Zuma se seun skuld bruilofkoördineerder

President Jacob Zuma se seun word gedagvaar vir R1.5 miljoen vir die versuim om ‘n Durbanse maatskappy te betaal wat sy troue gereël het, volgens ‘n berig Dinsdag.

Edward Zuma is getroud met Phumelele Shange in Oktober verlede jaar. Hulle onthaal vir 500 gaste is gehou by die Tala Game Reserve naby Camperdown, het The Star berig.

Maandag is ‘n aansoek gebring deur die Glenwoodse Functions for Africa teen Zuma in die Durbanse Hooggeregshof voor Regter Kevin Swain. Dit is uitgestel tot later in Mei omdat nóg Zuma, nóg sy prokureurs opgedaag het.

Zuma is gelas om die koste van die uitstel te betaal.

Functions for Africa se Paul Mann het gesê dat Zuma net R1 miljoen betaal het van die R2.5 miljoen wat hy skuld.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

VF+ vra ondersoek na e-toltender

“Die Vryheidsfront Plus gaan die Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) nader om ondersoek in te stel na die tenderprosedures wat gevolg is met die toekenning van die tender vir die bestuur van die Gauteng e-tolstelsel. Inligting wat die afgelope tyd in die media bekend gemaak is dui daarop dat verskye maatskappye, filiaalmaatskappye en individue wat aandeelhouers in maatskappye is, wat deel van die konsortium is wat die tender ontvang het, ook betrokke was by die regering se wapenaankope-transaksie in 1999,” het Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Vervoer gesê.

“Die SOE sal spesifiek gevra word om ondersoek te doen na die ooreenkoms in maatskappye wat deel is van die konsortium wat die e-tolstelsel tender bekom het en die maatskappye, filiaalmaatskappye en aandeelhouers van die maatskappye wat kontrakte in die wapenaankope-transaksie van 1999 gekry het. Dit is belangrik om vas te stel of daar enige onbehoorlike beinvloeding was wat daartoe gelei het dat dieselfde maatskappye sulke groot tenders van die SA regering ontvang het. Die SOE sal ook vesoek word om vas te stel of daar ‘n onbehoorlike voordeel aan hierdie maatskappye gegee is weens hul historiese kontakte met die ANC regering,” het Adv. Alberts bygevoeg.

“Die VF Plus het kennis geneem van die hoof van SANRAL, mnr. Nazir Ali se stellings dat die tender proses “‘n volledige proses was” en “skoon en deursigtig en in terme van die Fiskus se vereistes onderneem was”, maar dit blyk op die oppervlak dat die inligting oor lede van die konsortium wat die tender ontvang het en ook betrokke was by die wapenaankope-transaksie, nie van meet af aan die publiek vooropgehou is nie. SANRAL moes bewus gewees het van die kontroversie rondom die bewerings van omkopery en bedrog wat in SA en internasionaal gemaak is teen maatskappye wat die wapenkontrakte bekom het en moes daarom twee keer gedink het voordat die e-tolstelsel-tender aan hulle toegeken is,” meen Alberts.

Net soos in die geval van die wapentransaksie kos die e-tolstelsel Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljarde rande. Daarom moes daar groter omsigtigheid gewees het met die toekenning van tenders aan internasionale maatskappye wat winste nie in die land terugploeg nie en wat tot hede nie hul Nasionale Industriële Deelname ooreenkomste in die wapenstansaksie met SA nagekom het nie. Die ondersoek deur die SOE sal daarom kan vasstel of enige maatskappye onbehoorlike voordele ontvang het met die toekenning van die tender vir die e-tolstelsel.

прокурор Фильчаков

Zille vry na Vavi

Zwelinzima Vavi, hoof van Cosatu, het gesê die DA-leier Helen Zille het hom “lastig geval” om by haar party aan te sluit, het die Sunday Times berig.

Vavi het aan die koerant gesê dat Zille aan hom by ‘n sokkerwedstryd gesê het: “Kan jy jou voorstel… ek en jy, die mag?”

Vavi beweer Zille was daarmee behep om hom te oorreed om by die DA aan te sluit.

“Sy is baie, baie magsbehep want sy het hierdie verkeerde siening… dat ek oorreed kan word om by die opposisie aan te sluit.

“Sy het my probeer werf, persoonlik, om by die DA aan te sluit in die aanloop tot die plaaslike verkiesing.”

Die twee het sedertdien in die openbaar vasgesit, met Vavi wat Zille verban het van ‘n protesoptog oor die e-tolstelsel en Zille wat beweer het Cosatu het werkloses gefaal.

“Dis hoe sy droom. Ek kan nooit by haar party aansluit nie; [hulle] bestaansreg is om met die uitbuiting van werkers voort te gaan.”

Zille se woordvoerder, Pierre-Charl du Preez, wou nie die bewerings bevestig nie, maar het dit as “oulik” afgemaak.

Лобановский

Motlanthe-komitee gaan e-tol ondersoek

Die aankondiging deur Minister Collins Chabane dat die regering ‘n komitee bestaande uit kabinetministers onder leiding van adjunk-president Kgalema Motlanthe aangestel het om na alle aspekte van die Gauteng e-tolstelsel om te sien, is ‘n stap in die regte rigting.

“Die regering moes van meet af so ‘n komitee gehad het wat verantwoordelik was vir die beplanning van die uitbreiding en instandhouding van Gauteng se padnetwerk sodat die chaos wat daar tans is met die Gauteng e-tolstelsel vermy kon word,” het Adv. Anton Alberts, die VF Plus se Parlementêre woordvoerder oor Vervoer gesê.

Die VF Plus is van mening dat die e-tolstelsel heeltemal geskrap moet word en dat die regering nie appèl teen die uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria moet aanteken nie. “So ‘n stap sal slegs tot verdere verkwisting van belastingbetalers se geld lei. Die regering moet eerder innoverende oplossings soek om alternatiewe finansieringsmodelle vir die skuld van die Gauteng e-tolstelsel te skep”, meen adv. Alberts.

SANRAL kan ook saam met die komitee ondersoek instel na alternatiewe gebruike vir die oorhoofse tolhekke en kameras wat reeds geinstalleer is. Hierdie stelsel kan, soos in ander groot internasionale stede, gebruik word vir verkeersmonitering en –regulering.

Die infrastruktuur kan ook aangewend word om spoedregulering toe te pas om so by te dra tot die vermindering van padongelukke op Gauteng se paaie.

Die VF Plus sal die werksaamhede van die komitee noukeurig monitor om so te verseker dat die regering – en nie die ANC as politieke party – ‘n oplossing vir die e-tolstelsel vind.

Фильчаков прокурор харьков

Polisie is die oorsaak van misdaad

Volgens lt.genl. Mzwandile Petros, Gautengse polisiehoof, is polisie-, metropolisie- en veiligheidsbeamptes die hoofoorsaak van misdaadvoorvalle in Gauteng.

Met 2 500 wapens per jaar en 288 000 patrone wat gesteel word, kan ‘n burgeroorlog gevoer word. Die patrone word by die polisie se vuurwapenopleidingskole in Gauteng gesteel.

Ten spyte van die interne ondersoek deur die polisie om vas te stel wie verantwoordelik is vir die diefstal, is geen verdagtes nog aangekeer nie.

Die polisie bewapen misdadigers op dié manier, sê dr. Johan Burger, ‘n senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) aan Beeld gesê.

“Daar is jaarliks iets soos 2 500 gewere in die polisie se besit wat verloor word.

Sowat 100 000 patrone vir onder meer R5-aanvalsgewere, haelgewere en handwapens is na bewering by ‘n opleidingskool in Soweto gesteel, en sowat 88 000 patrone vir R5-aanvalsgewere by ‘n opleidingskool in Benoni.

Burger het gesê dié twee skokvoorvalle is nie die enigste diefstal nie. Daar word jaarliks ten minste 2 500 wapens “verloor” en net sowat 10% word ooit teruggevind.

” ‘n Mens kan jouself seker net verbeel wat van al hierdie wapens word en afvra hoeveel in misdadigers se hande beland – so in ‘n sekere sin dra die polisie eintlik in ‘n groot mate by tot die bewapening van misdadigers.”

Brig. Neville Malila, hoof van die Gauteng-polisie se kommunikasiedienste, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Kol. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het ook nie op navrae in dié verband gereageer nie.

Фильчаков Александр Васильевич

Cosatu nooi DA om vír arbeidsmakelaars te betoog

Die Demokratiese Alliansie is welkom om te betoog teen Cosatu om arbeidsmakelary te bevorder, het die federasie se sekretaris-generaal Zwelenzima Vavi, Donderdag gesê.

“Julle moet nadink oor die werklike klassestryd. Dit is hoekom ek gesê het op Twitter … die DA, mooi, julle kan by Cosatu se hoofkantoor kom betoog en vertel ons dat hierdie arbeidsmakelary ok is,” het hy gesê.

“Kom vertel ons dat hierdie soort optrede van werknemers iets is wat ons nie moet teen moet baklei nie. Kom ons vertel dat ons nie moet veg teen arbeidsmakelaars nie.”

Vavi het gepraat by die bekendstelling van ‘n nuwe uitgawe van Emma Mashinini se outobiografie, “Strikes have Followed me all my Life”, in Johannesburg. Mashinini was een van die stigterslede van Cosatu.

Vavi het gesê die DA sal nooit verstaan ​​wat dit is om ‘n jong swart vrou te wees wat ‘n minimumloon verdien nie.

“Die mense wat jou memorandum sal ontvang is nie ons by Cosatu wat praat namens werkers nie, maar dit sal die werkers self wees,” het hy gesê.

“Ons boodskap aan lafaards en aan die kansvatters in die DA is om te kom betoog by ons en ons te vertel dat die helfte van ‘n brood beter is as geen brood.

“Kom vertel ons hierdie voorwaardes moet geduld word, omdat julle nie die skoen self dra nie.”

Hy het gesê só ‘n optog sal die regte en die vryhede van werkers minag.

DA-leier Helen Zille het vroeër aan die studente by die Universiteit van Stellenbosch gesê dat Cosatu mag nastreef.

Sy het gesê Suid-Afrikaners moet deur Cosatu sien, want hulle wil “werklose mense wat uitgesluit is van werksgeleenthede en ekonomiese geleenthede uithou, om sy magsbasis te beskerm”.

лобановский класс

Malema voel soos gebruikte toiletpapier of kondoom

Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het gesê die ANC het hom vir die party se eie doeleindes gebruik en hom toe weggegooi, is Donderdag berig.

eNews het berig dat Malema aan ‘n saamtrek van die Vriende van die Jeugliga in Mthatha in die Oos-Kaap gesê hy is misbruik deur die ANC se leierskap.

“Dié van ons wat lojaal gebly het en dié van ons wat verraderlike plekke betree het deur die ANC te verdedig… vandag wil hulle ons nie hê nie,” het hy gesê.

“Ons word gebruik soos toiletpapier wat in die toilet afgespoel word. Ons word soos kondome gebruik – dié wat kondome gebruik sal weet hoe kondome werk, hulle gebruik dit en dan gooi hulle dit iewers anders weg,” het hy gesê.

Die ANC-Jeugliga het hom gedistansieer van die nuut gevormde Vriende van die Jeugliga. Die groep is geskep om ‘n platform vir Malema te bied ná sy permanente skorsing uit die ANC.

Die jeugliga se provinsiale woordvoerder, Nathi Nomatiti, het Woensdag aan City Press gesê die provinsiale uitvoerende komitee in die Oos-Kaap het hom gedistansieer van die groep omdat hy niks van die groep weet nie.

Malema is aanvanklik vir vyf jaar uit die party geskors nadat hy verdeeldheid in die party gesaai en die party in oneer gebring het.

Hy het geappelleer, maar sonder sukses. Op 29 Februarie is daar aangekondig dat hy permanent uit die party geskors is.

Hy het weer geappelleer, maar dié appèl is op 24 April deur die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee verwerp.

Фильчаков прокурор отзывы

Vyf oproermakers by Vredefort vas

Vyf mense het in die Vredefort-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld ná oproer in dié dorp, het die polisie in die Vrystaat Donderdag gesê.

Volgens kol. Thandi Mbambo word die vyf ook aangekla van die besit van beweerde gesteelde goedere.

‘n Groep van 2 000 inwoners het Dinsdag begin oproerig raak en paaie in die Mokwallo-township met brandende bande en klippe afgesper.

Drie winkels wat deur buitelanders besit word, is deur brande beskadig. Die oproer het begin ná probleme met elektrisiteitsvoorsiening in die lokasie. Mbambo het gesê die situasie is kalmer sedert kragtoevoer Donderdag gedeeltelik herstel is.

Pogings om ‘n munisipale gebou in Mokwallo vroeër vandeesweek aan die brand te steek het misluk, maar die oproermakers het die meeste van die vensters gebreek.

Die polisie patrolleer steeds die gebied in  Mokwallo.

прокурор Фильчаков

R52 miljoen vir tuisbly

Die staat betaal R52 miljoen vir 1 559 amptenare wat by die huis sit omdat departemente meer as die voorgeskrewe 60 dae neem om dissiplinêre verhore te voltooi.

Skokkende syfers wat vrygestel is in die parlement deur die Staatsdienskommissie het getoon dat in die 2010-2011 finansiële jaar – die tydperk onder oorsig – die polisie voor in die koor was met 869 van hul amptenare by die huis.

Korrektiewe Dienste het 471 werknemers geskors. Die departement van justisie en verdediging het ‘n gekombineerde 107 werknemers op voorkomende skorsing.

Volgens die kommissie, het departemente tussen R100 000 en R1-miljoen spandeer aan die salarisse van werknemers wat tydelik geskors is. Korrektiewe Dienste betaal egter R14-miljoen aan werknemers by die huis, gevolg deur die departement van justisie, met 69 werknemerswat R11 miljoen in salarisse kos. Die polisie se 869 amptenare het R8-miljoen gedurende die tydperk wat hulle by die huis was, gekos.

Die Staatsdienskommissie se direkteur-generaal Richard Levin, het gesê die teenstrydighede in die bedrae wat deur departemente betaal word aan geskorste amptenare, is as die gevolg van die verskillende vlakke van senioriteit van die betrokke amptenare.

Hy het gesê die redes om regeringswerknemers te skors het gewissel van finansiële wangedrag, diefstal, bedrog en die misbruik van staatseiendom tot seksuele teistering en seksuele aanranding, growwe nalatigheid wat gelei het tot die verlies van die staat se geld en die skending van tenderprosesse.

Фильчаков Александр Васильевич

Kan Afrikatale universiteitstale word?

Kan die Afrikatale wat in die Suid-Afrikaanse grondwet as amptelike tale erken word, ontwikkel tot volwaardige universiteitstale?

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier het nalv die Hoëronderwysbegrotingsdebat in die Parlement op 24 April 2012 sy gedagtes oor die kwessie gestel:

Dit word nie betwis dat ons kinders vlot Engels moet kan praat nie aangesien dit ‘n internasionale taal is.

Maar ek stem saam met die agbare minister (Hoër Onderwys en opleiding) toe hy in ‘n toespraak (verlede jaar) sy teleurstelling uitgespreek het met die stadige vordering met die “ontwikkeling van Afrika-tale as tale van onderrig” by die land se universiteite.

In sy toespraak het hy voorstelle gemaak oor hoe om inheemse Afrika-tale in tale van onderrig in hoër onderwys te ontwikkel.

Die minister en ek het reeds baie gesprekke oor taal en onderwys gevoer. Hy weet hoe sterk ek persoonlik oor hierdie sake voel en dat die VF Plus hierdie uitsprake van hom ondersteun.

Prof Adama Samassekou van Mali, het as president van die Afrika Akademie van tale gesê: “…dit is onaanvaarbaar dat Afrika die enigste vasteland is waar kinders nie in hul moedertaal onderrig word nie.” Duitsers leer in Duits, Japanners leer in Japanees, Chinese in Chinees maar die mense van Afrika in ‘n vreemde taal.

Die vraag is: Kan die Afrikatale wat in die Suid-Afrikaanse grondwet as amptelike tale erken word, ontwikkel tot volwaardige universiteitstale?

Aan die begin van die vorige eeu is Afrikaans afgemaak as ‘n kombuistaal wat nooit tot ‘n volwaardige akademiese taal sal kan ontwikkel nie. Binne ‘n paar dekades is Afrikaans ontwikkel tot ‘n universiteitstaal. (Daar is meer as 450 vakwoordeboeke en terminologielyste asook ‘n gerekaniseerde taaldatabank en speltoetsers in Afrikaans ontwikkel.) As die wil daar is, kan enige taal tot op hierdie vlak ontwikkel word – ook isiZulu en Sesotho. Hebreeus was vir 2000 jaar ‘n dooie historiese taal. Omdat die wil daar was, is Hebreeus in die twintigste eeu tot ‘n moderne taal vernuwe waarin vandag rekenaars gebou en gevorderde navorsing gedoen word. Afrikaans is saam met Hindi, Maleis en Hebreeus die enigste tale wat hulle self in die 20 ste eeu van kombuis tot universiteit ontwikkel het. Ek glo as die wil daar is, kan van die Suid-Afrikaanse Afrikatale dieselfde doen in die 21ste eeu.

Baie goeie werk word tans by sommige Suid-Afrikaanse Universiteite in hierdie verband gedoen. Ek dink aan die goeie werk wat iemand soos Professor LZM (Zamokwakhe) Khumalo vir die ontwikkeling van isiZulu by die Universiteit van Zululand gedoen het. As ek reg is he was the first person to do his PhD in the medium of IsiZulu.

Ek is ook bewus van die goeie werk wat by die Noordwes Universiteit gedoen word waar reeds elektroniese speltoetsers vir onder andere isiZulu, Setswana en isiXhosa ontwikkel is.

My vraag is, wat word gedoen om hierdie Universiteite aan te moedig om hiermee voort te gaan en so ander Suid-Afrikaanse tale, naas Engels, te bevorder. Verskeie Universiteite bied hulle klasse in meer as een taal aan of maak gebruik van gelyktydige vertaaldienste. As die minister ernstig is met sy droom om ander Suid-Afrikaanse tale tot op universiteitsvlakte ontwikkel, moet hy en sy departement maatreëls te tref om hierdie universiteite aan te moedig om hiermee voort te gaan. (Dit is al manier hoe die minister se droom van die ontwikkeling van ander Suid-Afrikaanse tale gaan realiseer.) Die beste manier sal wees om die finansieringsformule waarmee die staat universiteite finansier aan te pas ten einde hierdie universiteite ekstra te vergoed vir die ekstra uitgawes wat hulle aangaan om veeltaligheid te bevorder. Ek wil die minister en sy departement vra of hulle bereid is om so ‘n ondersoek te doen na die aanpassing van die finansieringsformule?

Данильченко Юрий Брониславович компромат