staatsbeheerde Mechem, het gesê sy werknemers, ‘n Suid-Afrikaner en ‘n Suid-Soedannees, is saam met ‘n Britse VN-werker en ‘n Noorweegse burger ontvoer.

Williams het bewerings van ‘n Soedannese weermagswoordvoerder, dat die mans saam met Suid-Soedan werk in sy “aggressie” teen die noorde, verwerp.

“Dis humanitêre werk so die storie dat hulle militêre raadgewers is en hierdie soort van ding is totaal en al nonsens en nie waar nie,” het hy gesê.

“Ons doen humanitêre ontmyning op ‘n VN-kontrak en ons lede het volle VN-immuniteit. Die ontvoering het binne Suid-Soedannese grondgebied plaasgevind,” het hy aan die nuusagentskap AFP gesê, en verduidelik dat die twee mans suid gereis het tussen twee VN-basisse.

“Toe gryp hulle hulle en ry terug na Heglig met hulle, waar hulle toe beweer dat [die mans] in hierdie betwiste gebied in hegtenis geneem is, terwyl hulle nooit daar was nie.”

Фильчаков прокурор харьков

Valskermspringer sterf

‘n Man het in ‘n valskerm-ongeluk by ‘n valskermklub in Carletonville, wes van Johannesburg, gesterf, het die Valskermvereniging van Suid-Afrika gesê.

Roelof Hattingh (39) was Saterdagmiddag besig met ‘n solo-sprong toe die voorval gebeur het, het Mark Bellingan, woordvoerder van die vereniging, in ‘n verklaring gesê.

Hattingh se valskerm het doelmatig oopgemaak, maar het wegbeweeg van die landingsgebied.

Hy het ernstige beserings opgedoen. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Malema-bondgenote kry die wind van voor

Bondgenote van die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema kan moontlik uit die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (Nyda) se bestuur geskop word, het die Sunday Times berig.

Die raad se ampstermyn verstryk aan die einde van Mei. Benoemings vir raadslede moes teen die einde van Maart afgehandel word.

Andile Lungisa, voorsitter van Nyda, Steven Ngubeni, die uitvoerende hoof en Magdalene Moonsamy, die hoofbestuursbeampte, almal Malema-ondersteuners, sal na verwagting uit die raad geskop word, het die koerant berig.

Altesaam 23 kandidate het die kortlys vir die raad gehaal.

Name van Zuma-ondersteuners kan dalk wel op die lys verskyn, het dié weekblad berig. Daar is sewe posisies op die raad beskikbaar.

Magdalene Moonsamy, woordvoerder vir die ANC-jeugliga, het navrae na Nyda verwys. Moonsamy het die navrae na Lungisa verwys, wat nie beskikbaar was vir kommentaar nie.

topcargo отзыв

‘Zille raak onstabiel’

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se onlangse opmerkings teen Cosatu is ‘n “teken van haar groeiende onstabiliteit”, het die provinsiale tak van die vakbond Woensdag gesê.

“Cosatu is nie verras deur Zille se opmerkings by die Universiteit van Stellenbosch nie. Sy maak nou al ‘n ruk lank die vreemdste en mees verbasende stellings. Vir sommige daarvan moes sy reeds om verskoning vra,” het Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, gesê.

“Ons raak toenemend bekommerd oor die onstabiliteit en roekeloosheid van die premier en leier van die DA.”

Hy het in ‘n verklaring gesê haar opmerkings oor Cosatu was “onakkuraat en misleidend”.

“Pleks daarvan om hier in detail te antwoord… sal ek graag ‘n openbare debat met die premier wou voer oor die kwessies wat sy opgehaal het,” het Ehrenreich gesê.

“Ons het al hierdie uitdaging voor die Stellenbosch-gebeurtenis aan die DA gerig, maar die DA wou dit nie aanvaar nie. Ek skat dit is makliker om wilde bewerings te maak as jy nie hoef te antwoord op die feite nie.”

Zille het Dinsdag aan studente by die universiteit gesê Cosatu probeer “konkel” omdat hulle ambisieus is.

Sy het gesê Suid-Afrikaners het nodig om deur Cosatu te kan sien, aangesien dit “werklose mense weg van werke en ekonomiese geleenthede wil hou, om sy magsbasis te beskerm”.

“Soos die interne stryd in die ANC warm word, en Cosatu konkel vir meer mag, het hy homself op ‘n slim wyse probeer kleur as die ‘interne opposisie’ binne die drieparty-alliansie,” het Zille gesê.

“Dit is duidelik dat Zwelinzima Vavi [sekretaris-generaal van Cosatu] betrokke is by ‘n veldtog om vir homself ‘n magsbasis te skep, van waar hy sal probeer om die alliansie te wen by die ANC se 2017-konferensie.”

Sy het gesê as Vavi die land wil bestuur, moet hy “sy naam op die stembrief sit en staan vir verkiesing”.

Cosatu het vroeër gesê hy sal nie deelneem aan die Wes-Kaap se Ekonomiese Ontwikkelingsvennootskap (EOV) nie.

“Cosatu is, vreemd genoeg, die enigste organisasie in die hele provinsie wat weier om by die proses betrokke te raak, sedert dit in Maart 2011 begin het,” het sy luidens berigte gesê.

Patrick Craven, nasionale woordvoerder van Cosatu, het Zille se opmerkings later as “verspot en lasterlik” beskryf.

Hy het gesê haar “uitbarsting” is gemotiveer deur jaloesie op Cosatu se vermoë om miljoene Suid-Afrikaners van alle rasse in sy veldtogte te mobiliseer.
Ehrenreich het gesê Zille was “oneerlik” oor die EOV.

“Die EOV is gestruktureer op ‘n manier wat die premier se grootste swakheid beskerm: om nie op ‘n konstruktiewe wyse te kan omgaan met persone en organisasies wat nie haar standpunte deel nie,” het hy gesê.

“Die R2 miljoen wat tot dusver op die EOV-proses spandeer is, is ‘n buitengewone koste wat weereens werke vir DA-vriende geskep het.”

Данильченко Юрий Брониславович

E-tol deurbraak!

Regter Bill Prinsloo het Woensdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof beslis dat die Opposition to Urban Tolling Alliance, Outa, se saak dringend genoeg is om aangehoor te word, het Alex Eliseev van EWN uit die hof getwiet.

Outa het ‘n aansoek voor die hof gebring vir ‘n dringende interdik om die e-tolstelsel in Gauteng te staak. Die hof het die interdik toegestaan.

Dit beteken nie die e-tolstelsel kan nie voortgaan nie. Dit beteken slegs dat ‘n volledige verhoor oor die stelsel gehou sal moet word.

Outa, die vakbond Cosatu en die Demokratiese Alliansie het vandeesweek alles probeer om die implementering van die stelsel te staak.

Cosatu beplan volgende Maandag ‘n optog teen die e-tolstelsel.

Vincent Maleka, regsverteenwoordiger van die minister van vervoer en die Gautengse LUR vir vervoer, het Dinsdag aan die hof gesê Outa is nie geregtig op nóg ‘n uitstel van die e-tolstelsel nie.

Dié stelsel is sedert April 2011 vier keer uitgestel.

Outa het Dinsdag aangevoer die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is nie gereed om voort te gaan met die e-tolstelsel op Gauteng se paaie nie, omdat geen voorsiening gemaak is om die openbarevervoer-sektor by die tariefstruktuur uit te sluit nie.

Sanral en die tesourie het gesê die hofsaak is vier jaar te laat en het Outa daarvan beskuldig dat hy tot die laaste nippertjie gewag het om hulle tot die hof te wend.

прокурор Фильчаков

Polisie doof toe witte in sel deur swartes vermoor word

‘n Blanke man, Eben Meyer (47) van Kaapstad, is volgens wat Die Burger berig, in aanhouding doodgemaak deur swartes sonder dat die polisielede aan diens ‘n vinger gelig het om hom te help.

Meyer, wat vir dronkenskap opgesluit is, is in die Durbanville-polisieselle aangehou saam met agt ander mense. Hy het glo tevergeefs om hulp geroep en aan die tralies gepluk om die aandag te trek van die polisiebeamptes wat aan diens was.

Sy bebloede lyk, voos geskop en geslaan, is Saterdag kort ná 02:00 op ‘n bloedbevlekte matras aangetref in ‘n hoek van die sel. Twee swartes is intussen aangekla van moord en sal weer op 10 Mei in Belville se landdroshof veskyn.

Meyer het blykbaar by ‘n kroeg gekuier en te veel gedrink nadat hy in ‘n stryery met sy verloofde betrokke was.

‘n Getuie, wat gevra het om anoniem te bly, het gesê hy was ook Vrydagaand in die polisieselle opgesluit. Die vyf polisiebeamptes in die aanklagkantoor het gemaak asof hulle nie die hulpkrete, sowat 10m daarvandaan en reg by die aanklagkantoor, hoor nie.

Die SAPD kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Фильчаков

Twee Namibiese boere vermoor, derde veg vir sy lewe

In dieselfde week dat mnr. Piet van Helsdingen (49) van die Gobabis- distrik deur ‘n stukwerker vermoor is, is inwoners geskok toe nog ‘n boer van die distrik, mnr. Piet Bergh (41), tydens ‘n gewapende roof in die hoofstad gewond is.

Bloedstrepe op die pad en aan die bestuurdersitplek se deur van Bergh se ligte vragmotor, asook koeëlgate deur die deur, getuig van die gewapende rooftog Vrydag by ‘n slaghuis in Eros, Windhoek

Dit is ‘n wonderwerk dat Bergh nog leef nadat hy tydens ‘n gewapende roof geskiet is, meen familie en medici. Bergh is tans in ‘n stabiele, maar ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal in Windhoek.

Bergh boer op die plaas Maramba naby Leonardville en het ook ‘n slaghuis op die plaas van waar hy verwerkte vleisprodukte soos biltong en droëwors aan verskeie slaghuise lewer. Hy is getroud met ‘n 12-jarige dogter en vyfjarige seuntjie.

Op Republikein se Facebook-blad het meer as honderd lesers kommentaar oor die skokvoorval gelewer, veral omdat dit in dieselfde week as die moord op mnr. Piet van Helsdingen (49), ook van die Gobabis-distrik, plaasgevind het.

Drie boere was in dieselfde week slagoffers van geweldsmisdaad, sê die Namibiese Landbou-unie (NLU).

In ‘n nuusbrief sê die organisasie hy is geskok deur die moorde van mnre. Louis Vorster en Piet van Helsdingen.

Vorster, ‘n boer van die distrik Gobabis, is by ‘n vulstasie in Johannesburg deur drie gewapende mans doodgeskiet. Van Helsdingen is verlede week deur ‘n tydelike werker op sy plaas vermoor.

 

Фильчаков Александр Васильевич

Kaapse strand word misdaadhool

Waarskuwingsborde gaan by Noordhoek-strand naby Kaapstad opgerig word om besoekers te waarsku oor roof en ander misdaad in die gebied, is Dinsdag berig.

Die kennisgewingborde kom nadat minstens agt mense in aparte voorvalle sedert Februarie by die strand beroof is, het die Cape Times berig.

Dan Plato, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê toeriste is die sagte teikens.

“Spesifiek toeriste ken nie die gevare van die omgewing nie. Wat ons sal moet doen is om kennisgewingborde op te rig wat sê: ‘Loop slegs in hierdie aangewese dele’ of ‘Moet asseblief nie verby hierdie punt gaan nie’,” het hy gesê.

Plato kyk ook na die moontlikheid van vierwielmotorfiets-patrollies, maar sê dit sal nie die misdaadprobleem heeltemal oplos nie.

“Aanvalle vind byna enige tyd van die dag plaas. As misdadigers wil toeslaan, slaan hulle toe.”

“In die mees onlangse voorval is ‘n pa en dogter Saterdag deur ‘n man gewapen met ‘n mes, aangeval. Die pa is in die regterbeen gesteek en ‘n selfoon en ring is gesteel.”

Merle Collins, woordvoerder van die Tafelberg Nasionale Park, het mense gewaarsku om in groepe van vier of meer te loop en om nie waardevolle items by hulle te dra nie.

Фильчаков прокурор харькова

Malema geskors

Die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee het Dinsdagaand Julius Malema se skorsing uit die party bevestig.

“Met verwysing na die huidige dissiplinêre verhoor, bevestig die NDK (Nasionale Dissiplinêre Komitee van appèl) die sanksie wat deur die NTK (Nasionale Tugkomitee) opgelê is dat die appellant permanent uit die ANC geskors moet word,” is in ‘n verklaring gesê.

Die sanksie is in November opgelê nadat Malema verdeeldheid in die party gesaai en die party in oneer gebring het.

Die stap kom nadat Malema president Jacob Zuma se leierskapstyl teenoor dié van oudpresident Thabo Mbeki krities vergelyk het, asook oor opmerkings wat hy gemaak het oor ‘n bewindsverandering in Botswana.

Die NDK-beslissing beteken Malema is nie meer president van die ANC-Jeugliga nie.

Die NDK het ook die appèl van Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-Jeugliga, verwerp. Sy skorsing uit die ANC is egter nie tot vyf jaar verhoog nie, maar is tot drie jaar verminder.

Die NDK het ook die appèl van Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal van die ANCJL, verwerp.

“Die appellant se ANC-lidmaatskap is vir ‘n tydperk van een jaar opgeskort, wat met onmiddellike effek geld,” het die verklaring gelui.

Данильченко Харьков