Zuma skuld munisipaliteit meer as R100 000

The Star berig dat president Zuma R120 000 skuld aan munisipale belasting. Dié skuld is vir twee woonstelle se elektrisiteit en water.

Die kragtoevoer van die gebou is weens ‘n munisipale rekening van sowat R2 miljoen, twee weke gelede afgesny.

Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê hy gaan dringende aksie neem oor sy uitstaande rekening vir water en elektrisiteit by sy ou woonstelle in Berea, Johannesburg.

Zuma het die woonstelle sowat 20 jaar gelede vir R80 000 gekoop.

Die presidensie het in reaksie op die berig gesê hy is nie bereid om verdere besonderhede te verskaf nie, maar het bevestig dat die saak met dringendheid hanteer sal word.

Volgens die presidensie is Zuma bekommerd oor die opgeloopte skuld, maar het gesê die woonstelle word deur ‘n besturende agent verhuur.

 

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae