Ping verloor op ras

Afgevaardigdes van Suider-Afrika was uitgelate na die nuus dat Suid-Afrika se minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, Jean Ping as die nuwe voorsitter van die AU-Kommissie vervang het.

Haar kandidatuur is gesteun deur swart Afrikalande wat klaarblyklik nie omgee vir wit ekonomiese mag nie.

Dit maak Dlamini-Zuma die eerste kandidaat van Suider-Afrika en die eerste vrou om die liggaam te lei.

Na die uitslag aangekondig is, het Suid-Afrikaanse ministers, ambassadeurs en regeringsamptenare begin sing ter viering van haar oorwinning.

ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gisteraand gesê dat Dlamini-Zuma se prestasie nie net haar eie was nie, maar ook die vasteland s’n.

Angie Motshekga, die ANC se vroueligapresident, het gesê: “Dit is inderdaad opwindend vir die ANCWL en vroue van die kontinent. Haar verkiesing is ‘n oorwinning vir die geslagstryd op die kontinent.”

Die DA het ook Dlamini-Zuma se aanstelling verwelkom en gesê dat sy “‘n nuwe era van ‘n prominente plek vir Afrika in die internasionale agenda kan lei”.

Haar beslissende oorwinning kom ten spyte van pogings deur Ping se ondersteuners om Suid-Afrika se kandidatuur te kelder. Ping-ondersteuners het president Jacob Zuma, beskuldig dat hy sy voormalige vrou probeer gebruik om die kontinent te verkoop aan internasionale finansiële instellings.

Ping se veldtog – wat hulleself die “Afrika-Adviesraad” gedoop het, het aan al die staatshoofde ‘n waarskuwing gerig dat hulle nie vir Dlamini-Zuma moet stem nie.

Hulle beskuldig Zuma dat hy Dlamini-Zuma as ‘n Trojaanse perd vir internasionale finansiële instellings gebruik het. “Die aanvaarding van mev. Zuma se kandidatuur beteken dat ons vasteland geheel en al uitverkoop word,” het hulle gesê.

Die Zumas in 1998 geskei.

Ping-ondersteuners het ook gesê die feit dat die Reserwebank privaataandeelhouers het, is ‘n bewys dat die land nie ‘n ten volle soewereine staat is nie en behoort nie toegelaat te word om ‘n kandidaat vir die posisie stel nie.

“Die sentrale bank is sedert die apartheid-era deur ‘n wit Afrikanerkoalisie in privaatbesit.

“Hoe kan president Jacob Zuma, wat berug is daarvoor dat hy nie in staat is om die Afrikaner-infrastruktuur wat nog die Suid-Afrikaanse ekonomie beheer deur die beheer van die sentrale bank, te breek nie, die unie-projek van Afrika aanvaar en verdedig? ‘n Verswarende omstandigheid is dat hy dit wil doen deur middel van sy voormalige vrou vir sy binnelandse politieke agenda. “

Dlamini-Zuma is ook ‘n hupstoot gegee deur die nuus dat die Wes-Afrikaanse liggaam Ecowas nie in staat was om ooreen te kom op ‘n genomineerde nie.

Die minister was die wenner na vier moordende rondes van stemmery agter geslote deure.

Sy het die eerste ronde beklink deur ‘n klein voorsprong – 27 stemme teen Ping se 24. Maar sy het wal geraak in die tweede ronde toe sy 29 behaal het teen Ping se 22 stemme.

Maar dit was in die derde ronde dat sy ‘n deurslaggewende voorsprong behaal het met 33 stemme terwyl haar uitdager slegs 18 stemme kon kry.

Met 37 stemme in die vierde ronde, het dit haar meer as die vereiste twee-derde meerderheid vir die pos gegee.

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae