Tiener skiet boer

‘n Sewentienjarige tiener is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n plaasboer van Merweville, in die Wes-Kaap, het die polisie Dinsdag gesê.

‘n Voorlopige ondersoek toon dat Frederick J v Z Snyders (35) en sy vrou Maandagaand op hul stoep gesit het toe een van hul plaaswerkers na hulle gegaan het, het kapt. Malcolm Pojie gesê.

“Die plaaswerker het die oorledene se haelgeweer uit sy bakkie, wat buite geparkeer was, geneem en ‘n skoot in die plaasboer se rigting geskiet. Die plaasboer is op die toneel dood.”

Die tiener het nóg skote na die boer se vrou geskiet maar kon haar nie raakskiet nie. Hy het later die haelgeweer aan die vrou oorhandig voordat hy homself aan die polisie oorgegee het.

Volgens Pojie het die tiener ten tyde van die voorval op die plaas gewerk.

“Die plaasboer en die tiener het glo vroeër Maandagmiddag ‘n argument gehad en dit kan moontlik die motief vir die moord wees,” het hy gesê.

Die tiener sal op 15 Desember op ‘n aanklag van moord in die Leeu Gamka landdroshof verskyn.

Фільчаков прокурор

Dwelmsmokkelaar se as aan SA oorhandig

Die as van Janice Bronwyn Linden, wie Maandag in China tereggestel is, is aan ‘n Suid-Afrikaanse diplomaat oorhandig, het die departement van internasionale betrekkinge gesê.

“Haar as is aan ‘n Suid-Afrikaanse diplomaat gegee en sal na haar familie gaan,” het Clayson Monyela, woordvoerder, gesê.

Linden (35), van KwaZulu-Natal, is Maandag met ‘n dodelike inspuiting tereggestel vir dwelmsmokkelary.

Sy is in November 2008 in hegtenis geneem nadat sy met drie kilogram tik in haar bagasie betrap is. Sy is in 2009 skuldig bevind aan dwelmsmokkelary.

Monyela het gesê lede van Linden se familie was teenwoordig by die teregstelling.

“Ons het baie naby met die familie saamgewerk. Ons personeel in die ambassade is daar om die familie met berading by te staan,” het hy gesê.

Die departement het vroeër gesê President Jacob Zuma het probeer om in te gryp.

“Hy [Zuma] het ingegryp. Al die nodige stappe is op elke moontlike vlak geneem, selfs op die hoogste,” het Monyela gesê.

“Alles moes deur diplomatieke prosesse gebeur en daar is baie min wat daaraan gedoen kan word.”

Een van Linden se familielede het aan The Mercury-koerant gesê: “Ons het deur briewe met haar gekommunikeer. Sy het gesê sy weet nie hoe die dwelms in haar bagasie gekom het nie. Sy het geglo sy is valslik betrek.

“Haar vonnis is nie geregverdig nie. Hoe kan jy iemand se lewe neem vir drie kilogram se tik?”

‘n Korrespondent van eNews in Asië het gesê haar teregstelling kon tot ‘n lewenslange vonnis versag word indien sy skuld beken het, maar sy het volgehou sy is onskuldig.

Monyela het gesê die departement kan nie op dié berig kommentaar lewer nie omdat hulle nie bewus is van die Chinese regering se redes waarom hulle die teregstelling deurgevoer het nie. Die teregstelling sal nie ‘n impak op Suid-Afrika se handelverhouding met China hê nie, het hy gesê.

топкарго отзыв

Khama kritiseer Afrikaleiers se teenkanting teen IS

Die president van Botswana, Ian Khama het hom skerp uitgespreek teenoor Afrika-leiers wat weier om met die Internasionale Strafhof saam te werk.

Hy sê dit plaas Afrika, soos hy dit gestel het, aan die verkeerde kant van die geskiedenis. Khama was die spreker by die Internasionale Strafhof se jaarlikse vergadering in New York.

Hy het veral ‘n besluit van die Afrika-Unie vroeër vanjaar om lasbriewe vir die inhegtenisneming van die voormalige Libiese leier Moeamar Gadaffi en ander Afrika-leiers teen te staan, gekritiseer.

Afrika het meer state wat lede van die Strafhof is as enige ander streek. Drie en dertig uit 120 ondertekenaars van die Statuut van Rome, ingevolge waarvan die Internasionale Strafhof in 2002 tot stand gekom het, is Afrika-lande.

Die Hof was egter al in omstredenheid gehul omdat al sy amptelike ondersoeke in Afrika gedoen is. Talle Afrika-leiers sê die vasteland word onbillik behandel.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Meng jou met die semels…

Druk laai op teen adv. Willem Heath, hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, van die regering sowel as die DA.

Jeff Radebe, minister van justisie, het intussen gesê bewerings wat verlede week in ‘n onderhoud deur Heath gemaak is word ondersoek.

Heath het ‘n week gelede in ‘n onderhoud met die Sondagblad City Press Mbeki daarvan beskuldig dat hy die bal aan die rol gesit het met betrekking tot die verkragting- en korrupsieklag teen Zuma in die aanloop tot die Polokwane-leierstryd in 2007. Mbeki het dié bewerings ontken.

Die voormalige regter het as Zuma se regsadviseur opgetree toe die president tereggestaan het op aanklagte van verkragting en korrupsie.

Zuma het homself van Heath se bewerings gedistansieer.

Presidential woordvoerder Mac Maharaj het ​​aan die Sunday Times gesê Zuma se kantoor is in kontak met Mbeki se kantoor, na aanleiding van ‘n formele klagte van die voormalige president.

Heath se kommentaar het ook Bulelani Ngcuka, die voormalige Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging gegrief.

Die Sunday Times, het Sondag ‘n “ope brief” van Ngcuka aan Heath geplaas waarin hy sê die bewerings wat gemaak is, is “baie ernstig”.

Ngcuka het Heath beskryf as ‘n man wat gedryf word deur bitterheid.

Heath het sy pos as hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid in 2000 verloor nadat die Grondwethof beslis het dat ‘n sittende regter nie  so ‘n eenheid kan lei nie.

Hy het toe by Mbeki vir vroeë aftrede aansoek gedoen, maar die voormalige president het hom afgekeur, en hy het winsgewende voordele soos ‘n lewenslange salaris as gevolg daarvan verloor.

лобановский александр игоревич

SA oorweeg vet-belasting

Mense wat vetterige kos eet en soet koeldranke drink moet belas word vir hul ongesonde gewoontes.

‘n Vet-belasting, of “innoverende finansieringsmeganisme” is deur Dr Robert Fryatt, ‘n ekonomiese adviseur vir die minister van gesondheid, gister by ‘n Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel konferensie in Johannesburg voorgestel.

Fryatt, wat ‘n strategiese beplanner by die WGO was, sê die vetbelastingkonsep het toenemende steun “uit baie lande regoor die wêreld”.

Ander maniere om fondse in te samel om die universele gesondheidsorg-program te implementeer, is ‘n verdere toename van alkohol- en sigaretbelasting.

Fryatt sê dat hierdie sondebelasting “kan misbruik verminder en bring in ‘n aansienlike bedrag in inkomste.”

Mark Heywood, menseregte-aktivis van die lobby-groep Section 27, het gesê die staat is “geregverdig om geld in te samel en verandering in gedrag te ondersteun.

“Ons weet dit tref die armes, maar dit tref hulle op iets wat sleg is vir hulle in elk geval,” het hy gesê.

Die adjunk-direkteur-generaal van openbare finansies, Andrew Donaldson, sê egter dat enige verdere verhogings in sigaretbelasting waarskynlik nie doeltreffend sal wees in die verhoging van inkomste nie as gevolg van die hoë vlakke van sigaretsmokkelary in die land.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Kioto op ‘n mespunt

Onderhandelaars by die Verenigde Nasies se klimaatsamesprekings in Durban sal vandag probeer om op ‘n uitkoms vir die beraad ooreen te kom.

Dit is die laaste dag van die twee weeklange beraad en onderhandelaars sal alles wat bespreek is in oënskou neem.

Sommige lande is optimisties dat die Groen Klimaatsfonds op die been gebring sal word. Dit sal beteken dat 100-miljard dollar per jaar van 2020 af na ontluikende lande gekanaliseer word vir klimaatsprojekte.

Alle oë is egter vandag op die Europese Unie en Noorweë om te sien of hulle sal instem tot ‘n tweede periode vir die Kioto-verdrag, ten spyte van Kanada, Japan en Rusland wat weier.

Фильчаков прокурор отзывы

Boere moet grond gee vir ANC-fees

Die ANC het boere en ander inwoners van Bloemfontein versoek om grond beskikbaar te stel vir tentdorpe sodat gaste daar kan bly vir die ANC-eeufees in die stad, berig die Volksblad.

Talle tentdorpe sal nodig wees en op oop stukke grond in en om die stad opgerig word vir die nagenoeg 100 000 mense wat dit volgende maand sal bywoon.

Thabo Manyoni, die Mangaung-metro-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester en ondervoorsitter van die ANC in die Vrystaat, het in ‘n eksklusiewe onderhoud met Volksblad dié versoek gerig.

Hy sê hy is nie bekommerd oor die aantal mense wat na die Rosestad gaan kom nie. Hy weet ook nie hoeveel sal opdaag nie. Sanitasiegeriewe vir die gaste op boere se grond, is nog nie gereël nie. Die ANC-kader kon ook nie antwoorde gee oor hoe dit opgelos sal word nie.

Taakspanne moet nog ‘n ondersoek na die sanitasie asook water- en elektrisiteitsvoorsiening van Bloemfontein doen. Dit is nie seker of die stad die nodige dienste sal kan lewer nie.

Manyoni het erken daar nog heelwat reëlings getref moet word vóór die toestroming.

Hy het aan die Volksblad gesê hulle soek nog markies- en ander tente. “Boere se goedgunstigheid word gevra om kampeergrond beskikbaar te stel,” het hy versoek.

Die onthaallokaal vir die gala-geleentheid op 7 Januarie waar die staatshoof, pres. Jacob Zuma, en die meer as 40 staatshoofde, van onder meer Rusland, Skandinawië, Swede en Afrika-state, byeen sal wees, is ook nog nie gereël nie.

Manyoni glo die eeufeesvierings in Bloemfontein sal die Wêreldbeker-sokkertoernooi oortref.

Фільчаков прокурор

Zuma skuld munisipaliteit meer as R100 000

The Star berig dat president Zuma R120 000 skuld aan munisipale belasting. Dié skuld is vir twee woonstelle se elektrisiteit en water.

Die kragtoevoer van die gebou is weens ‘n munisipale rekening van sowat R2 miljoen, twee weke gelede afgesny.

Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê hy gaan dringende aksie neem oor sy uitstaande rekening vir water en elektrisiteit by sy ou woonstelle in Berea, Johannesburg.

Zuma het die woonstelle sowat 20 jaar gelede vir R80 000 gekoop.

Die presidensie het in reaksie op die berig gesê hy is nie bereid om verdere besonderhede te verskaf nie, maar het bevestig dat die saak met dringendheid hanteer sal word.

Volgens die presidensie is Zuma bekommerd oor die opgeloopte skuld, maar het gesê die woonstelle word deur ‘n besturende agent verhuur.

 

Фильчаков прокурор харьков

Wit skool verloor stryd

Skole in Gauteng se beheerliggame het nie onbeperkte magte in die toelating van leerders by staatskole nie.

Die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het beslis dat die provinsiale departement van onderwys die finale sê het.

Die Rivonia Primary School en sy beheerliggaam het die provinsiale departement van onderwys hof toe geneem, nadat dié ingegryp het nadat ‘n kind toelating tot die hoofsaaklik wit skool geweier is.

Die skool het gesê hy is reeds vol. Die hof het beslis dat die departement en nié die beheerliggaam die maksimum-kapasiteit van ‘n openbare skool moet bepaal.

Олександр Васильович Фільчаков

Jeugliga groen en springlewendig

‘n Klimaatsoptog in Durban het Dinsdag byna ontaard in chaos toe lede van die ANC-jeugliga die geleentheid gebruik het om steun vir President Jacob Zuma te wys.

Die polisie moes menslike skilde vorm om botsings te voorkom tussen diegene wat die optog wou hou om te fokus op groen kwessies en diegene wat plakkate ter ondersteuning van Zuma gedra het.

“Hierdie optog is oor Zuma. Laat Zuma alleen is,” het ‘n plakkaat gelees, terwyl ander plakkate van kritiek teen die geskorsde Jeugliga president, Julius Malema rondgeswaai het.

Jomo Sibiya, voorsitter van die jeugliga in die eThekwini-streek, het gesê lede kan nie hul steun vir Zuma van die klimaatprobleem skei nie.

“Ons wil Zuma dwing om die multinasionale maatskappye en lande soos die VSA, Japan, Kanada en Rusland die Kyoto-protokol te laat teken,” het hy gesê.

Die optog is gereël deur die burgerlike samelewing, georganiseerde arbeid en geloof-gebaseerde organisasies vir “oplossings vir die klimaatsveranderingkrisis”.

Die betogers het ‘n lys van eise aan COP17 se president, Maite Nkoana-Mashabane en Christiana Figueres, hoof van die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering, oorhandig.

Фильчаков прокурор отзывы