Jessie Duarte waarsku teen DA

‘n Top ANC-lid, Jessie Duarte, het die Demokratiese Alliansie aangeval en gesê die land moenie gelei word deur neo-kolonialiste wat soos revolusionêres probeer lyk nie, het City Press Saterdag berig.

“Laat ons versigtig wees kamerade, die neo-liberale en neo-kolonialiste sing en dans soos ons, maar ons weet dat hulle tydens hul private byeenkomste die land wil agteruit neem,” het die ANC se adjunk-sekretaris-generaal in Port Elizabeth gesê.

“Hulle wil die belange van die minderheid beskerm.”

Duarte het Saterdag ‘n toespraak gelewer op ‘n saamtrek in die Oos-Kaap.

Sy het ‘n beroep op partylede gedoen om te verseker dat die takke van die party gereed is vir volgende jaar se algemene verkiesings.

лобановский александр игоревич харьков

Skolerugy: Opkikkertoetse kom

Jong rugbyspelers aan van die land se bekende sportskole gaan vir onwettige steroïede en ander verbode middels getoets word, berig Rapport.

Volgens die koerant het 18 uit 62 leerlinge wat die afgelope ses maande in onafhanklike toetse ondersoek is, positief getoets vir middels wat so gevaarlik is dat dit tot die dood kan lei.

Die koerant berig verder dat anaboliese steroïede so maklik verkrygbaar is dat veral jong rugbyspelers dit op die internet bestel en by hul skole laat aflewer – skynbaar onbewus van die wetlike implikasies en gesondheidsgevare.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) het aangekondig meer as 100 skole het al aangedui hulle sal aan die toetsing van leerlinge deelneem.

Deon Gerber, rugbyhoof van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het gesê hoewel die skool nog nie probleme met steroïede gehad het nie sal hy sy hele o.19A-groep stuur om vir verbode middels getoets te word.

Kapt. Paul Ramaloko, nasionale woordvoerder van die Valke, het aan die koerant gesê hulle is bewus van die probleem.

Фильчаков прокурор отзывы

Nasionaliseer Amplats, vra Amcu

Die regering moet Anglo American Platinum (Amplats) nasionaliseer as hy wil met die voorgestelde afdanking van 14 000 werkers voortgaan, het die vakbond Amcu Donderdag gesê.

“As Anglo voortgaan met die afdankings is dit ‘n geleentheid vir die regering om daardie myne te neem en hulle te nasionaliseer,” het Joseph Mathunjwa, president van die mynwerkersvakbond Amcu, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

“Kyk so of nasionalisering op ‘n klein skaal kan werk. Die kwessie van afleggings is net ‘n druppel in die emmer.”

Amplats het vroeër in die week bekendgemaak dat hy tot 14 000 poste kan sny, vier skagte kan sluit en ‘n onvolhoubare myn kan verkoop.

Mathunjwa het sy skok uitgespreek oor dié aankondiging.

“Ons was Dinsdag geskok… Dit is onaanvaarbaar,” het hy gesê.

“Ons almal weet die land het ‘n hoë werkloosheidsyfer. As Anglo Platinum so baie poste sny is dit ‘n teken dat hy nie die belang van die land op sy hart dra nie.”

Die vakbond sal ‘n vergadering in Rustenburg hou om die pad vorentoe te bespreek.

Mathunjwa sê dit is belangrik vir die regering om in te tree om “vreedsame oplossings” te vind vir die probleme wat die mynsektor en die groter ekonomie raak.

“Ons kan nie toelaat dat hierdie buitelandse beleggers maak soos hulle wil met ons minerale hulpbronne nie,” het hy gesê.

“Dit is hoog tyd dat ons as ‘n land saamstaan en maniere vind om te verseker dat die mense van Suid-Afrika voordeel trek uit ons minerale hulpbronne.”

Hy het bygevoeg dat Amcu sowat 26 000 Amplats-werkers verteenwoordig.

лобановский александр игоревич класс

MRK ondersoek geweld teen oproeriges

Die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie ondersoek minstens 20 klagte van geweld teen stakende plaaswerkers in die Wes-Kaap, het die kommissie Donderdag gesê.

“Minstens 20 klagtes is ingedien, maar ons tel nog die nuutstes. Hierdie klagtes is teen die polisie, boere en privaat veiligheidsbeamptes,” het Isaac Mangena, woordvoerder vir die MRK, gesê.

Hy sê werkers het gevalle van polisiebrutaliteit, rassisme en haglike lewens- en werksomstandighede aangemeld.

Beamptes van die MRK het die gebiede wat deur die stakings geraak is, insluitend De Doorns, besoek om inligting oor die gevalle in te samel en die gemeenskappe te help om klagte te lê.

Letsekang Tlokoane, ‘n 25-jarige werker van ‘n spazawinkel, is Maandag dood toe hy glo in De Doorns met rubberkoeëls geskiet is.

‘n Tienjarige meisie is op dieselfde dag glo met ‘n rubberkoeël in die oog geskiet.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die MRK het hom ingelig van verskeie gevalle waarby die polisie betrek is, meestal gevalle van aanranding en die gebruik van rubberkoeëls op ‘n kort afstand.

лобановский александр фото

Duisende stakers op N1, Weskaap

Duisende stakende plaaswerkers het Donderdagmiddag op die N1 in De Doorns aan ‘n protesoptog deelgeneem, het die Black Association of the Wine and Spirit Industry (Bawsi) gesê.

Hulle het by plase op die pad gepoog om meer stakendes te werf.

“Ek lei die opmars en daar is duisende van ons hier wat gelei word deur Njalas. Ek is seker die hele land se polisie is hier,” het die president van Bawsi, Nosey Pieterse, gesê.

“Ons neem aan ‘n vreedsame optog deel om te wys hierdie ding [die staking] gaan nie weggaan nie. Dis ‘n duidelike boodskap dat die staking voortgaan.”

Stakers het by elke plaas gestop om ‘n memorandum aan boere te oorhandig waarin hulle onder andere ‘n daaglikse loon van R150 eis.

Pieterse het gesê die staking is nie ‘n poging om boere uit te lok nie.

Werkers het ongeveer 10 km geloop; die Suid-Afrikaanse weerburo het ‘n temperatuur van 35 grade Celsius vir die dag voorspel. Die optog sal verwagting by die Hexrivier Hoërskool eindig.

Andre Traut, woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het gesê die polisie hou sake dop. Hy het gesê geen geweld is tot dusver aangemeld nie.

Plaaswerkers het verlede jaar begin staak vir ‘n hoër daaglikse loon asook die implementering van ‘n nuwe grondhervormingsprogram.

Die staking is in Desember opgeskort, maar is verlede Woensdag in verskeie dele van die land hervat.

Фильчаков Александр Васильевич

Ehrenreich blaas geweld aan

“Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, blaas geweld aan met sy stelling van ‘die grondoorlog kom binnekort’. Daardeur sê hy ook dat die ware motief agter die stakings van plaaswerkers in die Wes-Kaap nie oor lone gaan nie, maar oor grond.

Uitsprake soos hierdie grens aan haatspraak en moedig geweld aan. Verantwoordelike regering vereis dat pres. Zuma en sy ministers van grondhervorming en landbou moet ingryp en Ehrenreich repudieer,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming.

“Daar bestaan baie vrae oor die motief van die gewelddadigheid van hierdie plaaswerkerstaking in die Wes-Kaap. Inligting dui daarop dat die stakers meestal uit werkloses bestaan en nie plaaswerkers is nie.

Dit wil voorkom asof die aanstigters dit onmoontlik wil maak vir boere om aan te gaan met hulle boerdery. Sodoende word gehoop die boere verlaat hulle plase en dan kan dit beset word deur die werkloses.

Ehrenreich het die kat uit die mou gelaat en moet verduidelik wat bedoel hy met sy uitlating,” het Groenewald gesê.

лобановский александр дети

Pakskuur brand, bruin werkers droom van R150

Gerrit de Beer, finansiële hoof van die Le Roux-boerdery groep, sê etlike miljoene rande se skade is aangerig nadat ‘n “groot en baie moderne” pruimpakskuur vroeg Woensdagoggend op die plaas Sandrivier naby Wellington in ‘n brand beskadig is.

Die kantoor en koelkamers wat deel van die pakskuur vorm, het behoue gebly. Die voorraad wat in die koelkamer opgeberg is, word nagegaan om te sien of dit beskadig is. De Beer sê hulle het al onder stakings deurgeloop. Die tweede reeks openbare verhoor oor plaaswerkerlone, wat tans in die provinsie gehou word, is Dinsdagaand (15 Janurie 2013) op die dorp gehou.

De Beer sê die brand het tussen 02:00 en 03:00 uitgebreek. Vrugte word 24 uur lank in die skuur gehou.

Volgens De Beer het hulle sekerheidsbeamptes op die plaas en by die skuur om die eiendom en werkers veilig te hou. “Hout is elders op die plaas aan die brand gesteek, wat die sekerheidsbeamptes weggelok het van die skuur af. Dis toe dat die brand by die skuur begin het,” aldus De Beer.

Die polisie en die brandweer was vinnig op die toneel, en ondersoeke word tans gedoen om te bepaal of die brand die gevolg van brandstigting is.

Intussen het sommige bruin werkers hulle min gesteur aan Cosatu se oproep om die staking vir ‘n week lank op te skort. “Cosatu is nie ons baas nie!” het plaaswerker Jurie Scheepers gesê. “Ons is die mense wat ly, nie Cosatu nie! Ons is nie tevrede is met R105 nie. Ons is nie gelukkig met wat Clanwilliam mee gelukkig is nie! “

Sommige van De Doorns se bruin plaaswerkers sê die huidige minimum loon van R69 is ‘n “hongerloon”.

Verlede week se optimisme oor hul kanse om R150 te ontvang blyk nou ‘n onbereikbare droom te wees, ten spyte van hul besluit om aan te hou staak​​. Scheepers, deel van Stofland se gemeenskap het Woensdag, sy kommer uitgespreek oor hul toenemende isolasie in die arbeidsgeskil.

“Die ander mense in Worcester en Robertson, hulle werk almal. Dis net ons hier,” sê een vrou. “Hier sit ons.”

“Jurie, wanneer is ons weer aan die werk?” het een gevra. “Ek weet nie, my darling,” het Scheepers gereageer. “Ons almal wag om te hoor.”

Dit blyk dat die ooreenkoms in Clanwilliam wat Tony Ehrenreich van Cosatu aangekondig het, slegs ‘n ooreenkoms tussen Cosatu en ‘n enkele boer, Cape Orchids se direkteur Gerhard de Kock was.

AgriSA het hulself ook van die ooreenkoms gedistansieer en gesê dit het nie namens al die boere geskied nie.

Александр Фильчаков прокурор

Tronkaanranding: Joernaliste se foto’s uitgevee

Vrystaatse tronkbeamptes het joernaliste aangehou, hul gereedskap gekonfiskeer en hul foto’s van bewaarders wat ‘n gevangene aanrand uitgevee, het twee dagblaaie berig.

The Star en The Times berig dié voorval het Woensdag gebeur toe die parlement se portefeuljekomitee op korrektiewe dienste die Groenpunt-maksimumveiligheidstronk buite Deneysville in die provinsie besoek het. Dis dieselfde gevangenis waar tronkbewoners onlangs oproerig geraak het.

Volgens dié publikasies is die media uitgenooi om die komitee te vergesel.

Joernaliste het tydens die besoek gesien hoe tronkbewaarders ‘n gevangene aangerand het.

“Ons het deur die heining gesien hoe ‘n bende bewaarders ‘n man in ‘n oranje gewaad aangerand het; ‘n beweerde weerlose gevangene wat van die pyn gewriemel en gekreun het,” het verslaggewers van The Star gesê.

“… Hulle het hom op ‘n wrede manier geslaan.”

Fotojoernaliste het foto’s geneem terwyl die aanranding plaasgevind het.

“Hulle het hom [die gevangene] toe weggeneem en na ons beweeg. Wat toe gebeur het, was ‘n uur lange traumatiese ondervinding wat ons soos terroriste laat voel het.”

Talle joernaliste en fotograwe is aangehou, deursoek en hul selfone en kameras is weggeneem.

Hulle is omtrent ‘n uur later vrygelaat en hul gereedskap is aan hulle oorhandig, maar die tronk het beslag gelê op die geheuestokkie van een van The Star se fotograwe. Alle foto’s – selfs dié wat nie met die aanranding te doen gehad het nie – is ook uitgevee.

Subashni Moodley, streekskommissaris vir korrektiewe dienste in die Vrystaat en Noord-Kaap, het aan The Star se redakteur, Makhudu Sedara, gesê die fotograwe het hul ooreenkoms verbreek. Hulle het glo ‘n ooreenkoms aangegaan om nie rond te beweeg van waar hulle gestasioneer is, of om foto’s te neem nie.

данильченко юрій броніславович компромат

Ruda steek haar weermagverlede weg

Die TV-persoonlikheid Ruda Landman is glo skaam dat sy weermagopleiding in George ontvang het.  Landman is een van Media24 se ideologiese steunpilare.

Die afgetrede kol. Monica Muller van The Reeds skryf sarkasties in Beeld dat Landman “aan geheueverlies ly” en wonder of die kykNet-program Reis moontlik “swak nagevors” is.

Volgens die program, skryf Muller, is Ruda Wahl (haar nooiensvan) glo ná haar matriekjaar in Upington na die Universiteit van Stellenbosch. Dit is natuurlik nie korrek nie, want Ruda het in 1971 – ná haar matriekjaar – vrywillige militêre opleiding by die destydse Burgerlike Beskermingskollege, later SA Leër-vrouekollege, in George ondergaan.

Ruda is aan die einde van die opleiding as die student van die jaar aangewys. Ná die voorstellingsparade het hierdie “skaam dogter van Keimoes” etlike dae op die voorblaaie van die nasionale koerante gepryk.

As korporaal van haar peloton en gedagtig aan die opleiding wat hulle meegemaak het, het Ruda blootstelling ontvang wat haar soveel selfvertroue gegee het dat sy seer sekerlik ‘n groot voorsprong bo ander eerstejaars in Stellenbosch moes gehad het.

Volgens Muller is dit jammer dat Ruda nie haar werklike agtergrond met die kykers kon of wou deel nie.

Jong Suid-Afrikaanse vroue kry vandag nog die geleentheid om op ‘n vrywillige basis militêre opleiding te ondergaan en vermelding van haar ervaring kon vir vele jong meisies nuwe perspektiewe oopgemaak het, voel Muller.

In die 21-jarige gedenkblad van die SA Leër-vrouekollege in 1992 skryf Ruda onder meer: “… maar geleer het ons geleer en ek bly elke dag nog dankbaar daarvoor”. Landman se daaglikse dankbaarheid het egter intussen verdamp.

Dit is net nie meer politiek-korrek en gerieflik vir die ideologiese projek van die mediamonopolie om te erken dat jy deel van die SA Weermag voor 1994 was nie.

Фильчаков прокурор отзывы

Regter gee groenlig vir kinderseks

Dit is nie meer ‘n kriminele oortreding vir kinders tussen die ouderdomme van 12 en 16 om betrokke te raak in instemmende seksuele aktiwiteite met mekaar nie, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag beslis.

Regter Pierre Rabie se uitspraak volg op ‘n aansoek in April verlede jaar deur die Teddy Bear Clinic vir mishandelde kinders, wat ondersteun word deur die Sentrum vir Kinderreg, oor sekere bepalings in die Wet op Seksuele Misdrywe.

Die twee organisasies het aangevoer dat die Wet dikwels gelei het daartoe dat baie minderjarige swanger meisies nie aborsies by klinieke wil hê nie, want dit sou kon lei tot kriminele aanklagte teen hulle en hul vennote.

Hulle het die hof versoek om sekere bepalings ongrondwetlik te verklaar omdat hulle inbreuk maak op ‘n kind se reg tot waardigheid en privaatheid.

Die aansoek is teengestaan ​​deur die minister van justisie en die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings.

Terwyl die regter se uitspraak beskryf is as ‘n “oorwinning vir die regte van kinders” deur die aansoeker en Teddy Bear Clinic se direkteur Shaheda Omar, het die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling gesê dit sal ‘n impak hê op die toenemende tempo van seksuele geweld onder kinders onder die ouderdom van 16.

In sy uitspraak, het Regter Rabie verklaar dat die twee afdelings van die Wet op Seksuele Misdrywe, wat instemmende seksuele aktiwiteit tussen kinders tussen die ouderdomme van 16 jaar en 12 jaar verbied, ongeldig is omdat dit die Grondwet kriminaliseer.

Die Wet op Seksuele Misdrywe bepaal dat alle konsensuele seksuele dade tussen die kinders van daardie ouderdom, selfs soen en nie net penetrasie nie, kriminele oortredings is. Dit beteken dat beide konsensuele partye die moontlikheid van kriminele vervolging in die gesig staar in terme van die wet.

Die wet het ook gesê dat enige persoon, ouers, onderwysers of ander, wat bewus was van instemmende seksuele aktiwiteite tussen kinders, self moontlike vervolging in die gesig staar.

Tydens die verhoor verlede jaar, het Regter Rabie sy eie kommer oor die wetgewing uitgespreek.

Volgens die respondente, is die wet daar om kinders te beskerm teen predatoriese volwassenes en seksuele roofdiere. Dit is ook bedoel om kinders te beskerm teen die strafregstelsel, en die seksuele aktiwiteite van kinders reg te stel en te reguleer, onder andere.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, het gesê die departement sal Regter Rabie se uitspraak bestudeer en besin oor al die wetlike aspekte daarin, met ‘n oog op die ondersoek van of daar geldige gronde bestaan waarop ‘n appèl ingedien kan word.

topcargo