Klok lui vir Manuel-, Barclays-, Absa-geveg

Trevor Manuel, die Minister in die presidensie verantwoordelik vir die Nasionale Beplanningskommissie, is woedend oor Terry Crawford-Browne se voorstel dat hy vir meineed en geldwassery in verband met die wapentransaksie ondersoek moet word.

Die aktivis het aan die lig gebring in sy voorlegging aan ‘n regterlike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie verlede maand, dat hy versoek het dat Manuel, wat toe minister van finansies was, ondersoek word.

President Jacob Zuma het die Seriti-kommissie verlede jaar aangestel na Crawford-Browne die regering na die Grondwethof oor die aangeleentheid geneem het.

“My voorlegging aan die Seriti-kommissie vra ‘n ondersoek van die klagte teen… die minister… van meineed in verband met die wapentransaksie, en van geldwassery,” het hy gesê.

Manuel het Maandag stoom afgeblaas teen Crawford-Browne, en gesê sy eise is “leeg” en sonder “enige ankers in die werklikheid”.

“Dit is moeilik om die gevolgtrekking dat Crawford-Browne duiwels jaag, of dat hy in ‘n parallelle heelal woon waarin hy ander wil insuig, te vermy,” het Manuel gesê.

Die twee se geveg binne en buite die hof oor die wapentransaksie kom al ‘n lang pad.

“Crawford-Browne het beter dinge om te doen as om die obsessies van sy denkbeeldige vriende te geniet. Niks goeds kan kom hiervan nie,” het Manuel gesê.

Crawford-Browne het ook ‘n beroep op Zuma gedoen om ‘n kommissie van ondersoek na Barclays Bank se verkryging van Absa in 2005 aan te stel in die nasleep van die LIBOR-skandaal.

Hy het ook Barclays aan die wapentransaksie gekoppel.

Manuel se vrou, Maria Ramos, was hoof van Absa, wat deur Barclays besit word.

“Dit is van kardinale belang gegewe die entoesiastiese goedkeuring deur die Minister in 2005 toe Barclays Bank Absa met ‘n 55,5%-aandeelhouding oorgeneem het. Watter dreigemente het Barclays Bank, oor “verteenwoordiging, verbond- en standaardklousules” gemaak? Die oorname is met ‘n groot trompetgeskal as ‘n stem van vertroue in Suid-Afrika gedoen.”

Ramos is aangehaal in die Sunday Times waar sy sê sy is nie bekommerd dat Absa se beeld deur sy assosiasie met die beleërde Barclays besmet sal word nie. Sy het aan die koerant gesê die Absa-handelsmerk is baie sterk in Suid-Afrika.

Crawford-Browne se eise teen Manuel beteken die openbare geveg het maar begin.

лобановский харьков

Twee vas na plaasaanval

Twee mans is in hegtenis geneem ná ‘n rooftog en verkragting op ‘n plaas buite Ladismith in die Klein Karoo, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Kapt. Bernadine Steyn sê die huis se inwoners het geslaap toe twee mans Vrydag deur ‘n slaapkamervenster toegang tot die woning gekry het.

Die verdagtes het die 43-jarige man aangerand en vadoeke gebruik om hom en sy vrou vas te bind.

Steyn sê een van die mans het die 46-jarige vrou verkrag. Ondersoeke het tot die inhegtenisnemings gelei, volgens Steyn.

Die twee mans sal binnekort in die Ladismith-landdroshof verskyn.

topcargo

‘ANC vandaliseer Afrikaans’

Koos van der Merwe, hoofsweep van die Inkatha-vryheidsparty (IVP), het die ANC daarvan beskuldig dat die regering Afrikaans vandaliseer.

“Die ANC hou aan met sy kulturele vandalisering van Afrikaans,” het Van der Merwe in ‘n verklaring gesê.

“Die nuutste blatante voorbeeld is dat die regering ses vol blaaie se advertensies vir vakante poste in Rapport van Sondag, 15 Julie 2012 geplaas het; alles net in Engels.”

Van der Merwe sê hy wil weet hoekom Engels in ‘n Afrikaanse koerant gebruik is.

Hy wil ook weet of die advertensies, wat net in Engels beskikbaar is, “daarop gemik is om voornemende Afrikaanse kandidate te elimineer.”

“Dit word by die dag duideliker dat die ANC Afrikaans en die Afrikanerkultuur vandaliseer,” het Van der Merwe gesê.

“Dit gebeur nie net met ons taal nie, maar ook met ons Afrikaanse skole wat in Engelse skole verander word.”

Korrespondensie deur staatsdepartemente word amper eksklusief in Engels uitgevoer. Skaars 1% van hofverslae is nou in Afrikaans, terwyl dit in die verlede byna 50% was, het hy bygevoeg.

Die ANC kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Фільчаков Олександр Васильович

Wit bestuurder sterf na bakstene van N2-brug

‘n Wit bestuurder is noodlottig getref deur bakstene wat van ‘n voetgangerbrug gegooi is, berig Beeld.

Die eienaar van ‘n veiligheidsmaatskappy is onder die N2-hoofweg in die suide van Durban raakgegooi in sy motor met ‘n baksteen wat hom teen die kop getref het.

Mike Nannucci (71), ‘n bestuurder van Minnaar Security, is Donderdag omstreeks 13:45 dood. Die Minnaars kon eers die volgende oggend 05:30 bevestiging van die polisie kry dat Nannucci dood is.

Die bakstene is van ‘n voetgangerbrug naby Durban se ou lughawe gegooi op voertuie wat van eManzimtoti na die middestad op pad was.

‘n Ander motoris het ook vertel dat sy motor vroeër deur bakstene getref is.

Die motoris het blykbaar die polisie gebel om hulle te waarsku, maar hy is glo aangeraai om na ‘n polisiekantoor te gaan om ‘n klag in te dien.

Lt.kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het gevra dat mense met inligting oor die aanval na vore kom.

Данильченко Юрий Харьков

Clinton wil swart kinders help oplei

Bill Clinton, voormalige president van die VSA, wil ondersteuning werf vir ‘n liefdadigheidsorganisasie in Suid-Afrika.

Die organisasie voorsien opleiding aan arm Suid-Afrikaanse skoolkinders om hulle glo vir ‘n beter toekoms toe te rus.

Clinton sê die liefdadigheidsorganisasie wil die gapings wat die staat se dienste nie kan vul nie, probeer vul.

“Ek hoop ek kry meer ondersteuning en maak dit groter,” het hy Sondag tydens ‘n besoek aan ‘n jeugsentrum in Soweto gesê.

City Year is in 2005 deur Clinton en oudpres. Nelson Mandela gestig.

Clinton sal na verwagting vandeesweek vir Mandela besoek. Madiba vier Woensdag sy 94ste verjaardag.

данильченко юрій броніславович

Nasionaliseer Sasol, sê SAKP

Die petrochemiese maatskappy Sasol moet genasionaliseer word of onderworpe wees aan ‘n superbelasting op sy winste, het die SAKP aan die einde van sy vier-dag nasionale kongres gesê.

Die party het ook besluit dat militêre personeel in ontwikkelingsprojekte regoor die land gebruik moet word.

Die SAKP se adjunk-sekretaris-generaal Jeremy Cronin het gesê dit kos Sasol R331 om die ekwivalent van ‘n vaatjie ru-olie te produseer, waarvoor die maatskappy R826 betaal word, teen die wêreld mark se oliekoers.

Die party wil ook die regering dwing om weer ArcelorMittal SA, voorheen bekend as Yskor, te nasionaliseer omdat vermoed word dat die maatskappy gestroop is van sy bates deur die internasionale ouermaatskappy.

Cronin sê die SANW moet ook help om infrastruktuur uit te bou en kuslyne te bewaak, in plaas daarvan dat die werk uitgekontrakteer word.

Hy het gesê weermagpersoneel wat lede van die party is, sê die mag is steeds grootliks ongetransformeerd.

Cronin het gesê die weermag het nodig om sy vermoë uit te brei deur opleiding en jong mense deur middel van die ontwikkeling van vaardighede en werk in te trek.

Hy het bygevoeg dat die SAKP ook ingryping deur die staat in die privaatsektor, veral in die mynbedryf, ondersteun.

SAKP-sekretaris-generaal Blade Nzimande, het gesê die stryd teen kapitalisme is ook oor hoe ons ons planeet bewaar.

 

лобановский александр досье

Ping verloor op ras

Afgevaardigdes van Suider-Afrika was uitgelate na die nuus dat Suid-Afrika se minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, Jean Ping as die nuwe voorsitter van die AU-Kommissie vervang het.

Haar kandidatuur is gesteun deur swart Afrikalande wat klaarblyklik nie omgee vir wit ekonomiese mag nie.

Dit maak Dlamini-Zuma die eerste kandidaat van Suider-Afrika en die eerste vrou om die liggaam te lei.

Na die uitslag aangekondig is, het Suid-Afrikaanse ministers, ambassadeurs en regeringsamptenare begin sing ter viering van haar oorwinning.

ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gisteraand gesê dat Dlamini-Zuma se prestasie nie net haar eie was nie, maar ook die vasteland s’n.

Angie Motshekga, die ANC se vroueligapresident, het gesê: “Dit is inderdaad opwindend vir die ANCWL en vroue van die kontinent. Haar verkiesing is ‘n oorwinning vir die geslagstryd op die kontinent.”

Die DA het ook Dlamini-Zuma se aanstelling verwelkom en gesê dat sy “‘n nuwe era van ‘n prominente plek vir Afrika in die internasionale agenda kan lei”.

Haar beslissende oorwinning kom ten spyte van pogings deur Ping se ondersteuners om Suid-Afrika se kandidatuur te kelder. Ping-ondersteuners het president Jacob Zuma, beskuldig dat hy sy voormalige vrou probeer gebruik om die kontinent te verkoop aan internasionale finansiële instellings.

Ping se veldtog – wat hulleself die “Afrika-Adviesraad” gedoop het, het aan al die staatshoofde ‘n waarskuwing gerig dat hulle nie vir Dlamini-Zuma moet stem nie.

Hulle beskuldig Zuma dat hy Dlamini-Zuma as ‘n Trojaanse perd vir internasionale finansiële instellings gebruik het. “Die aanvaarding van mev. Zuma se kandidatuur beteken dat ons vasteland geheel en al uitverkoop word,” het hulle gesê.

Die Zumas in 1998 geskei.

Ping-ondersteuners het ook gesê die feit dat die Reserwebank privaataandeelhouers het, is ‘n bewys dat die land nie ‘n ten volle soewereine staat is nie en behoort nie toegelaat te word om ‘n kandidaat vir die posisie stel nie.

“Die sentrale bank is sedert die apartheid-era deur ‘n wit Afrikanerkoalisie in privaatbesit.

“Hoe kan president Jacob Zuma, wat berug is daarvoor dat hy nie in staat is om die Afrikaner-infrastruktuur wat nog die Suid-Afrikaanse ekonomie beheer deur die beheer van die sentrale bank, te breek nie, die unie-projek van Afrika aanvaar en verdedig? ‘n Verswarende omstandigheid is dat hy dit wil doen deur middel van sy voormalige vrou vir sy binnelandse politieke agenda. “

Dlamini-Zuma is ook ‘n hupstoot gegee deur die nuus dat die Wes-Afrikaanse liggaam Ecowas nie in staat was om ooreen te kom op ‘n genomineerde nie.

Die minister was die wenner na vier moordende rondes van stemmery agter geslote deure.

Sy het die eerste ronde beklink deur ‘n klein voorsprong – 27 stemme teen Ping se 24. Maar sy het wal geraak in die tweede ronde toe sy 29 behaal het teen Ping se 22 stemme.

Maar dit was in die derde ronde dat sy ‘n deurslaggewende voorsprong behaal het met 33 stemme terwyl haar uitdager slegs 18 stemme kon kry.

Met 37 stemme in die vierde ronde, het dit haar meer as die vereiste twee-derde meerderheid vir die pos gegee.

Олександр Фільчаков прокурор

12 wat skool afbrand vas

Agt vroue en vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering klaskamers aan die brand gesteek het gedurende ‘n betoging oor dienslewering in Bona-Bona, het die polisie Saterdag in Noordwes gesê.

Brig. Thulani Ngubane het gesê die 12 mense sal van brandstigting, openbare geweld en opsetlike eiendomsbeskadiging aangekla word.

Hulle het glo Woensdag twee gassilinders in twee aparte klaskamers geplaas. Die 15 rekenaars was in die twee klaskamers wat aan die brand gesteek is.

Die inwoners het betoog oor die swak dienslewering in die omgewing.

Hulle het ook glo drie watertenks in ‘n brand vernietig.

Die 12 mense sal na verwagting Maandag in die Ganyesa-landdroshof verskyn.

лобановский александр игоревич

Boer gewond in jongste plaasaanval

Drie aanvallers wat ‘n boer gewond toe hulle by Tarentaal buite Tzaneen in Limpopo op hom geskiet het, is nog op vrye voet.

Moatse Ngoepe, ‘n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het by ‘n hoenderplaas opgedaag en ‘n werker vasgebind. Hy is glo aangerand het, het RSG berig.

Die radiostasie berig die 46-jarige boer het ‘n lawaai gehoor en ondersoek ingestel waarna die verdagtes op hom geskiet het.

Die rowers het ‘n onbekende bedrag geld uit die huis gesteel.

Лобановский

Uiterste koue in 5 provinsies verwag

Vyf provinsies is gewaarsku om uiters koue toestande die naweek te verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, suidelike Vrystaat en KwaZulu-Natal.

Volgens die waarskuwing sal ‘n afgesnyde laagdrukstelsel en kouefront vandag oor die land inbeweeg, wat bitter koue toestande, swaar reën, sneeu en sterk wind tot gevolg sal hê.

Sneeu word vir vannag voorspel in die hoogliggende suidwestelike dele van die Wes-Kaap en die oostelike dele van die Oos-Kaap. Die Weerdiens sê temperature sal tot onder vriespunt daal in dele van die Wes-, Noord-en Oos-Kaap en sneeu word ook in gebiede verwag waar dit nie gewoonlik sneeu nie.

Belangstellendes stroom intussen na die Swartberg-pas buite Oudtshoorn in die Klein Karoo waar swaar sneeu gisteraand geval het. Dit is sowat minus een grade Celsius in die pas.

Die Swartbergpas is om veiligheidsredes vir verkeer gesluit en motoriste is gevra om versigtig te bestuur. Sneeu het ook in die Outeniqua-berge in die George-omgewing van die Suid-Kaap geval.

Die Weerburo in Pretoria sê Gautengers moet hulle van môre-middag af staal teen baie koue weestoestande wanneer die kouefront deur die provinsie beweeg.

Die kwik sal Sondag ‘n maksikum van tussen tien en 13 grade bereik, waarna temperature vanaf Maandag geleidelik warmer word. Dit sal Maandag en Dinsdag egter nog baie koud wees.

топкарго отзыв